nuus

Xhosa en Setswana video’s vir derdetaalleerders

Baie skole moet deesdae ‘n derde taal aanbied. Die hulpmiddels is ook maar aan die skraal kant vir ons Afrika-tale. Ek het hierdie playlist op YouTube gemaak om al die Xhosa-video’s wat ek kon kry bymekaar te sit. Daar is ook ‘n paar in Setswana.

EduWeek kom Kaap toe!

  Die 11de EduWeek-byeenkoms het in Julie vanjaar by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand, Johannesburg plaasgevind. Hierdie jaar se gebeurtenis is as die enigste omvattende onderrig-gefokusde-gebeurtenis in Afrika, suid van die Sahara aangepak. Dit het weer die volle ekosisteem van opvoedkundige oplossings bymekaargebring en 3700+ belanghebbendes wat die geleentheid bygewoon het, die geleentheid gebied om meer as 160 opvoedkundige verskaffers se produkte en oplossings te vergelyk en te sien, wat hulle help om ingeligte aankoopbesluite te neem. EduWeek het weer eens sy belofte nagekom om die mees omvattende onderrig-gefokusde-gebeurtenis op die vasteland te lewer, met meer as 50 uur se relevante en inspirerende inhoud wat deur meer as 90 gerespekteerde en invloedryke internasio...

Wiskundelesse / video’s op YouTube vir graad 4 – 7

  Hierdie video’s is baie handig vir hersiening of vir leerders wat ekstra hulp benodig. Onthou om ‘n video te speel van ‘n onnie wat praat en verduidelik kan jou as onderwyser nie vervang nie. Hierdie video’s behoort slegs ‘n kort deel van jou les te gebruik of vir vasleggingsdoeleindes. Dalk kan jy ook jou klas “flip” en jou leerders kan eerste die video kyk by die huis voordat jy met jou les begin. Die video’s is alles in playlists gesit op YouTube, kyk gerus op ons YouTube-kanaal vir meer opvoedkundige video’s. As ons iets gemis het, laat weet ons, dan voeg ons dit by. Klik links bo van elke video-blokkie om die volledige lys van video’s te sien. Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 Lees verder: 10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor) Adverteer onderwyspos...

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

  Hierdie week deel ons weer ‘n artikel wat deur Neill Jarret van EDTECH4BEGINNERS geskryf is. Neill is ‘n klasonderwyser in Sjina en sy blog help duisende onnies met idees vir tegnologie in die klaskamer. Dankie, Neill dat ons dit mag deel! Dr Spencer Kagan is ‘n bekende opvoeder wat die manier waarop die wêreld onderrig het, verander het. Hy is hoofsaaklik bekend vir sy werk oor koöperatiewe leerstrategieë (dikwels word dit na verwys as Kagan-leerstrukture).   In plaas van didaktiese onderrig, waarin ‘n onderwyser voor ‘n klas staan en inligting aan die klas vertel, het Kagan gedink dat daar meer effektiewe metodes was.   Kyk na hierdie uitstekende video, vir ‘n nuttige oorsig van die Kagan-benadering:       Deur die aanneming van Kagan se ...

Alles wat fout is met ons skole in een video

  Finland het die wêreld se beste skole. Ja, die land het ‘n hele ander konteks as ons s’n, maar die manier waarop hierdie sisteem in plek gesit is, verseker dat die leerder altyd nommer een is.   ‘n Paar feite oor die Finse-skoolsisteem: Kinders kry nie huiswerk nie, as hulle doen, is dit net ‘n paar minute. Daar is net een gestandardiseerde toets, wanneer leerders 16 jaar oud is. Differensiëring vind in die klaskamer plaas – daar is nie streaming nie. Elke skool word gesien as ‘n goeie skool. Skole word nie vergelyk nie. Gronslagfaseleerders kry om en by 75 minute se pouse elke dag. Onderwysers moet meestersgrade hê.   Kyk hierdie video, dit laat mens regtig dink oor wat ons verkeerd doen! Dit voel dan of ons PRESIES die teenoorgestelde doen?     Voel dit n...

Laat leerders leer deur vasvrae te ontwerp in plaas daarvan dat hul dit beantwoord!

QuizPedia is ‘n prettige EdTech-hulpmiddel wat in die laerskool (en hoër grade) gebruik kan word. En dis gratis om te gebruik!

Quizlet: Aanlyn-flitskaarte vir onnies en leerders

  Wanneer ook al ek ‘n sessie aanbied oor Tegnologie in die Klaskamer, is hierdie tool een van my nommer 1’s. As ‘n EAT-onnie, moet ons baie keer woordeskat en lyste van woorde in kinders se koppe kry, maar ai, ‘n lys woorde wat mens moet memoriseer kan tog so vervelig wees. En boonop is dit ook nie beste manier van leer nie. Herhaling is egter iets wat belangrik is wanneer ‘n mens ‘n taal aanleer, en dis gewoonlik waarvoor ek Quizlet gebruik. Quizlet het twee opsies. Die normale memoriserings-opsie, en dan ook ‘n speletjie-opsie, Quizlet LIVE, waar leerders in groepies saamwerk om korrekte vrae en antwoorde bymekaar te kry. Quizlet kan in jou klas deur jou dataprojektor op die bord gewys word, of as jy ‘n IWB het, kan leerders ook op die skerm druk en memoriseringspeletjies speel. Vi...

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

  As daar nou een ding is wat ons NIE op universiteit leer nie, is dit praktiese maniere om moeilike (selfs normale) klaskamers te hanteer en te beheer. Toe ek begin skoolhou het, het ek ‘n aaklige klas van 46 graadtiens gehad, wat net glad nie geluister het nie. Baie was deurgesit en boonop het ¾ van hulle my vak, Afrikaans EAT, gehaat. So, wat toe? Wel, ek het nie oplossings gehad nie en het maar gesukkel en vinnig van skool verander. Ek wens net ek het meer geweet oor klaskamerbestuur toe ek begin het! Hier is vyf wenke wat vir my werk. Ek is nou by ‘n seunskool, waar die dissipline nie te goed is nie en dit gaan maar moeilik. Die eerste raad wat jy kry, werk nie altyd nie, maar dan moet jy maar net aanhou soek en iets anders probeer. Moet ook nie dink dat jou moeilike klas oornag ...

Adverteer onderwysposte deur Onnies Online op RSA Teaching Jobs

  Jou skool se onderwyspos kan deur meer as 50 000 onderwysers gesien word! Dit is deesdae ‘n duur storie om onderwysposte in koerante te adverteer. Die sirkulasie van hierdie koerante is groot, maar hoeveel van die lesers is eintlik onnies? RSA Teaching Jobs is ‘n webtuiste wat gemik is op onderwysers en om op RSA Teaching Jobs te adverteer is jou beste opsie. Hoekom RSA Teaching Jobs? Onnies kry weekliks ‘n e-pos van nuwe poste wat op die webtuiste gelaai word. Ons Facebookbladsye het altesaam meer as 42 000 aanhangers (likes), dan is daar nog ons nuusbriewe en Twitter! Die webtuiste is deur meer as 6 000 onnies in die eerste maand besoek. Onnies Online is nou al meer as 4 jaar oud. Onnies ken en vertrou ons! Onnie Media het vir die afgelope jaar ‘n gratis platform geskep om o...

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

  As daar een ding is wat ons almal as onnies weet, is dat ons werk regtig nie maklik is nie. Somtyds voel dit of alles wat ons doen, die ure wat ons inploeg en al die moeite wat ons doen glad nie ‘n verskil maak nie. Maar dis nie waar nie. Hierdie onnies in die video hier onder was gevra om oor al die struikelblokke in hul daaglikse lewe as onnies te praat. Een onnie sê selfs sy bring meer tyd saam met haar leerders deur (wat sy haar kinders noem – soos ons almal maar doen) as wat sy saam met haar eie gesin deurbring. ‘n Ander sê weer hoe die perfeksionis in hom dit persoonlik opneem wanneer sy leerders nie goed vaar nie. ‘n Oomblik later, gebeur iets fantasties. Kyk die video en maak seker jy het ‘n paar sneesdoekies byderhand. Ek het dit vir seker nodi...

Hulp vir die vierde kwartaal!

  Die vierde kwartaal is ‘n kort enetjie. Dis stresvol, met min skooldae en ‘n eksamen wat oor die kinders se koppe hang (wat hul effens mal, maar somtyds darem meer gefokus maak). Hier is ‘n paar skakels wat jou gedurende hierdie kwartaal kan help. Indien jy ander voorstelle het, lewer asb. onder aan die post kommentaar. STERKTE!   Vraestelle! Lees hierdie inskrywing oor vraestelle op die internet, asook hierdie een en hierdie een.   Idees vir die laaste saalbyeenkoms Hierdie bloginskrywing sê dat onnie-toekennings ‘n goeie idee is. Wat van ‘n oulike video? Kyk na ‘n paar hier.   Hierdie twee onnies in die VK het heeltemal te veel pret gehad. Indien julle so iets doen, maak seker dat julle die video vir ons stuur!   Rapportkommentaar Lees weer hi...

I’mPossible – Die video waarvan almal praat

  Ons doen baie keer fondsinsamelings vir ons skole, en verwag dan baie keer vir leerders om lootjies te verkoop of borge te kry. Maar die Hoërskool DF Malan in Bellville, Kaapstad het die krag van sosiale media gebruik om nie net mense in Suid-Afrika bewus te maak van hul projek nie, maar ook om inklusiewe onderwys te promoveer. Die I’mPossible-trust wil graag geld insamel sodat die skool fasiliteerders kan aanstel vir fisies gestremde leerders by die skool. Dis tog die beste vir leerders om in ‘n hoofstroom skool te wees, waar hulle 100% deel kan vorm van alle skoolaktiwiteite.     Die projek is deur ‘n leerder geïnspireer wat ten spyte van sy gestremdheid ten volle betrokke geraak het in die skool. Skole kan ‘n groot verskil in die gemeenskap maak. Watter gemeenskapsaksie...