Share This Post

geleenthede / inspirasie / nuus

Mind Brain Education Africa seminaar: Hoekom jy dit móét bywoon

Mind Brain Education Africa seminaar: Hoekom jy dit móét bywoon

Mind-Brain-Education (MBE) – beter bekend as opvoedkundige neurowetenskappe, brein-gebaseerde leer of die wetenskap van leer, verwys na die onderrigmetodes, die ontwerp van lesse en skoolprogramme wat gebasseer is op die jongste wetenskaplike navorsing oor hoe die brein leer. Dit sluit ook faktore soos kognitiewe ontwikkeling – hoe leerders leer soos hulle ouer word, groei en sosiaal, emosioneel en kognitief ontwikkel.

ITSI bied vir die eerste keer in Afrika ‘n twee-dag MBE seminaar aan as ‘n interaktiewe werkswinkel, gefasiliteer deur die internasionaal erkende skrywers Glenn Whitman and Dr. Ian Kelleher. Dit vind plaas vanaf 23 tot 24 Mei 2018 by Emperor’s Palace in Johannesburg. Besprekings is beperk tot 200 plekke en belangstellendes kan bespreek by:  www.it.si/mbeafrica2018.

Die seminaar is gerig op laer- en hoërskoolonderwysers sowel as dosente en sal fokus op die onderwyser of opvoedkundige as “brain changer”. Tydens die seminaar word die werking van die brein, die menslike leerorgaan, hoe geheue vorm en wat die skakel met onderrigmetodes behels, behandel.

Dr Lieb Liebenberg, Hoof Uitvoerende Beampte van ITSI beklemtoon: “Gedurende die twee-dag seminaar sal ons debatteer en ontdek: is daar steeds ‘n plek vir die gebruik van jou brein in ‘n tegnologie-gedrewe wêreld? Dosente, onderwysers en administrateurs het nodig om te weet hoe die jongste navorsing in die gebied van neuro- en breinwetenskappe onderrig en onderwys soos ons, dit kan beïnvloed. Die praktiese aanslag van die werkswinkel sal verseker dat die wat bywoon daar uitstap met die nodige vaardighede om self MBE effektief te fasiliteer en te implimenteer in hul klaskamers, op hul kampusse en in plekke van onderrig.

Van die sessies sluit in:

  • MBE 101: Die onderwyser se ingestelheid
  • MBE: Kragstrategieë vir onderwysers
  • Gesprekke rondom neuro-mites
  • Die aanbieders verwys ook na gevallestudies oor hoe om konsepte vas te vang deur die gebruik van inleg en flitskaarte.

Die program is propvol voorbeelde van werklike gebeurtenisse en fokus daarop om aan opvoeders praktiese kennis te verskaf wat hulle in hul daaglikse onderrig en opleiding sal kan toepas.

Die aanbieders:

Glenn Whitman is die Direkteur vir die Sentrum vir Transformerende Onderrig en Leer (CTTL) by St. Andrew’s Episcopal Skool in die VSA. Glenn ‘n voormalige genoot van die Martin Instituut vir Uitnemende Onderrig en skrywer van Dialogue with the Past: Engaging Students and Meeting Standards through Oral History asook mede redakteur van Think Differently and Deeply, die nasionale publikasie van die CTTL. Glenn is blogger vir Edutopia en het sy Magister Artium in Liberale Studies van Dartmouth Kollege en ‘n BA van Dickinson Kollege.

Dr. Ian Kelleher staan aan hoof van navorsing by die CTTL. Hy het groot geword in Cambridge, Engeland en het studeer aan die Universiteit van Manchester waar hy ‘n BSc in Geochemie ontvang. Hy keer terug na Cambridge as Ph.D. student aan die Universiteit van Cambridge en werk in die Departement van Aardwetenskappe. Ian bied Chemie, Fisika en Robotika aan. Hy fasiliteer ook die CTTL se werkswinkel: “Skep Innoveerders deur Ontwerpdenke” en is verantwoordelik vir die Navorsingsgenootskapsprogram vir Onderwysers en Leerders.

Beide Ian en Glenn het al opgetree en aanbiedings gedoen by meer as ‘n dosyn groot konferensies, wêreldwyd.

Neuroteach: Brain Science and the Future of Education kan gekoop word deur ITSI se aanlynwinkel – koop die e-boek hier.

Oor ITSI

ITSI is ‘n EdTech maatskappy wat onderrig en onderwys voorop stel. Ons digitale onderrigplatform maak leer sigbaar, verwyder fragmentasie in die onderrig-omgewing en poog om die gaping tussen tradisionele onderrig- en leermetodes en die mees innoverende tegnologie te oorbrug. Ons doen dit deur ‘n enkele geïntegreerde platform vir beide e-boeke sowel as alle ander opvoedkundige inhoud beskikbaar te stel, wat onderwysers en dosente effektief in staat stel om enige onderrigmetodologie of -hulpmiddel te gebruik, volgens hul eie behoeftes. Een van die grootste voordele van die stelsel is die beskikbaarheid van gebruikers-analise wat verpersoonlike leer en onderrig moontlik maak. ITSI was een van die eerste rolspelers in hierdie ruimte en het sedertdien uitgebrei na meer as 200 opvoedkundige instansies met meer as 80,000 leerders en studente wat daagliks die stelsel gebruik. Ons het ook kantore in die Verenigde Koninkryk en die Midde-Ooste.

MEER INLIGTING OOR DIE SEMINAAR KAN HIER GEKRY WORD: www.it.si/mbeafrica2018.

 

Share This Post

Jean Vermeulen is 'n passievolle Afrikaans-onnie wat deesdae onderwysers met tegnologie in die klaskamer help. In 2011 het hy Onnies Online begin toe hy nog aan Maties onderwys studeer het. Onnies Online is 'n Afrikaanse bymekaarkomplek vir onnies. Idees. Hulpbronne. Inspirasie!

1 Comment

  1. Dankie vir die inligting wil meer leer om tegnologie in die klas te gebruik

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>