• Juffer verskaf aktiwiteite, lesse en idees op haar blog vir Grondslagfase onnies.
  • Dr. Estelle Kruger, voorheen verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch se Opvoedkunde Fakulteit, se blog oor kreatiewe skryfonderrig bevat fantastiese skryfidees!
  • Dr. Kruger se ander blog, Klaskenades, bevat verskriklike oulike idees oor Afrikaansonderrig, veral oor haar studieveld van Humor in die Taalklaskamer.
  • Taalarsenaal verskaf lesplanne, hulpbronne, beleidsdokumente en allerande Afrikaanse aktiwiteite. Dit is gefokus op Graad 8 - 12. Die blad word onderhou deur die Oos-Kaapse Onderwysdepartement. Kyk ook na hulle skakels vir meer Afrikaanse skakels! (via @maggiev op twitter)
  • Hierdie blogsinskrwying bevat tonne Afrikaanse stories en leeskaarte wat uitgedruk kan word. Dit het my `n hele rukkie gevat om deur alles te werk! Daar is baie oulike goedjies, veral vir die grondslagfase.
  • Wil jy dalk `n luistertoets van `n Afrikaanse liedjie opstel maar jy's nie heeltemal seker oor die lirieke nie? Liriekfabriek bevat hope lirieke van Afrikaanse liedjies.
  • Storiewerf - 'n Tuiste vir alles en wat oor kinder- en jeugboeke.
  • TEACHA! - 'n Webtuiste propvol duisende hulpmiddels wat deur onnies gemaak is. Kyk ook op Afrikaanse Hulpmiddels vir die Klaskamer vir Afrikaanse hulpmiddels.