inspirasie

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

  As daar nou een ding is wat ons NIE op universiteit leer nie, is dit praktiese maniere om moeilike (selfs normale) klaskamers te hanteer en te beheer. Toe ek begin skoolhou het, het ek ‘n aaklige klas van 46 graadtiens gehad, wat net glad nie geluister het nie. Baie was deurgesit en boonop het ¾ van hulle my vak, Afrikaans EAT, gehaat. So, wat toe? Wel, ek het nie oplossings gehad nie en het maar gesukkel en vinnig van skool verander. Ek wens net ek het meer geweet oor klaskamerbestuur toe ek begin het! Hier is vyf wenke wat vir my werk. Ek is nou by ‘n seunskool, waar die dissipline nie te goed is nie en dit gaan maar moeilik. Die eerste raad wat jy kry, werk nie altyd nie, maar dan moet jy maar net aanhou soek en iets anders probeer. Moet ook nie dink dat jou moeilike klas oornag ...

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

  As daar een ding is wat ons almal as onnies weet, is dat ons werk regtig nie maklik is nie. Somtyds voel dit of alles wat ons doen, die ure wat ons inploeg en al die moeite wat ons doen glad nie ‘n verskil maak nie. Maar dis nie waar nie. Hierdie onnies in die video hier onder was gevra om oor al die struikelblokke in hul daaglikse lewe as onnies te praat. Een onnie sê selfs sy bring meer tyd saam met haar leerders deur (wat sy haar kinders noem – soos ons almal maar doen) as wat sy saam met haar eie gesin deurbring. ‘n Ander sê weer hoe die perfeksionis in hom dit persoonlik opneem wanneer sy leerders nie goed vaar nie. ‘n Oomblik later, gebeur iets fantasties. Kyk die video en maak seker jy het ‘n paar sneesdoekies byderhand. Ek het dit vir seker nodi...

Hulp vir die vierde kwartaal!

  Die vierde kwartaal is ‘n kort enetjie. Dis stresvol, met min skooldae en ‘n eksamen wat oor die kinders se koppe hang (wat hul effens mal, maar somtyds darem meer gefokus maak). Hier is ‘n paar skakels wat jou gedurende hierdie kwartaal kan help. Indien jy ander voorstelle het, lewer asb. onder aan die post kommentaar. STERKTE!   Vraestelle! Lees hierdie inskrywing oor vraestelle op die internet, asook hierdie een en hierdie een.   Idees vir die laaste saalbyeenkoms Hierdie bloginskrywing sê dat onnie-toekennings ‘n goeie idee is. Wat van ‘n oulike video? Kyk na ‘n paar hier.   Hierdie twee onnies in die VK het heeltemal te veel pret gehad. Indien julle so iets doen, maak seker dat julle die video vir ons stuur!   Rapportkommentaar Lees weer hi...

I’mPossible – Die video waarvan almal praat

  Ons doen baie keer fondsinsamelings vir ons skole, en verwag dan baie keer vir leerders om lootjies te verkoop of borge te kry. Maar die Hoërskool DF Malan in Bellville, Kaapstad het die krag van sosiale media gebruik om nie net mense in Suid-Afrika bewus te maak van hul projek nie, maar ook om inklusiewe onderwys te promoveer. Die I’mPossible-trust wil graag geld insamel sodat die skool fasiliteerders kan aanstel vir fisies gestremde leerders by die skool. Dis tog die beste vir leerders om in ‘n hoofstroom skool te wees, waar hulle 100% deel kan vorm van alle skoolaktiwiteite.     Die projek is deur ‘n leerder geïnspireer wat ten spyte van sy gestremdheid ten volle betrokke geraak het in die skool. Skole kan ‘n groot verskil in die gemeenskap maak. Watter gemeenskapsaksie...

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

  Ek het nou al baie TED-praatjies gekyk en moet sê dat hierdie een ‘n groot impak op my gemaak het. In Suid-Afrika het ons soveel gebroke skole, maar wat kan ons daaromtrent doen? Op Linda Cliatt-Wayman se eerste dag as skoolhoof by ‘n gebroke hoërskool in Noord-Philadelphia, was sy vasbeslote om haar reëls neer te lê. Maar sy het gou besef haar werk was meer kompleks as wat sy gedink het. Met tasbare passie deel sy die drie beginsels wat haar gehelp het om drie “lae-presterende en gevaarlike” skole reg te ruk. Haar onverskrokke vasberadenheid om te lei – en om die studente lief te hê, maak nie saak wat nie, is ‘n model vir leiers op alle terreine.     Vanaf TED.com Onlangse artikels: Ontspan: Kleur in! Digitale Media in die Afrikaansklas...

Ontspan: Kleur jou siel in

  Dis nog die begin van die kwartaal, maar ons almal weet hoe lank en besig die derde kwartaal eintlik is. Volwasse inkleurboeke het die wêreld omtrent oorgeneem en ons dink dis uitstekend vir onnies om ‘n bietjie ‘ek-tyd’ in hul besige skedules in te werk. Wat maak inkleur so lekker? Verskeie bronne dui aan dat inkleur terapeuties is, nie regtig omdat dit een of ander wonderlike effek op jou liggaam het nie, maar omdat dit vir jou daardie iets gee om jou aandag af te trek en jou te laat ontspan. Terwyl jy inkleur dink sommige mense selfs aan werk, dis eintlik seker maar net soos om ‘n kleurvolle stort vir ‘n uur lank te neem waar jy jou kop agter mekaar kan kry. Dit leer ook jou brein om te fokus op een ding. By die skool hardloop jy rond soos ‘n mal ding, kry skaars kans om badkamer...

3 video’s wat jou leerders met kreatiewe skryfwerk kan help

Het jy ‘n bietjie ekstra inligting nodig om jou leerders te leer hoe om te skryf? Of het jy dalk inspirasie nodig wat jou kan help om hulle te lei? Kyk hierdie video’s oor kreatiewe skryf en jy sal vir seker anders daaroor dink! Hierdie video’s kom alles van die TedEd-webstuiste af, waar jy honderde gratis lesse oor omtrent enigiets kan opspoor.   Hoe om komedie te skryf:   Hoe om beskrywend te skryf:   Hoe om ‘n fiktiewe wêreld te skep:     Onlangse Artikels: Uitstekende hulpmiddels deur Depicta Onderwysposte Opvoedkundige Hip-Hop Hulpmiddels op Teacha!

Plakkate, plakkers en meer!

Dankie tog die eerste kwartaal is verby. Ek dink ons almal voel asof dit te veel, te vinnig was! Voordat die eksamen-stres van die tweede kwartaal inskop, kan ons eers op ander goed fokus, soos om seker te maak dat ons die beste hulpmiddels vir ons klasse het. Hier is ‘n paar goedjies van die opvoedkundige uitgewers, Depicta, wat jou onnie-lewe in die tweede kwartaal kan verbeter: Plakkers, plakkers, plakkers! Selfs my graadneges hou van plakkers. Ek kan nie glo wat ‘n groot verskil ‘n klein plakkertjie in ‘n kind se lewe maak nie! Dit motiveer leerders om beter te doen en mens kan nooit te veel erkenning en motivering aan leerders gee nie. Hier is ‘n paar van my gunstelinge:     Afrika-tale Noudat derde tale in ons skole ingebring word, kry ‘n mens nêrens hulpmiddels vir Afrika-...

Moenie moed opgee nie!

Onnies raak soms so moedeloos met onderwys. Wanneer jy daardie aaklige dag gehad het, dink aan die volgende goed om jou dalk beter te laat voel.

Onnies gee raad vir beginner-onnies

Ons het onnies gevra om nuwe onnies te help. Hier is raad van elf gesoute onnies! Sterkte met die nuwe jaar!

Spaar met Onnies Online en Depicta Hulpmiddels!

Depicta bied nou afslag aan Onnies Online lesers en ondersteuners!

Idees vir hersiening

    Die eindeksamen is amper hier. Ons verwag van leerders om somtyds ‘n volledige jaar se werk te onthou in ‘n toetsie wat minder as 100 punte tel. So, wat kan ons doen om ons leerders te help met voorbereiding in die laaste paar dae? Hier is ‘n paar idees!   Leer jou leerders hoe om te leer Toe ek nog op skool was (en dis nie sό lank terug nie), het niemand my ooit geleer hoe om te leer nie. Ek het soos ‘n mal papegaai alles probeer opsê en onthou, kom die eksamen dan vergeet ek alles! Maak seker dat leerders weet dat die manier van leer vir verskillende vakke anders is. In sekere vakke moet ‘n mens papegaai-leer. In ander vakke moet ‘n mens oefen. Stuur jou leerders na hierdie handige artikels op Hoezit om hul met voorbereiding te help: Skakel jou brein aan! (Breinkaarte) Boba...