Author: Jean

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Francios Naude het onlangs sy eie YouTube-kanaal, Super Teachers Unite, begin met baie idees en inspirasie vir onnies. In hierdie video wys hy hoe om ‘n goedkoop “spel-spinner” te maak wat jou kleintjies sal help om te leer lees! Kyk net hoe oulik! Besoek sy YouTube-kanaal hier. Onlangse Inskrywings Adverteer onderwysposte op Onnies Online! Idees: Maak stil snoesies! Inspira...

WOW! Onnies spog met hul klaskamers!

Op soek na idees om jou klaskamer op te helder? Kyk na hierdie oulike onnies se klaskamers!

Idees: Maak Stil Snoesies!

‘n Paar oulike onnies het op Facebook hul idees van Snoesies gedeel en hoe om dit te maak. Hier is ‘n foto van die botteltjies snoesies. Dit klink vir ons amper soos Stickies en ons weet hoe mal kinders oor die oulike gediertetjies gaan het. Facebook / Chantelle van Dyk So, hoe maak mens dit? Chantelle verduidelik dat ‘n mens die ‘furballetjie’ en ogies net so koop. A...

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

  As daar een ding is wat ons almal as onnies weet, is dat ons werk regtig nie maklik is nie. Somtyds voel dit of alles wat ons doen, die ure wat ons inploeg en al die moeite wat ons doen glad nie ‘n verskil maak nie. Maar dis nie waar nie. Hierdie onnies in die video hier onder was gevra om oor al die struikelblokke in hul daaglikse lewe as onnies te praat. Een onnie sê selfs sy bring&...

Hulp vir die vierde kwartaal!

Die vierde kwartaal is ‘n kort enetjie. Dis stresvol, met min skooldae en ‘n eksamen wat oor die kinders se koppe hang (wat hul effens mal, maar somtyds darem meer gefokus maak). Hier is ‘n paar skakels wat jou gedurende hierdie kwartaal kan help. Indien jy ander voorstelle het, lewer asb. onder aan die post kommentaar. STERKTE! Vraestelle! Lees hierdie inskrywing oor v...

I’mPossible – Die video waarvan almal praat

Ons doen baie keer fondsinsamelings vir ons skole, en verwag dan baie keer vir leerders om lootjies te verkoop of borge te kry. Maar die Hoërskool DF Malan in Bellville, Kaapstad het die krag van sosiale media gebruik om nie net mense in Suid-Afrika bewus te maak van hul projek nie, maar ook om inklusiewe onderwys te promoveer. Die I’mPossible-trust wil graag geld insamel sodat die skool fasilitee...

Uitstekende werkboekies vir die Grondslagfase!

Grondslagfase-onnies weet dat dit verskriklik baie moeite verg om werkboekies op te stel en te laat druk. Of om werkkaarte uit te werk en een vir een in ‘n boek te plak (wat somtyds in chaos ontaard!). Afrolwerk word ook al duurder en duurder. Hierdie uitstekende, gewilde werkboekies van Depicta is iets wat jou baie kan help. Dit gaan definitief ook baie help met vaslegging in die klas en as huisw...

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Ek het nou al baie TED-praatjies gekyk en moet sê dat hierdie een ‘n groot impak op my gemaak het. In Suid-Afrika het ons soveel gebroke skole, maar wat kan ons daaromtrent doen? Op Linda Cliatt-Wayman se eerste dag as skoolhoof by ‘n gebroke hoërskool in Noord-Philadelphia, was sy vasbeslote om haar reëls neer te lê. Maar sy het gou besef haar werk was meer kompleks as wat sy ged...

Ontspan: Kleur jou siel in

Dis nog die begin van die kwartaal, maar ons almal weet hoe lank en besig die derde kwartaal eintlik is. Volwasse inkleurboeke het die wêreld omtrent oorgeneem en ons dink dis uitstekend vir onnies om ‘n bietjie ‘ek-tyd’ in hul besige skedules in te werk. Wat maak inkleur so lekker? Verskeie bronne dui aan dat inkleur terapeuties is, nie regtig omdat dit een of ander wonderlike effek op jou liggaa...

Digitale Media in die Afrikaansklas

  Ek het onlangs by ATKV Skitter in Afrikaans gesels oor Digitale Media in die Afrikaansklas (beide EAT en Huistaal). Ek het belowe om my slideshow te deel en hier is dit nou! Jammer oor die wag. Indien julle enige vrae het, lewer asb. hier onder kommentaar en ek sal julle help met enige iets waarmee julle sukkel. Julle kan klik op die verskillende skakels, maar kan nie die PowerPoi...

Digitale hulpmiddels vir kreatiewe skryf

Ek het onlangs met Honneurs Kreatiewe Skryf-studente gesels oor die gebruik van tegnologie wanneer kreatiewe skryf onderrig word. Leerders sukkel baie met skryf, maar baie kan gedoen word om hul houdings teenoor skryf te verander. Natuurlik is tegnologie nie die enigste uitweg nie, maar glo my, dit kan baie help! Hier is ‘n paar hulpmiddels waaroor ek gepraat het: Pre-skryf Wys ‘n video oor ‘n sek...

Kyk hierdie video’s om Afrikatale aan te leer

Help jou leerders om Afrikatale aan te leer met hierdie oulike video's op YouTube!