Die Onnie-gids

Die Onnie-gids

Op soek na inligting oor iets? Hier is jou onnie-gids oor alles wat ‘n onderwyser moet weet! Hierdie bladsy sal elke nou en dan opgedateer word. Laat weet ons asb. as iets kort of nie werk nie!

SACE / SARO en CPTD / PO-Punte

  • Hoe registreer ek vir SACE?
    • SACE (SARO in Afrikaans) verduidelik goed op hulle webtuiste wat alles nodig is vir registrasie. Dis die beste om in te gaan na die kantoor toe om die registrasie te voltooi. Ongelukkig is daar net kantore in Centurion, Bloemfontein en Durban.
  • Kan ek as ‘n student registreer vir SACE?
    • Ja, jy kan “provisionally” registreer. Wanneer jy jou onderwyskwalifikasie kry, kan jy volledig registreer. Jou SACE-nommer sal dan ‘n “P” vooraan hê.
  • Wat is SACE CPTD?
    • SACE CPTD (SARO PO) is die professionele ontwikkeling puntesisteem vir onderwysers. Net soos elke ander professie, moet onderwysers ook bewys lewer dat hulle professioneel ontwikkel. Onderwysers moet 150 PO-punte oor ‘n 3 jaar siklus verdien. Daar is drie vlakke van punte. Vlak 1: onderwysergesentreerd, vlak 2: skool-geïnisieerd, vlak 3: voorsien deur eksterne diensverskaffers.
  • Hoe vul ek my punte in?
    • Laai die PDP (professional development portfolio) af, en maak seker dit bly op datum. Jy kan dit twee keer per jaar instuur na SACE en hulle sal dit opdateer, of jy kan aanlyn registreer vir die SACE CPTD-portaal en jou vlak 1-punte daar laai. Ongelukkig kan jy nie self jou vlak 2 en 3-punte laai nie. Die SACE-stelsel is onlangs opgedateer en dis makliker om nou te registreer.
  • Hoe kan ek SACE PO-punte verdien?
    • Maak seker dat jy deur die punteskedule lees. Daar is baie maniere waarop jy vlak 1-punte kan verdien. Dis egter belangrik dat jy bewyse hou van wat jy geleer het en hoe dit jou onderwyspraktyk gaan verbeter. Loer hier vir voorbeelde.
  • My vlak 3-punte verskyn nie, wat kan ek doen?
    • Kontak die eksterne verskaffer asook SACE. Hulle moet jou punte laai. Maak seker dat jy ‘n rekord hou van die kursusse wat jy bygewoon het. Voordat jy ‘n vlak 3-kursus bywoon, maak seker dat die organisasie ‘n PR-nommer het. Dit is hul bewyse dat hulle geregistreer is.
  • Watter tipe punte kan ek self invul aanlyn?
  • Waar kan ek meer uitvind oor SACE-kursusse?
    • SACE Points Guide is ‘n nuwe webtuiste wat vlak 3 en ander onderwysgeleenthede op een plek wys. Loer daar in en teken in op die nuusbrief.

NUWE SKOOL, NUWE JAAR, NUWE ONNIE

  • Ek benodig hulpmiddels, waar is die beste plek om te kyk?
    • Wanneer jy by ‘n nuwe skool begin, is die vorige onderwyser veronderstel om meeste van die hulpmiddels agter te laat, omdat dit meeste van die tyd die eiendom van die skool is. Dit gebeur egter nie! Teacha! het meer as 3000 hulpmiddels wat deur onderwysers gedeel is, loer ook onder om na die departementele hulpmiddels te kyk, daar is baie afhangende van jou vak!
  • Ek sukkel met my oorplasing, kontrak en ander administratiewe dinge, wie kan my help?
    • Jou unie behoort jou hiermee te kan help. Sodra jy begin skoolgee, kan jy aansluit by ‘n unie. SAOU, NAPTOSA en SADTU is die grootste en bekendste unies.
  • Wenke vir nuwe onnies
  • SAOU hulp vir nuwe onnies
  • Hulp vir grondslagfase-onnies – Juffer “My Klaskamer”
  • Word deel van ons Facebook-groep

DISSIPLINE EN KLASKAMERBESTUUR

TEGNOLOGIE IN DIE KLASKAMER

POSTE, CVs EN ONDERHOUDE

DEPARTEMENTE VAN ONDERWYS SE HULPMIDDELS

WERKSKEDULES EN ATPs

Dankie aan Juffer wat die skakels gedeel het

Wat kort op hierdie lys? Laat weet ons in die kommentaarblok hier onder! Ons sal dit mettertyd per vak opdateer.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>