nuus

SACE-punte: Kreatiewe maniere om PO-punte in jou skool bymekaar te maak

Jy hoef nie duur kursusse by te woon om PO-punte te verdien nie. Maak 'n plan, saam, as 'n skool en leer van mekaar!

Beheerliggame ’n sleutelaspek in moedertaalonderrig, sê FEDSAS

Die voordele van ’n veeltalige samelewing is welbekend. Navorsing bewys dat die vermoë om meer as een taal te kan praat, sosiale en persoonlike sowel as akademiese en professionele waarde het. Met die viering van Wêreldmoedertaaldag op 21 Februarie, fokus die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) vanjaar op veeltalige onderrig. “Met veeltalige onderrig bedoel ons dat kinders die reg het om te kan kies in watter taal hulle onderrig ontvang. Politieke druk laat ons soms vergeet van die feit dat die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel veeltaligheid as grondslag het – daar is reeds skole in al elf amptelike landstale beskikbaar,” sê dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van FEDSAS. Deacon sê die uitdaging is nie soseer die beskikbaarheid van moedertaalonderrig nie, maar wel die besk...

5 Maniere om QR-kodes in die klas te gebruik

  QR-kodes is nou al ou tegnologie en party onderwysers meen dat die tyd vir QR-kodes al gekom en gegaan het. Maar, daar is baie skole en onnies wat graag met tegnologie in die klaskamer wil eksperimenteer en hierdie is ‘n vinnige en maklike beginpunt wat ook nie baie tyd in die klaskamer sal mors nie, want min kan verkeerd gaan. Hier is ‘n paar idees om QR-kodes in die klaskamer te implementeer. 1. Maak interaktiewe werkkaarte Huiswerk kan soveel makliker gemaak word indien daar op die werkkaart ‘n skakel of QR-kode is wat skakel na ‘n video of webtuiste wat die werk aan leerders kan verduidelik. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is Paper Video, wat vraestel-boeke vir leerders saamgestel het met ‘n video-oplossing vir elke vraag. Jy kan dit ook doen. Maak ‘n werkkaart van 5 vragies en maak ...

Toetse en vraestelle vir verskeie vakke

Hier is 'n lys van 'n paar vraestelle wat beskikbaar is op TEACHA! - ons het ook 'n winkel op Teacha! maar het nie enige vraestelle in ons winkel nie. Die lys sal opgedateer word elke nou en dan. Hoop dit help om dit op te spoor! Kyk onder vir die 20 nuuste vraestelle wat opgelaai is! NOG 'N PAAR VRAESTELLE:  AFRIKAANS HUISTAAL / EAT Afrikaans Graad 3 Begripstoets en Kreatiewe Skryf, Werkkaart 1 Afrikaans Gr.3 Begripstoets en Kreatiewe Skryf, Werkkaart 2 Afrikaans Gr.3 Begripstoets, Werkkaart 3 Afrikaans Gr.3 Begripstoets en Kreatieweskryf, Werkkaart 4 Afrikaans Graad 4, 5 en 6 Vraestelle Graad 4 Basislyn 2016 Afrikaans EAT Hersieningsoefening Senior Fase WISKUNDE Getalkombinasies Spoedtoetse Graad 4 Wiskunde Toets – Kwartaal 1+ MEMORANDUM GRAAD 7 Junie Wiskunde EKSAMEN – PDF (Non Edit) Wi...

Jy sal nie glo hoe mooi hierdie onnies se klasse lyk nie

Hierdie onnies het almal ure spandeer om hulle klasse reg te kry vir die nuwe skooljaar. Baie onnies gebruik hul eie geld en sommer baie ekstra tyd om hul klasse so mooi in te rig. Ons is seker die leerders gaan baie lekker in hierdie klasse leer! Dis ‘n inspirasie vir ons almal! Welgedaan, onnies! Carla Grobbelaar se Cat in the Hat klas Super Kidz Academy in Equestria se oulike klassies Carol Venter se matroosklassie!   Nell-Mari Basson van Pretoria se Graad 1 klaskamer. Sy en haar seun Thomas Basson van Tom se swartbord se handewerk. William Gadney se graadsesklas! Baie dankie aan al die onnies wat hul foto’s met ons gedeel het! Indien julle ook foto’s het om te deel, stuur dit gerus aan na admin@onniesonline.co.za en ons laai dit dalk op! Lees verder: Afrikaanse h...

4 Apps wat jou met klaskamerbestuur en dissipline kan help

1. ClassDojo, perfek vir die laerskool! ClassDojo is ‘n kommunikasie app vir die klaskamer. Dit verbind onderwysers, ouers en leerders wat dit gebruik om foto’s, video’s en boodskappe gedurende die skooldag te deel. Hulle gebruik ClassDojo om saam te werk as ‘n span, te deel in die klaskamerervaring, en bring groot idees tot werklikheid in hul klaskamers en huise. Nakita Klopper, van die WackyNix-winkel op TEACHA!, het die volgende te sê oor ClassDojo: “Ek gebruik ClassDojo om dissipline in die klas te handhaaf. Kinders kry punte vir verskeie dinge bv. Begin met klaswerk, netheid, goeie maniere en huiswerk. Die app is op my foon gelaai so ek kan enige plek of tyd die punte vir hulle gee. Kinders gebruik dan die punte om ‘n beloning te kry. Bv. ekstra 10 minute pouse...

10 klaskamer-idees vir onnies met ouer kinders

Hierdie klaskamer idees is definitief nie net vir onnies met jong leerders nie!

Wenke vir jou volgende onderhoud

Is jy onlangs ingeroep vir ‘n onderhoud? Nie seker wat om te verwag nie? Nie almal van ons is goed daarmee om op ons tone te dink wanneer daar ‘n paneel is wat besig is om vir jou punte te gee nie; daarom het ons vir die Onnies Online-gemeenskap gevra om vir hul mede-onnies raad te gee. Onnies het op die Onnies Online Facebookblad die volgende raad gegee asook ‘n paar vrae wat moontlik gevra kan word:   Doen bietjie navorsing oor die skool waar jy aansoek doen dat jy oor die noodsaaklikse inligting beskik. Lees bietjie na oor gedragskodes, skoolbeleide, verantwoordelikhede van leerders, opvoeders, beheerliggame, werkgewer en dink goed voordat jy veral persoonlike vrae antwoord. Gee net genoeg inligting om die vraag te beantwoord en wees begeesterd oor al jou ko-kurrikulere vermoëns. H...

5 redes waarom ‘n skool ‘n webtuiste moet hê

In ‘n onlangse studie het 45% van internetgebruikers in Suid-Afrika aangedui dat hulle gedurende die laaste 30 dae die internet gebruik het om inligting oor ‘n diens of produk te soek. Met 28.66 miljoen internetgebruikers in Suid-Afrika, funksioneer jou skool werklik in die donker eeue as hulle nog nog nie ‘n webtuiste het nie. Veral omdat daar ‘n nuwe generasie van “digital natives” as ouers is, wat inligting onmiddellik wil verkry. Hier is ‘n paar redes waarom ‘n skoolwebtuiste so belangrik is: 1. Inligting is altyd beskikbaar Daar is soveel papierwerk betrokke in enige skool. Wanneer jou skool ‘n webtuiste het, is al hierdie inligting op een plek beskikbaar. Indien iemand vinnig wil sien hoe hulle die skool kan kontak, wie die skoolhoof is of wie op die beheerliggaam dien, kan hulle som...

Xhosa en Setswana video’s vir derdetaalleerders

Baie skole moet deesdae ‘n derde taal aanbied. Die hulpmiddels is ook maar aan die skraal kant vir ons Afrika-tale. Ek het hierdie playlist op YouTube gemaak om al die Xhosa-video’s wat ek kon kry bymekaar te sit. Daar is ook ‘n paar in Setswana.

EduWeek kom Kaap toe!

  Die 11de EduWeek-byeenkoms het in Julie vanjaar by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand, Johannesburg plaasgevind. Hierdie jaar se gebeurtenis is as die enigste omvattende onderrig-gefokusde-gebeurtenis in Afrika, suid van die Sahara aangepak. Dit het weer die volle ekosisteem van opvoedkundige oplossings bymekaargebring en 3700+ belanghebbendes wat die geleentheid bygewoon het, die geleentheid gebied om meer as 160 opvoedkundige verskaffers se produkte en oplossings te vergelyk en te sien, wat hulle help om ingeligte aankoopbesluite te neem. EduWeek het weer eens sy belofte nagekom om die mees omvattende onderrig-gefokusde-gebeurtenis op die vasteland te lewer, met meer as 50 uur se relevante en inspirerende inhoud wat deur meer as 90 gerespekteerde en invloedryke internasio...

Wiskundelesse / video’s op YouTube vir graad 4 – 7

  Hierdie video’s is baie handig vir hersiening of vir leerders wat ekstra hulp benodig. Onthou om ‘n video te speel van ‘n onnie wat praat en verduidelik kan jou as onderwyser nie vervang nie. Hierdie video’s behoort slegs ‘n kort deel van jou les te gebruik of vir vasleggingsdoeleindes. Dalk kan jy ook jou klas “flip” en jou leerders kan eerste die video kyk by die huis voordat jy met jou les begin. Die video’s is alles in playlists gesit op YouTube, kyk gerus op ons YouTube-kanaal vir meer opvoedkundige video’s. As ons iets gemis het, laat weet ons, dan voeg ons dit by. Klik links bo van elke video-blokkie om die volledige lys van video’s te sien. Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 Lees verder: 10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor) Adverteer onderwyspos...