Adverteer onderwysposte deur Onnies Online op RSA Teaching Jobs

Adverteer onderwysposte deur Onnies Online op RSA Teaching Jobs

posted in: nuus | 0

 

Jou skool se onderwyspos kan deur meer as 50 000 onderwysers gesien word!

Dit is deesdae ‘n duur storie om onderwysposte in koerante te adverteer. Die sirkulasie van hierdie koerante is groot, maar hoeveel van die lesers is eintlik onnies? RSA Teaching Jobs is ‘n webtuiste wat gemik is op onderwysers en om op RSA Teaching Jobs te adverteer is jou beste opsie.

Hoekom RSA Teaching Jobs?

  • Onnies kry weekliks ‘n e-pos van nuwe poste wat op die webtuiste gelaai word.
  • Ons Facebookbladsye het altesaam meer as 42 000 aanhangers (likes), dan is daar nog ons nuusbriewe en Twitter!
  • Die webtuiste is deur meer as 6 000 onnies in die eerste maand besoek.
  • Onnies Online is nou al meer as 4 jaar oud. Onnies ken en vertrou ons!

Onnie Media het vir die afgelope jaar ‘n gratis platform geskep om onderwysposte te adverteer en het al meer as 50 skole gehelp om kwaliteit onderwysers aan te stel. Om onderwysposte op RSA Teaching Jobs te adverteer, sal nog steeds gratis wees, maar daar is nou ook ander pakkette waarvan skole kan kies om poste te adverteer.

  1. GRATIS onderwypos-advertensie:
    Hierdie pos word slegs op RSA Teaching Jobs gelaai en word op RSA Teaching Jobs se sosialemediaplatforms bemark.
  2. “Featured” onderwyspos-advertensie [R50]
    Die onderwyspos word op RSA Teaching Jobs gelaai en bly bo-aan die gelysde onderwysposte vir 14 dae. Dit word nie versprei nie.
  3. Verspreide onderwyspos-advertensie [R450]
    Die onderwyspos word op RSA Teaching Jobs gelaai, sowel as Facebook en Twitter. Dit word nie spesifiek geplaas sodat dit in ‘n spesifieke omgewing gesien sal word nie. Tot 18 000 mense sal hierdie advertensie dan raaksien.
  4. Super-advertensiepakket [R650]
    Die onderwyspos word op RSA Teaching Jobs gelaai, sowel as ons sosiale media netwerk van Onnies Online en ander webtuistes. Dit word ook in ons nuusbrief geplaas wat aan 2000 onnies uitgestuur word. Ons maak ook seker dat mense in die omliggende area waar die onderwyspos geadverteer word, dit sien, deur van Facebook-advertensies gebruik te maak. Meer as 50 000 onnies kan hierdie advertensie raaksien!

Wat het jy nodig?
Die proses word 100% deur die skool afgehandel. ‘n Foto van die skool se wapen of logo sal ook die advertensie beter laat vertoon. Maak seker dat al die korrekte inligting daarop aangedui is, soos wanneer aansoeke sluit en wie gekontak kan word vir verdere inligting.

Ons sal ook met graagte die advertensie vir jou skool oplaai. Stuur alle details (soos wat vir ‘n koerant gestuur sal word en ‘n logo) na [email protected] en ons laai dit vir jou.

Betaling geskied deur PayFast (krediet/debietkaart, Instant EFT) en die advertensie word dadelik opgelaai nadat die transaksie voltooi is. Indien julle nie van PayFast gebruik kan maak nie, sal ons vir julle ‘n faktuur stuur met bankbesonderhede. Kontak ons gerus en ons help daarmee!

Versprei asb. hierdie inligting aan soveel onnies en skole as moontlik, so weet meer mense ook om te kom kyk op RSA Teaching Jobs indien hulle op soek is na ‘n nuwe pos.

 

 

Onlangse Inskrywings:

WOW! Onnies spog met hul klaskamers!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Ontspan: Kleur in!

Digitale Media in die Afrikaansklas

Vakante Onderwysposte

Moenie moed opgee nie

Afrikaanse hulpmiddels

Leave a Reply