Share This Post

Speel Kahoot! in jou klas

Speel Kahoot! in jou klas

Speletjies is ‘n ding wat nooit uit die mode sal gaan met ons leerders nie. Wanneer kinders opgewonde raak en aktief besig is om te leer, leer hulle mos tien keer beter. Verby is die dae wat ons ure hoef te sukkel om speletjies te maak. Kahoot! is ‘n aanlyn-speletjieprogram waarop ‘n mens vasvra (en ander) speletjies kan maak. Al wat jy nodig het om te speel is ‘n projektor (of groot skerm) om die vrae te vertoon en díé wat speel het ook een of ander toestel nodig wat op die internet kan gaan. Dit kan ‘n selfoon, rekenaar of tablet wees.

So, hoe werk dit?

Dis baie maklik. Jy maak ‘n Kahoot! en die leerders speel dit deur die kode in te tik wat jy vir hulle gee. Dit is meerkeuse vrae. Leerders maak hulle keuse deur op hul skerm te klik op ‘n kleur en punte word aan hulle toegeken deur natuurlik die regte antwoord te gee of hoe vinnig hulle dit beantwoord.

‘n Vinnige gids om te begin:

Gaan na getkahoot.com en teken in (Sign Up) en maak seker jy sê jy’s ‘n onnie.

 

Klik op Create New Kahoot! Ek gebruik gewoonlik die Quiz, want dit is meerkeuse vrae en dis baie opwindend.

Screen Shot 2015-09-16 at 9.33.49 PM

Gee jou Kahoot! ‘n naam en voeg vrae by. Onthou om ‘n regte antwoord te kies. Jy kan ook foto’s bysit om dit meer visueel te maak. Kies ook hoe lank tyd die leerders het om die vraag te voltooi. Klik op Add Question om meer vrae by te voeg.

Screen Shot 2015-09-16 at 9.35.21 PM

Wanneer jy al jou vrae bygevoeg het, klik op Save and Continue. Jy sal dan ‘n opsie kry om meer inligting oor jou vasvra te gee. Klik dan weer op Save and Continue.

Screen Shot 2015-09-16 at 10.02.49 PM

Wanneer jy deur al die opsies gegaan het, is jy gereed om die Kahoot! met jou leerders te speel. Klik op Play Now om dan na die Game Screen te gaan.

Screen Shot 2015-09-16 at 10.04.23 PM

Die game screen is wat jy aan die klas sal vertoon. Hulle moet dan op hulle toestelle na kahoot.it gaan en die game code intik. Hulle kan ‘n skuilnaam intik of hul regte naam gebruik. Indien leerders onvanpaste name gebruik kan jy hulle uitskop deur op hul naam te klik. Wanneer al die leerders in jou klas se name op die bord verskyn, kan jy op ‘START’ klik en die speletjie begin. Leerders word na elke vraag punte toegeken en hulle verskyn op ‘n ranglys.

Screen Shot 2015-09-16 at 10.05.01 PM

Aan die einde van die Kahoot! kan die leerders terugvoer gee oor die les. Het hulle dit geniet? Het hulle geleer? Hoe voel hulle oor die les? Dit help jou dan natuurlik om voor te berei vir jou volgende les.

Indien jy op jou rekenaar gou wil kyk hoe dit in jou klas kan werk, klik op hierdie voorbeeld van Algemene Kennis (in Engels) wat deur ‘n onnie gemaak is.

Jy kan ook op Kahoot! soek vir Afrikaanse Kahoots, maar daar is nog nie baie nie. Hopelik sal daar binnekort lekker baie wees wanneer ons almal begin maak! 

Ons gebruik dit sommer in saalbyeenkomstes om die hele skool teen mekaar te laat deelneem in goed soos Algemene Kennis. In my klas gebruik ek dit veral vir vaslegging van vervelige werk, soos woordeskat en taalreëls, maar jy kan dit aanpas vir enigiets wat jy wil.

Kyk wat hierdie oorsese onnie met sy Graad 5 leerders gedoen het. Opwindend!

Lekker speel, onnies!

Onlangse Artikels oor Opvoedkundige Tegnologie

Viva App ‘n moet-hê vir jou leerders

Woordeskatlyste op Quizlet

Visuele aanbiedings van poësie

Poetry Writing Apps

Easy Video Creation with Adobe Voice

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.