nuus

Ontspan: Art of the Brick in Johannesburg

  Onnies, hier’s nou vir jou ‘n ding! Kontemporêre kuns – wat is dit? En hoe verduidelik ek dit aan my klas? Soos ons almal weet is dit altyd makliker om met behulp van ‘n voorbeeld moeilike konsepte aan kinders te verduidelik. Die unieke Art of the Brick-uitstalling bied beide onnies en ouers die unieke geleentheid om hul leerlinge en kinders aan kontemporêre kuns bloot te stel. Kontemporêre kuns is enige kuns wat in die huidige tydperk geproduseer word. In omgangstaal, het die woord ‘modern’ en ‘kontemporêr’ sinonieme geword en daarom word daar ook soms na kontemporêre kuns verwys as moderne kuns. Die Art of the Brick-uitstalling wat tans in Johannesburg by The Zone @ Rosebank te sien is, is die kreatiewe gewaarwordinge van bekende Amerikaanse kunstenaar Nathan Sawaya. Die exp...

Teaching Resources for South African teachers

In less than two months, Teacha – the online marketplace for South African teacher resources – has shown immense growth.

KLASKENADES

  Creativity in the teaching of Afrikaans as First Additional Language Die vakbond NAPTOSA bied ‘n professionele opleidingkursus van 6 sessies vir onderwysers van Afrikaans as Eerste Addisionele-taal (Gr 4-6) aan. Die fokus is kreatiwiteit en die skryf van gedigte. Die aanbieder is Dr. Estelle Kruger – ’n ervare spesialis in die onderrig van kreatiewe skryf en die ontwerp van innoverende leergeleenthede. Alhoewel die sessies aparte onderwerpe gaan behandel, sal daar voortdurend praktiese integrasie wees sodat die deelnemers die elemente en proses van kreatiwiteit beleef en verstaan. Telkens sal die skryf van maklike gedigte deel wees van die ervaringsleer. Onderwysers sal ook ’n bruikbare instrument gebruik om leerders toe te rus om portuurassessering te doen nadat hul eie gedigte ges...

Helping the new!

The New Teacher Induction Program was developed to help and assist all teachers, especially the first year teachers. We all went through that first day of terror when entering the school ground as the teacher instead of only a learner. In so many schools no induction programs are offered and these teachers either get depressed, demotivated or disheartened. The blog and Facebook group I developed helps the teachers with everything they need to know. I aim to answer all the questions I encountered with the new teachers I mentored at my school. You will find answers to: How much will my salary be? What should I have in a lesson plan? Why do teachers use all of these abbreviations and what do they means? What should I have in my file? How long will I wait for my salary? What is re-assessment? ...

Die beste plakkate vir die klaskamer!

  Ek het aan die begin van die kwartaal weer begin skoolhou nadat ek verledejaar na groener weivelde gesoek het. Toe ek hoor ek het ‘n week om weer terug te keer en dat ek net een  vak sou aanbied het ek skoon begin stres oor wat ek met al die leë mure in my klas gaan maak! Gelukkig het ek nog ‘n paar plakkate gehad wat ek gemaak het in die Desembervakansie voor ek begin skoolgee het. Ek het ook heelwat Depicta plakkate wat ons skool se Afrikaansdepartement aangekoop het en wat ek onlangs van hulle ontvang het. Ek is sommer baie trots op hoe my klaskamer nou lyk en die kinders is ook mal daaroor! Hierdie is definitief die beste plakkate vir die klaskamer. Depicta het by verre die beste verskeidenheid plakkate in Suid-Afrika. Die inligting wat op die plakkate is, is akkuraat en word ef...

Visuele aanbiedings van poësie

  Tegnologie in jou klaskamer kan ‘n reuse verskil maak. Deesdae is leerders omtrent net visueel ingestel omdat alles wat hul doen amper op ‘n skerm plaasvind. Dis tog nodig vir die onderwys om aan te beweeg en veral in ‘vervelige’ vakke soos tale kan ‘n mens voor in die tou staan! PowerPoints / Google Slides oor gedigte Op Onnies Online is daar heelwat gedigte wat elektronies ontleed is. Hierdie gedigte is meestal geskik vir Afrikaans Eerste Addisionele taal, maar jy kan ook hierdie PowerPoints / aanbiedinge verander om by jou les in te pas. Helde – Elizabeth Conradie Kleurblind – Carina Stander As die see net nie so sout was nie – Jaco Jacobs Skaatsplankryer – Petra Muller Inleiding tot Poësie Prezi’s oor gedigte Tiaan Lott...

Afrikaanse Video’s op YouTube

  Ons almal onthou ons gunsteling kinderstories wat ons gekyk het toe ons klein was. Nou is baie daarvan op die internet – verniet! Dit mag dalk nie vir ewig daar wees nie, maar dis beter as om orals te gaan soek vir die DVD’s (dis nou as dit beskikbaar is). Hier is ‘n paar van my gunstelinge wat ek sommer so nou en dan in die klas ook gebruik (veral Moemin!) Moemin   Brakenjan Aladdin Barney   Daar is nog vele meer! Soek net vir “Afrikaanse Stories” en jy sal ‘n magdom vind! Geniet dit!

Vier die 90ste verjaarsdag van Afrikaans met FAK Skole-Ekspo

  Die Afrikaanse Skole-Ekspo is elektroniese skole-kompetisie wat ’n hulpmiddel is om Afrikaanse onderwysers se las te verminder deur reeds uitgewerkte opdragte en evaluasieriglyne daar te stel; en boonop Afrikaans onder ons jeug te bevorder. Die kompetisie fokus veral op leerders se kreatiewe hantering van Afrikaans in verskillende kategorieë vanaf kortfilms, opstelle, gedigte, liedjies tot visuele kuns.   WAT IS DIE AFRIKAANSE SKOLE-EKSPO?   Dit is ’n opwindende elektroniese skole-kompetisie wat jaarliks vir leerders en onderwysers in Suid-Afrika en Namibië verskeie uitdagings bied.   Die Afrikaanse Skole-Ekspo fokus veral op leerders se kreatiewe hantering van Afrikaans. So word Afrikaans by die jeug op ’n kreatiewe en positiewe wyse bevorder.   WIE KAN DEELNEEM...

Leerders speel rol in indiensneming van onderwysers

Al ooit gehoor van ‘n onderhoudpaneel wat bestaan uit meer as net topbestuur van ‘n skool? Wel, hierdie idee klink dalk baie vreemd in Suid-Afrika, maar in die VSA is daar sommige skole wat leerders deel maak van die werwingsproeses van nuwe onderwysers. Hierdie leerders het dan ‘n sê in wie aangestel moet word. Vir sommige onderwysers, selfs diegene wat glo dat leerlinge bydraes moet lewer in die manier waarop skole bestuur word, is dit ‘n stap te ver. Leerderpanele is daarvan beskuldig dat hulle simpel (of ligsinnige) vrae vra. Party onderwysers glo dit is vernederend dat volwassenes deur kinders beoordeel word. Volgens Morrison, opvoedkundige skrywer, moet hierdie tipe panele ‘n belangrike rol speel in die indiensneming van onderwysers. Onderwysers moet imm...

Swanger kinders in laerskole?

Netwerk24 het berig dat na ‘n parlementêre vraag wat deur die DA gestel is, dit duidelik geword het dat meer as 20 000 skoolmeisies verlede jaar swanger geword het. Hierdie leerders is nie net in die hoërskool nie, maar selfs in die laerskool. Volgens die Demokratiese Alliansie (DA) werk die WKOD saam met ander departemente soos Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling om ondersteuning aan leerders te bied, maar dit gebeur nie in al die ander provinsies nie. Tienerswangerskappe is ‘n ernstige probleem in Suid-Afrika en moet konstruktief en ernstig aangespreek word. Die DA het ook gesê dat die DBE ‘n verantwoordelikheid teenoor die kinders van hierdie land het en dringend planne moet instel wat gemik is op die uitroeiing van swangerskap in skole. Kyk hierdie video om die st...

Maths teachers to be trained from April

The Department of Basic Education (DBE) says the implementation of the 1+4 teacher development plan, aimed at boosting performance in the senior phase, will go ahead.

Wat het van huisbesoeke geword?

As ‘n jong onderwyser (ek het nog net twee jaar ervaring) het ek baie lank terug van huisbesoeke gehoor. Toe ek klein was, het dit ook nie eintlik gebeur nie. Die skottelgoed moes altyd gewas gewees het want Dominee kon dalk ‘n draai kom maak, maar onderwysers? Ek onthou dat onderwysers baie betrokke was met my ouers (meestal in die kerk omdat ek van ‘n klein dorpie af kom), maar sover ek kan onthou was daar nog nooit ‘n juffrou in my huis nie. Toe ek vanoggend die meningsartikel in die Washington Post lees oor onnies wat betaal word om ouers te gaan sien en dat dit besig is om deel te raak van sekere skole se beleide, het dit begin duidelik raak hoekom dit ‘n verskil maak. Die artikel lig uit dat ouers eers skepties is oor hoekom onnies wil kom kuier – ...