Share This Post

nuus

Vier die 90ste verjaarsdag van Afrikaans met FAK Skole-Ekspo

Vier die 90ste verjaarsdag van Afrikaans met FAK Skole-Ekspo

 

Die Afrikaanse Skole-Ekspo is elektroniese skole-kompetisie wat ’n hulpmiddel is om Afrikaanse onderwysers se las te verminder deur reeds uitgewerkte opdragte en evaluasieriglyne daar te stel; en boonop Afrikaans onder ons jeug te bevorder. Die kompetisie fokus veral op leerders se kreatiewe hantering van Afrikaans in verskillende kategorieë vanaf kortfilms, opstelle, gedigte, liedjies tot visuele kuns.

 

  1. WAT IS DIE AFRIKAANSE SKOLE-EKSPO?

 

Dit is ’n opwindende elektroniese skole-kompetisie wat jaarliks vir leerders en onderwysers in Suid-Afrika en Namibië verskeie uitdagings bied.

 

Die Afrikaanse Skole-Ekspo fokus veral op leerders se kreatiewe hantering van Afrikaans. So word Afrikaans by die jeug op ’n kreatiewe en positiewe wyse bevorder.

 

  1. WIE KAN DEELNEEM?

Alle graad 6-12-leerders in Suid-Afrika en Namibië.

 

Skole word aangemoedig om die leerders deur die skool te laat deelneem, maar individuele leerders se inskrywings sal nie weggewys word nie.

 

 

  1. TEMA VAN DIE JAAR

 

Die oorhoofse tema vir 2015 is Afrikaans 90. In 1925 het Afrikaans die amptelike taal in Suid-Afrika geword. In 2015 is Afrikaans 90 jaar lank al ’n amptelike taal. Wat beteken dit vir vandag se jongmense en hoe help hulle verseker dat Afrikaans oor ’n verdere 90 jaar nog sal bestaan en gebruik word?

 

 

  1. SPERDATUM

 

Alle inskrywings moet op die laatste 31 Julie 2015 in wees. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

 

  1. INSKRYWINGSGELD

 

R20 per leerder per inskrywing, tot ’n maksimum van 5 inskrywings per kategorie. Dit beteken dus dat ’n leerder byvoorbeeld net 5 gedigte mag inskryf, maar dan ook 2 JIP-rubrieke kan inskryf. Die koste vir hierdie 7 inskrywings sal dan R140 wees. In die geval van groepinskrywings, betaal elke leerder in die groep R20,00 vir die inskrywing

 

  1. VERSKILLENDE FASES VAN BEOORDELING

 

Inskrywings moet in wees teen:               31 Julie 2015

Nasionale beoordeling                              1-30 Augustus 2015

Wenners word bekendgemaak                 1 September 2015

Skemerkelkie vir wenners                         Vrydag 9 Oktober 2015

 

 

  1. BEOORDELING EN ERKENNING

 

Leerders word volgens ouderdomsgroepe beoordeel. In elke afdeling en elke kategorie volgens die ouderdomsgroepe sal ’n wenner aangewys word. Die organiseerders behou egter die reg voor om, indien daar na hulle mening te min inskrywings in ’n kategorie is of as die standaard nie hoog genoeg is nie, nie ’n wenner in die spesifieke kategorie aan te wys nie.

 

Slegs nasionale beoordeling sal plaasvind.

  • Erkenning word aan elke deelnemer gegee wat by skole se prysuitdelings oorhandig kan word.
  • Verskeie pryse is te wen.
  • Mediablootstelling aan skole en wenners van afdelings.
  • Skole wat die meeste deelnemers, aantal inskrywings en wenners het, staan ’n kans om ’n wisseltrofee te ontvang.

 

 

  1. WENSKOLE

 

Die wenskole word verdeel in:

 

Klein skole:                           Skole met 0-500 leerders

Middelgrootte skole:             Skole met 500-1000 leerders

Groot skole:                          Skole met meer as ’n 1000 leerders

 

Die wenskole word bepaal ten opsigte van die deelnameprestasie. ’n Aspek soos die deelname aan ’n verskeidenheid van kategorieë word in ag geneem. Aan hoe meer kategorieë die skool deelneem, hoe groter is die kans om een van die wenskole te wees.

 

’n Wenskool ontvang ’n wisseltrofee. Die trofee moet teen 30 Augustus 2016 terugbesorg word aan die FAK.

 

  1. NAVRAE

Die volledige handleiding met die kategorieë se vereistes is op die webwerf beskibaar.       

Chrisna Nel

012 301 1777 / 087 150 6505

ekspo@fak.org.za

 

Ons moedig u aan om u skool te laat deelneem aan hierdie besondere kompetisie. Wees deel van ons Afrikaans 90-vieringe!

Besoek die FAK Webtuiste

Foto: FAK

Share This Post

Jean Vermeulen is 'n passievolle Afrikaans-onnie wat deesdae onderwysers met tegnologie in die klaskamer help. In 2011 het hy Onnies Online begin toe hy nog aan Maties onderwys studeer het. Onnies Online is 'n Afrikaanse bymekaarkomplek vir onnies. Idees. Hulpbronne. Inspirasie!

2 Comments

  1. Wonderlik! Deel van ‘n kleinskool…Waar kan ek meer detail hieroor kry?

    Reply
    • Hallo Stephanie, jy kan Chrisna kontak.

      Chrisna Nel

      012 301 1777 / 087 150 6505

      ekspo@fak.org.za

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>