Konferensies, kongresse en werkswinkels wat ons bywoon

Konferensies, kongresse en werkswinkels wat ons bywoon

Onnies Online is mediavennote van die volgende opwindende opvoedkunde-uitstallings, -kongresse en -werkswinkels. Ons deel graag meer inligting oor hierdie gebeure en raai onnies aan om dit by te woon – ons gaan ook daar wees!

 

Mind Brain Education Africa Seminar

Mind-Brain-Education (MBE) – beter bekend as opvoedkundige neurowetenskappe, brein-gebaseerde leer of die wetenskap van leer, verwys na die onderrigmetodes, die ontwerp van lesse en skoolprogramme wat gebasseer is op die jongste wetenskaplike navorsing oor hoe die brein leer. Dit sluit ook faktore soos kognitiewe ontwikkeling – hoe leerders leer soos hulle ouer word, groei en sosiaal, emosioneel en kognitief ontwikkel.

ITSI bied vir die eerste keer in Afrika ‘n twee-dag MBE seminaar aan as ‘n interaktiewe werkswinkel, gefasiliteer deur die internasionaal erkende skrywers Glenn Whitman and Dr. Ian Kelleher. Dit vind plaas vanaf 23 tot 24 Mei 2018 by Emperor’s Palace in Johannesburg. Besprekings is beperk tot 200 plekke en belangstellendes kan bespreek by: www.it.si/mbeafrica2018.

 

Schoolscape Johannesburg en Pretoria

Schoolscape, aangebied deur SchoolAdvisor, is gemik op hoofde, HOD’s, adjunkhoofde en ander skoolbesluitnemers. 20+ van Suid-Afrika se innoverendste skoolverskaffers kom bymekaar onder een dak om vir jou te wys hoe hul “magic” in jou skool kan maak. Vermaak word ook verskaf deur een van Suid-Afrika se snaaksste towenaar-komediante! Dis gratis om die geleentheid by te woon en ligte verversings word verskaf: http://blog.schooladvisor.co.za/schoolscape/

 

Education Innovation Summit

The Education Innovation Summit is set to take place on 31 May 2018 at the Hilton, Sandton in Johannesburg, South Africa. Hosted by IT News Africa, the summit is designed to bring together innovation leaders and the academic community to accelerate innovative thinking in education. It will further provide discussion topics about cutting-edge education technology challenges facing the industry today. Moreover, the summit explores technology innovations that will enhance teaching and learning in the academic institutions.

 

EduWeek Africa

Die grootste onderwysgesentreerde-uitstalling in Afrika, EduWeek, vind hierdie jaar die 15de en 16de Junie by The Dome in Johannesburg plaas. Gedurende die twee-dag uitstalling is daar baie nuwe produkte om te sien wat jy in jou skool kan gebruik, sowel as ‘n gratis seminaar wat jy kan bywoon waar jy sommer baie kan leer, veral oor tegnologie in die onderwys. Kyk hier na die seminaar-program en registreer hier, dis gratis.

 

EduTECH Africa

Hierdie konferensie vind die 9 en 10de Oktober plaas by die Sandton International Convention Centre. Daar is ‘n gratis uitstalling met gratis werkswinkels, asook ‘n seminaar wat jy kan bywoon (waarvoor jy moet betaal). Hierdie konferensie is gefokus op opvoedkundige tegnologie en hoe dit by jou skool geïmplementeer kan word.

“With 5 streams and over 150 speakers each discussing gripping topics and overflowing ideas including stem, coding and robotics, disruptive classroom tech, rethinking the educator’s role and teaching strategies. The 2018 conference will inspire change in the African EdTech industry. Be a part of it.”

Meer inligting hier.

 

eLearning Africa (Rwanda)

eLearning Africa vind elke jaar in ‘n ander Afrika-land plaas. Hierdie jaar in Kigali, Rwanda die 26ste tot 28ste September. Ons is baie opgewonde om vir die eerste keer ‘n mediavennoot van die konferensie te wees en om meer te leer oor hoe e-leer in Afrika geimplementeer word, siende dat daar soveel meer struikelblokke is om te oorkom en dat ‘n mens nie net oplossings van oorsee kan “copy en paste” hier nie.

“A unique event, Africa’s largest conference and exhibition on technology supported learning, training and skills development, eLearning Africa is a network of experts, professionals and investors, committed to the future of education in Africa.”

Meer inligting hier.

 

Vir inligting oor SARO-geregistreerde kursusse en ander gebeure, besoek SACE Points Guide.