EduWeek 2017: Besoek die grootste onderwys-uitstalling in Afrika!

EduWeek 2017: Besoek die grootste onderwys-uitstalling in Afrika!

posted in: e-leer, gebeure | 0

 

EduWeek is die grootste opvoedkundige uitstalling in Suid-Afrika en is definitief ‘n plesier om by te woon vir elke onnie, skoolhoof en sommer almal wat in die onderwys belangstel.

 

EduWeek, 'n sterk ondersteuner van die Verenigde Nasies se 17 VOD’s en Suid-Afrika se NOP, is 'n tweedaagse uitstalling en konferensie wat meer as 180 plaaslike en internasionale produk- en diensverskaffers ten toon sal stel. Daar is ook sewe toegewyde EduTheatres / konferensiespore en 5 500 besoekers.

Verskillende segmente van die onderwyssektor sal by EduWeek saamkom om die bevordering van onderwys, insluitend Beroeps- en Hoër Onderwys, Vroeëkinderontwikkeling, Basiese Onderwys, Inklusiewe Onderrig, Sport en Ontspanning, Tegnologie, Gesondheid en Finansies, te bespreek.

 

Die uitstalling het gegroei om meer as tien belangrike produkareas te bied, waaronder Fiksheid & Voeding, 'n nuwe toevoeging vir die komende gebeurtenis is. Hier is die produkareas waarna jy kan uitsien:

  • Tegnologie
  • Wiskunde en Wetenskap Toerusting
  • Publisering
  • Opvoedkundige Speelgoed
  • Skoolvoorraad
  • Skryfbehoeftes
  • Inklusiewe Onderwys
  • Dienste vir opvoedkundige instellings (Finansiële dienste, opleidingsdienste, ens.)
  • Veiligheid en Sekuriteit

 

Die EduWeek Awards is definitief ‘n hoogtepunt in die EduWeek-kalender. Dit vind op die 12de Julie plaas. Hierdie toekennings herken uitnemendheid in die Afrika-onderwyssektor. Dit vier plaaslike innovasie asook die mense wat plaaslike helde is, wat die ekstra myl stap om die lewens van ons leerders te verbeter. Om in te skryf vir die toekennings, of om iemand te nomineer, besoek http://www.educationweek.co.za/awards/

 

Indien jy wil inteken op die EduWeek nuusbrief, the Educ8tor, gaan gerus na die EduWeek webtuiste.

 

EduWeek vind op die volgende dae plaas:

12 Julie 2017 - 09:30 - 18:00

13 Julie 2017 - 09:30 - 17:30

 

EduWeek 2017 vind plaas in Saal 2 & 3 te Gallagher Konferensiesentrum in Midrand.

 

Besoek www.educationweek.co.za om ‘n gratis brosjure af te laai.

 

TEACHA! en Onnies Online is mediavennote van EduWeek 2017. Ons sien jou daar!

 

 

Leave a Reply