nuus

Komprehensiewe Seksualiteitsopvoeding (CSE) Wat staan skole te doen?

 Die SAOU het in die afgelope week ʼn ondubbelsinnige standpunt rondom die beplande implementering van die CSE metodologie ingeneem. Die Departement van Basiese Onderwys het op die eise van die SAOU gereageer en in die media aangekondig dat die SAOU se standpunt en die siening van ouers en ander rolspelers in ag geneem moet word. Die DBO het aangekondig dat daar ʼn keuse ten opsigte van leermateriaal en leerinhoud, sowel as implementering sou kon wees. Die projek word tans as ʼn loodsprojek hanteer, maar hierdie standpunt moet egter steeds krities bejeën word, met die oog op die moontlikheid van gedwonge gebruik van een stel leermateriaal.  Die standpunt van die SAOU is dat die SAOU:  1. Ouderdomsgepaste seksualiteitsopvoeding ondersteun soos in die huidige LO kurrikulum vanaf ...

Maniere hoe tegnologie leerders met disleksie en ander leerprobleme kan bevoordeel

Leerprobleme is nie net iets wat leerders benadeel nie, maar dit is ook ‘n groot uitdaging vir onderwysers wat hierdie leerders die beste kans op ‘n suksesvolle toekoms wil gee. Nadat leerders gediagnoseer word met ‘n leerprobleem, is dit altyd ‘n moeilike besluit vir ouers om hulle kind te los in die hoofstroomskool of te skuif na ‘n skool waar die leerder individuele aandag en hulp kan kry. Die realiteit is dat sulke skole baie duur kan wees en dat gerieflikheid, die leerder se emsionele toestand, die graad van die toestand en die beskikbaarheid van skole in die omgewing alles kan bydra dat leerders in ons oorvol klasse sit waar ons nie altyd die regte vaardighede het om hierdie leerders by te staan nie.  Gelukkig kan tegnologie tot ons redding kom. Al het jou skool nie tablette vir...

Hoe kan ons ‘n liefde vir lees kweek en ter selfde tyd geletterdheidsstandaarde verhoog?

As ‘n voormalige Engels-huistaalonderwyser in graad 4 – 6, weet ek ‘n ding of twee oor hoe Engels beskou word in klasse waar die meerderheid leerders nie Engels as hul huistaal praat nie – ‘n norm in Suid-Afrika. Dit kan dikwels ‘n stryd wees om leerders te oorreed om te lees vir plesier (dis nou as jy tyd daarvoor kry gedurende die dag!). Dis elke onderwyser se stryd om kinders te kry om te lees. Om ‘n liefde vir lees te kweek, moet die volgende eers in plek gesit word. Dit help natuurlik dan om lees en begrip te verbeter: Toegang Vermoë Geduld  TOEGANG TOT BOEKE Die meerderheid van Suid-Afrikaanse skole het nie die voorreg van ‘n skoolbiblioteek nie. Selfs ‘n biblioteek in die dorp is dalk te ver. Hoe kry ons leerders dan toegang tot leesstof?  Toe ek begin skoolhou het, het ...

Hoe ek (in matigheid) tegnologie in my Afrikaans EAT-klas gebruik

Ek was nog altyd mal daaroor om tegnologie in my klas te gebruik, maar deesdae is ek bietjie meer huiwerig. Omdat ek so min tyd in ‘n week het, gebruik ek dit minder (lees meer hier oor hoe my klas nou verloop) en beplan dit baie meer deeglik. Op die oomblik gebruik ek tegnologie op 3 maniere Vir inoefening en (deesdae ‘n vloekwoord) driloefeninge Motivering (om klaspunte te gee) en pret Om almal se stemme te kan hoor Kom ons begin by die vloekwoord, driloefeninge Die beweging van selfgedreweleer, dat die onderwyser meer ‘n fasiliteerder moet wees en dat ons hoërorde-denke moet ontwikkel en bevorder werk nie altyd so lekker in Afrikaans EAT nie. Ons kan nie verwag dat kinders (in Afrikaans) die wêreld se probleme moet oplos indien hulle nie eers weet hoe om ‘n koherente sin aanmekaar te sl...

My skuif na die laerskool en hoe ek nou Afrikaans EAT aanbied

Ek was so opgewonde toe ek hierdie jaar uiteindelik ‘n laerskoolpos gekry het. Ek hou nou al vir ses jaar lank skool en was nog altyd in hoërskole met ‘n fokus op graad 7 tot 9. Wanneer ‘n mens gewoond is daaraan om vir ouers kinders skool te gee, is dit nogal ‘n aanpassing om laerskool toe te skuif. Ek gee Afrikaans EAT vir graad 4 – 6 en het óók my eie graadvyfklassie vir wie ek sosiale- en natuurwetenskappe aanbied. Ek is baie gelukkig by die laerskool, maar moes baie vinnig my onderwysmetodes aanpas om beter klas te gee vir die kleintjies. Omdat ek ‘n Afrikaans EAT-onnie is, is daar ‘n paar uitdagings wat my in die gesig staar: By my skool het ons slegs 3 ure Afrikaans per week. Lesse is ‘n volle uur lank (help!) Die kinders leer baie min Afrikaans in die grondslagfase omdat die ...

Aangevulde realiteit (AR)

  Aangevulde realiteit (augmented reality of AR) is een van die nuwe golwe van tegnologie wat oor die laaste paar jaar aan die wêreldbevolking gelewer word. Maar wat is dit eintlik? En hoe kan dit gebruik word om onderrig en leer te bevorder? Aangevulde realiteit is ’n tegnologie wat beelde of inligting op video’s, foto’s of oogvlakbeelde (head-up displays of HUD’s) toevoeg. ’n Voorbeeld hiervan is die gewilde selfoonspeletjie Pokémon GO. Aangevulde realiteit het die gespreksonderwerp tuis en in die klaskamer geword toe tienderjariges en nie-so-tienderjariges versot geraak het op die Pokémon GO-speletjie. Soos met baie ander tegnologieë het dit in gewildheid toegeneem as gevolg van die vermaaklikheidsaspek daarvan, maar hoe kan hierdie soort tegnologie op die gebied van on...

Wenke om die sprong van hoërskool na laerskool te oorleef.

Na 6 jaar as ‘n hoërskoolonderwyseres het ek die groot skuif gemaak en ‘n graad 4 juffrou geword. Alhoewel my hart nog altyd na die kleiner kindertjies gehunker het, was dit ‘n groot skok en groot aanpassing. Hier is my top 10 wenke aan enige iemand wat graag hierdie skuif oorweeg: As jy enigsins jou persoonlike spasie geniet, raak ontslae van daardie gevoel.         Daag jouself uit en tel hoeveel drukkies jy in een dag kry. As dit te moelik is om deur een dag te kom, vat dit maar uur-vir-uur. Wees ook versigtig vir diè wat die vermoë het om te kleef soos ‘n neet. Baie kinders moet letterlik van jou afgetrek word en ‘n tweede volwassene sal dalk nodig wees om jou met hierdie takie te help.  Wees ook bewus van die feit dat jy nou ‘n permanente stertjie gegroei het....

ClassDojo: Effektiewe kommunikasie met ouers

Kommunikasie is ongelooflik belangrik tussen onderwysers en ouers, maar dit is ook ‘n baie moeilike proses om reg te kry. ‘n Mens moet probeer om ‘n balans tussen té veel en té min kommunikasie te kry, en, alhoewel dit baie belangrik is om ‘n proffessionele verhouding met ouers te handhaaf, is dit heerlik om oulike oomblikke met ouers te kan deel.  Dit is natuurlik moontlik om slegs per e-pos met ouers te kommunikeer en dit is heeltemal doenbaar in ‘n hoërskool, maar in die laerskool is die ouers ‘n bietjie meer betrokke en het meer leiding van onderwysers nodig. Dit vat ook tyd en moeite om al die ouers se e-posadresse te laai en om groepe te skep om boodskappe vir ‘n hele klas te stuur. Ek glo wel dat formele kommunikasie steeds deur die skool gestuur moet word aan ouers en indien dit ‘n...

Voordele van tegnologie in die klaskamer

In die 21ste eeu is dit moeilik om ons lewens sonder tegnologie voor te stel – oral waar jy gaan is almal op hul slimfone, tablette of skootrekenaars. Maar het hierdie toestelle ʼn plek in die klaskamer? Heelwat navorsing dui daarop dat die doeltreffende gebruik van tegnologie ’n belangrike hulpmiddel in onderrig kan wees. Die klem lê egter op die woord “doeltreffend”. As tegnologie deel vorm van die kurrikulum, en nie net as ‘n byvoeging beskou word nie, kan dit baie voordele vir jou as onderwyser en vir jou leerders inhou. Vergemaklik administrasie-take Bo en behalwe klasgee het onderwysers van vandag talle addisionele  verantwoordelikhede buite die klaskamer insluitend die beplanning en voorbereiding van lesse, nasien van take en toetse, en die inlees van punte. Tegnologie kan met ...

KLIEK: ‘n Vars manier om Afrikaans EAT aan te bied

Om Afrikaans as Eerste Addisionele Taal (EAT) aan te bied, kan nogal ‘n uitdaging wees. Leerders is oor die algemeen ongemotiveerd om betrokke te raak by die vak. Hulle word verveeld met die inhoud wat aangeleer word, aangesien die taalfokus jaar na jaar redelik herhalend kan wees. Daarbenewens het van se Generasie Z-leerders spesifieke verwagtinge oor hoe hulle graag wil leer. Generazie Z-leerders is ware digital natives en word gemotiveer deur tegnologie, kits-terugvoering, pret, boeiende aktiwiteite en belonings vir vordering. Hulle wil ook graag die navigators van hul leer wees en met inhoud omgaan op ‘n manier waarop hulle gemaklik is. Op baie maniere het hierdie generasie self ontwrigters van tradisionele onderwys geword en ‘n mens moet weet hoe hulle verkies om te leer om die ...

Hoekom Studiegidse ‘n Goeie Idee is

Voorbereiding vir ‘n eksamen kan ‘n groot bekommernis vir leerders wees. Hulle mag dalk oorweldig word deur die hoeveelheid inligting wat hulle moet inneem en verstaan ​​voor die toets. Dit is veral waar as dit ‘n jaareindeksamen oor ‘n paar onderwerpe is. Om leerders met studiegidse te voorsien, sal hulle help om die belangrikste inligting wat waarskynlik op ‘n toets verskyn, te identifiseer en te verseker dat almal dieselfde inligting het. Een tipe studiegids is een wat net ‘n afbakening is oor die belangrikste onderwerpe wat getoets gaan word. Jy kan ook vrae stel oor die materiaal wat leerders kan beantwoord. ‘n Ander soort studiegids is ‘n oorsig van die belangrikste inligting, en dit kan spasies daarin hê waar leerders self die inligting moet invul...

Idees om woordeskat te bou

Ek glo die meeste onderwysers sal met my saamstem dat woordeskat een van die grootste uitdagings in die Eerste Addisionele Taal klasse is, maar dat dit nie net beperk word tot tweede- en derde tale nie – ons huistaalleerders se woordeskat is ook beperk. Dit is ook ongelukkig een van die moeiliker probleme om aan te spreek, omdat dit nie net iets is wat gaan verbeter deur lyste woorde te leer nie. Leerders moet ongelukkig op hul eie ook aan woordeskat werk. Die vraag is egter hoe ‘n mens woordeskat kan verbeter? Hier is ‘n paar idees. Lees Dit is amper vanselfsprekend dat lees een van die beste maniere is om woordeskat te verbeter. Wat ‘n mens nie moet vergeet nie, is dat dit nie gaan help om bloot ‘n bladsy te lees en dan aan te gaan met jou lewe nie. Dit is belangrik dat leerders le...

  • 1
  • 2
  • 8