EduWeek kom Kaap toe!

EduWeek kom Kaap toe!

geplaas in: e-leer, gebeure, nuus | 0

 

Die 11de EduWeek-byeenkoms het in Julie vanjaar by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand, Johannesburg plaasgevind. Hierdie jaar se gebeurtenis is as die enigste omvattende onderrig-gefokusde-gebeurtenis in Afrika, suid van die Sahara aangepak. Dit het weer die volle ekosisteem van opvoedkundige oplossings bymekaargebring en 3700+ belanghebbendes wat die geleentheid bygewoon het, die geleentheid gebied om meer as 160 opvoedkundige verskaffers se produkte en oplossings te vergelyk en te sien, wat hulle help om ingeligte aankoopbesluite te neem.

EduWeek het weer eens sy belofte nagekom om die mees omvattende onderrig-gefokusde-gebeurtenis op die vasteland te lewer, met meer as 50 uur se relevante en inspirerende inhoud wat deur meer as 90 gerespekteerde en invloedryke internasionale en plaaslike sprekers gelewer is.

Die Minister van Onderwys vir die Wes-Kaap, me. Debbie Shafer was genooi om deel te wees van die Gautengse EduWeek-gebeurtenis voor die opwindende aankondiging dat EduWeek in Oktober 2017 na die Wes-Kaap sal kom, wat ‘n unieke Kaapstadse flair en ‘n fokus op die toekomstige onderwyslandskap sal bring. Minister Shafer was beïndruk met EduWeek se Gauteng-byeenkoms en het die volgende gesê toe sy gevra is oor die Wes-Kaapse uitstalling: “Ek is baie bly dat EduWeek na Kaapstad toe kom. Ek wil mense aanmoedig om te kom en deel te neem en hul kennis oor onderwys te deel en hoe ons dit veral in Afrika kan verbeter. Ek sal graag ‘n tema van “toekomsgerigte onderwys” wil sien, aangesien ons doel is om ons jongmense toe te rus vir aktiewe deelname in ‘n vinnig veranderende wêreld en ekonomie.”

EduWeek Kaapstad word aangebied in samewerking met die Departement van Basiese Onderwys, die Wes-Kaap Onderwysdepartement en kennisvennoot Microsoft.. Dit gee natuurlik ook skole en ander belangstellendes die kans om produkte te vergelyk en demonstrasies te sien om beter besluite te neem. Dan is daar ook die opleidingsessies wat bygewoon kan word. Toegang is gratis.

EduWeek vind plaas op 4 en 5 Oktober vanaf 10:00 tot 18:00 by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum. Vir meer inligting (soos die program van opleidingsessies) of om vir EduWeek Kaapstad te registreer, besoek: www.eduweek.co.za


Onnies Online / TEACHA! / RSA Teaching Jobs is mediavennote van EduWeek Kaapstad. Ons sien julle definitief daar!

 

Lees verder:

200 + Wiskundevideo’s vir graad 4 – 7

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Alles wat fout is met ons skole in een video

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Reageer