Author: Wilmari Pretorius

Maniere hoe tegnologie leerders met disleksie en ander leerprobleme kan bevoordeel

Leerprobleme is nie net iets wat leerders benadeel nie, maar dit is ook ‘n groot uitdaging vir onderwysers wat hierdie leerders die beste kans op ‘n suksesvolle toekoms wil gee. Nadat leerders gediagnoseer word met ‘n leerprobleem, is dit altyd ‘n moeilike besluit vir ouers om hulle kind te los in die hoofstroomskool of te skuif na ‘n skool waar die leerder individuele aandag en hulp kan kry. Die ...

Wenke om die sprong van hoërskool na laerskool te oorleef.

Na 6 jaar as ‘n hoërskoolonderwyseres het ek die groot skuif gemaak en ‘n graad 4 juffrou geword. Alhoewel my hart nog altyd na die kleiner kindertjies gehunker het, was dit ‘n groot skok en groot aanpassing. Hier is my top 10 wenke aan enige iemand wat graag hierdie skuif oorweeg: As jy enigsins jou persoonlike spasie geniet, raak ontslae van daardie gevoel. Daag jouself uit en tel hoeveel drukki...

ClassDojo: Effektiewe kommunikasie met ouers

Kommunikasie is ongelooflik belangrik tussen onderwysers en ouers, maar dit is ook ‘n baie moeilike proses om reg te kry. ‘n Mens moet probeer om ‘n balans tussen té veel en té min kommunikasie te kry, en, alhoewel dit baie belangrik is om ‘n proffessionele verhouding met ouers te handhaaf, is dit heerlik om oulike oomblikke met ouers te kan deel.  Dit is natuurlik moontlik om slegs per e-pos...

Tablette in skole – die voordele en nadele

Een oomblik het ons gedink dat een tegnologiese toestel in elke leerder se sak ‘n bekommernis gaan wees, maar nou het leerders tablette en skootrekenaars ook. Tablette is nou so deel van ons opvoedingssisteem dat dit nie net in privaatskole gebruik word nie, maar baie publieke skole verskaf nou ook toestelle aan die leerders. Al die verskillende toestelle kan verseker ‘n kopseer in ons klaskamers ...

Idees om woordeskat te bou

Ek glo die meeste onderwysers sal met my saamstem dat woordeskat een van die grootste uitdagings in die Eerste Addisionele Taal klasse is, maar dat dit nie net beperk word tot tweede- en derde tale nie – ons huistaalleerders se woordeskat is ook beperk. Dit is ook ongelukkig een van die moeiliker probleme om aan te spreek, omdat dit nie net iets is wat gaan verbeter deur lyste woorde te leer...

Nuwejaarsvoornemens vir onnies

Uiteindelik is die einde van 2018 in sig. Dit beteken dat die meeste onderwysers reeds begin het met hulle beplanning vir die volgende jaar en dat hulle reeds laat in die nag wakker lê en dink aan hoe hulle ‘n beter rolmodel en onderwyser vir hulle leerders kan wees in die komende jaar. Al maak die kinders ons amper mal en toets ons perke daagliks, kan ons nie help om hulle lief te hê en altyd die...

10 Maniere om lees in jou skool te bevorder

Een van die groot probleme wat ons tans in Suid-Afrika ervaar, is die feit dat ons leerders sukkel om te lees. Lees is nie net ‘n eienskap wat leerders benodig om ‘n sukses van hul toekomstige loopbaan te maak nie, dit is ook ‘n vaardigheid wat hulle nodig het om sosiaal, intellektueel en emosioneel te ontwikkel. Volgens Times Live kan 80% van Graad 4-leerders nie op die geskikte vlak lees nie. Vo...

Digitale etiket en waarom dit belangrik is om ons leerders hiervan te leer

Tegnologie vorm deel van ons daaglikse gewoontes en die meeste leerders hanteer hulle slimfone, tablette en skootrekenaars soos ‘n derde arm – hulle kan eenvoudig nie sonder dit wees nie. Alhoewel ons die gebruik van tegnologie in die klaskamer probeer bevorder, is dit nodig om ook daarop te let dat internet-maniere nie vir kinders natuurlik kom nie en hulle ook dikwels die gevare van die di...

Stereotipes in die onderwys – wat sê die onderwysers?

Onderwysers werk net halfdag, hulle drink net heel dag tee, hulle kon nie iets met hulle lewe doen nie en daarom onderrig hulle en hulle hou hopeloos te veel vakansie. Hierdie is maar ‘n paar van die stereotipes waarmee ons as onderwysers maar net moet saamleef. In hierdie artikel word die inligting van 534 Afrikaanssprekende onderwysers, reg oor Suid-Afrika, gebruik om ‘n prentjie te vorm oor wat...

5 geleenthede om deur Apps jou klaskamer pret te maak

Kinders is nie meer dieselfde as 20 jaar terug nie en daarom kan onderwys ook nie meer dieselfde wees nie. Ons moet aktief werk om ons onderrigstyle so aan te pas dat leerders wil leer. Een manier is om tegnologie in jou klas te gebruik. Gaan vandag op jou slimfoon of tablet en soek apps wat jy in jou klas kan gebruik. Hier is ‘n paar idees en voorbeelde van hoe jy apps, met voorgestelde apps, in ...

Google for Education: ‘n Waardevolle hulpmiddel vir jou klaskamer

Dit maak nie saak op watter vlak, vak of ouderdom jy onderrig nie, Google kan jou lewe as onderwyser baie makliker maak. Dit dra nie net by tot effektiewe onderrig nie, maar hou al jou dokumente in een veilige plek en is altyd beskikbaar. Google kan vir jouself, jou leerders en selfs die ouers ‘n baie handige hulpbron wees om skool meer georganiseerd, prettig en opbouend te maak. Google for Educat...