lag saam

Hoe om jouself tydens eksamentoesig besig te hou

  Een ding wat alle onderwysers haat is definitief om toesig te hou gedurende eksamens! Dis seker die verveligste ding ooit en dis só ‘n mors van tyd!   Vir die verdwaalde ouer wat hulself op die verkeerde blog bevind, dís gewoonlik wat die reëls gedurende eksamentyd is:   Jou selfoon moet af wees. Of jy mag glad nie daarna kyk nie. Jy mag nie eet nie. Jy mag nie ‘n boek lees, na jou iPad kyk of enigiets doen behalwe om “aktief toesig te hou” nie. Jy mag nie praat of gesels met iemand wat in die kamer is nie. Jy kan nie badkamer toe gaan nie – KNYP, suster! Jy moet soms die tyd op die bord skryf om te sê hoeveel tyd nog oor is, want blykbaar weet hoërskoolleerlinge nog steeds nie hoe om tyd uit te werk nie. En dan sommer baie ander simpel goed waaraan ek eerder nie nou...

6 memes wat net onnies sal verstaan!

  Een ding wat ons almal in gemeen het, is om nou en dan terug te staan en te lag oor die dinge wat daagliks in ons klasse en by die skool aangaan. Hierdie goed is vir ons verskriklik snaaks, maar wanneer ‘n mens dit dalk aan jou nie-onnie-vriende verduidelik, kyk hulle jou sommer so aan terwyl jy soos ‘n besete lag. Ons almal ken daai onnie wat buite die klas staan en hul vingers snap. Dis die eerste woorde wat my EAT-leerders geleer het: “Kom, kom, kom!” Mense verstaan nie die trauma wat ons moet deurmaak by winkelsentrums nie. Maak nie saak waar jy hierdie kind skuif nie, dis altyd skaakmat. Sekere mense bring tyd in die verkeer deur, ons… Fluister tel as praat. Punt. Stop. Klaar.  Daardie “lang vakansies” wat ons kry is om seker te maak on...