raad

Voordele van tegnologie in die klaskamer

In die 21ste eeu is dit moeilik om ons lewens sonder tegnologie voor te stel – oral waar jy gaan is almal op hul slimfone, tablette of skootrekenaars. Maar het hierdie toestelle ʼn plek in die klaskamer? Heelwat navorsing dui daarop dat die doeltreffende gebruik van tegnologie ’n belangrike hulpmiddel in onderrig kan wees. Die klem lê egter op die woord “doeltreffend”. As tegnologie deel vorm van die kurrikulum, en nie net as ‘n byvoeging beskou word nie, kan dit baie voordele vir jou as onderwyser en vir jou leerders inhou. Vergemaklik administrasie-take Bo en behalwe klasgee het onderwysers van vandag talle addisionele  verantwoordelikhede buite die klaskamer insluitend die beplanning en voorbereiding van lesse, nasien van take en toetse, en die inlees van punte. Tegnologie kan met ...

Tablette in skole – die voordele en nadele

Een oomblik het ons gedink dat een tegnologiese toestel in elke leerder se sak ‘n bekommernis gaan wees, maar nou het leerders tablette en skootrekenaars ook. Tablette is nou so deel van ons opvoedingssisteem dat dit nie net in privaatskole gebruik word nie, maar baie publieke skole verskaf nou ook toestelle aan die leerders. Al die verskillende toestelle kan verseker ‘n kopseer in ons klaskamers veroorsaak, maar die voordele daaraan kan definitief nie misgekyk word nie. Hier is nou ‘n paar voordele en nadele van tablette in ons klaskamers. Voordele: Apps/ Toeps Daar is duisende toepassings wat jy kan gebruik om leer te bevorder. Julle kan saam na video’s kyk oor die tema wat bespreek word, take kan op ‘n interessante wyse aangebied word en ander toep-vervaardigers en onderwysers se idees ...

Idees om woordeskat te bou

Ek glo die meeste onderwysers sal met my saamstem dat woordeskat een van die grootste uitdagings in die Eerste Addisionele Taal klasse is, maar dat dit nie net beperk word tot tweede- en derde tale nie – ons huistaalleerders se woordeskat is ook beperk. Dit is ook ongelukkig een van die moeiliker probleme om aan te spreek, omdat dit nie net iets is wat gaan verbeter deur lyste woorde te leer nie. Leerders moet ongelukkig op hul eie ook aan woordeskat werk. Die vraag is egter hoe ‘n mens woordeskat kan verbeter? Hier is ‘n paar idees. Lees Dit is amper vanselfsprekend dat lees een van die beste maniere is om woordeskat te verbeter. Wat ‘n mens nie moet vergeet nie, is dat dit nie gaan help om bloot ‘n bladsy te lees en dan aan te gaan met jou lewe nie. Dit is belangrik dat leerders le...

10 Maniere om lees in jou skool te bevorder

Een van die groot probleme wat ons tans in Suid-Afrika ervaar, is die feit dat ons leerders sukkel om te lees. Lees is nie net ‘n eienskap wat leerders benodig om ‘n sukses van hul toekomstige loopbaan te maak nie, dit is ook ‘n vaardigheid wat hulle nodig het om sosiaal, intellektueel en emosioneel te ontwikkel.   Volgens Times Live kan 80% van Graad 4-leerders nie op die geskikte vlak lees nie. Volgens dieselfde bron is Suid-Afrika laaste geplaas in die Progress in International Reading Literacy Studie (PIRLS) wat amper 320 000 kinders wêreldwyd ingesluit het. Gaan lees gerus meer oor die bevindings van Times Live hier: https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2017-12-06-read-it-and-weep-sa-kids-struggle-with-literacy/   Lees is belangrik omdat dit leerders se kreatiwiteit...

Digitale etiket en waarom dit belangrik is om ons leerders hiervan te leer

Tegnologie vorm deel van ons daaglikse gewoontes en die meeste leerders hanteer hulle slimfone, tablette en skootrekenaars soos ‘n derde arm – hulle kan eenvoudig nie sonder dit wees nie. Alhoewel ons die gebruik van tegnologie in die klaskamer probeer bevorder, is dit nodig om ook daarop te let dat internet-maniere nie vir kinders natuurlik kom nie en hulle ook dikwels die gevare van die digitale wêreld maklik kan miskyk. Hoe gereeld vra ons die leerders om gou iets op die internet te soek of hulle navorsing vir ‘n taak daarop te doen? Toeganklinkheid in die digitale wêreld is nie altyd ‘n goeie ding nie. Dit is wel baie gerieflik om vir ‘n kind te vra om vinnig iets te Google en die uitstappies na die biblioteek vir navorsing is ook iets van die verlede, maar ongelukkig is daar kub...

Dinge om die eerste dag van ‘n nuwe kwartaal te doen

Die eerste dag van skool (in ‘n nuwe kwartaal) is darem nie so deurmekaar soos die eerste dag van skool van ‘n nuwe jaar nie, maar dis nie altyd moontlik om dadelik weg te spring met werk nie. Uit ervaring weet ek ook dat daar somtyds baie onverwagte dinge gebeur en dat jou periodes soms kortgeknip word. Hier is dalk ‘n paar goed wat jy kan doen (wat nie ‘n mors van tyd is nie.)   Gooi weg daardie “wat het jy in die vakansie gedoen” werkkaart/lesplan Jy kan beter. Nie almal kan weggaan in vakansies nie. En heel waarskynlik het kinders net voor die TV gesit en videospeletjies speel. Baie opwindend. Dink liewer aan “wat het ons in die laaste kwartaal gedoen” om die gevriesde geheues te ontdooi. Laat hulle ‘n breinkaart teken en neerskryf wat hulle onthou van ‘n spesifieke tema. Dis dalk...

Google for Education: ‘n Waardevolle hulpmiddel vir jou klaskamer

Dit maak nie saak op watter vlak, vak of ouderdom jy onderrig nie, Google kan jou lewe as onderwyser baie makliker maak. Dit dra nie net by tot effektiewe onderrig nie, maar hou al jou dokumente in een veilige plek en is altyd beskikbaar. Google kan vir jouself, jou leerders en selfs die ouers ‘n baie handige hulpbron wees om skool meer georganiseerd, prettig en opbouend te maak. Google for Education is ‘n afdeling van Google wat spesifiek vir onderwys ontwikkel is. Dit is (on)gelukkig ‘n realiteit dat ons leerders Tegnologies gevorderd is op ‘n vlak wat ons ore kan aansit. Dit is daarom belangrik om ons kinders te onderrig op ‘n vlak wat hulle verstaan, wat hulle interesseer en wat hulle gaan uitdaag. Google maak hierdie taak vir ons baie maklik. Die goeie nuus is dat Google op enige toes...

SACE-punte: Kreatiewe maniere om PO-punte in jou skool bymekaar te maak

Jy hoef nie duur kursusse by te woon om PO-punte te verdien nie. Maak 'n plan, saam, as 'n skool en leer van mekaar!

10 klaskamer-idees vir onnies met ouer kinders

Hierdie klaskamer idees is definitief nie net vir onnies met jong leerders nie!

Hoe om jouself tydens eksamentoesig besig te hou

  Een ding wat alle onderwysers haat is definitief om toesig te hou gedurende eksamens! Dis seker die verveligste ding ooit en dis só ‘n mors van tyd!   Vir die verdwaalde ouer wat hulself op die verkeerde blog bevind, dís gewoonlik wat die reëls gedurende eksamentyd is:   Jou selfoon moet af wees. Of jy mag glad nie daarna kyk nie. Jy mag nie eet nie. Jy mag nie ‘n boek lees, na jou iPad kyk of enigiets doen behalwe om “aktief toesig te hou” nie. Jy mag nie praat of gesels met iemand wat in die kamer is nie. Jy kan nie badkamer toe gaan nie – KNYP, suster! Jy moet soms die tyd op die bord skryf om te sê hoeveel tyd nog oor is, want blykbaar weet hoërskoolleerlinge nog steeds nie hoe om tyd uit te werk nie. En dan sommer baie ander simpel goed waaraan ek eerder nie nou...

Wenke vir jou volgende onderhoud

Is jy onlangs ingeroep vir ‘n onderhoud? Nie seker wat om te verwag nie? Nie almal van ons is goed daarmee om op ons tone te dink wanneer daar ‘n paneel is wat besig is om vir jou punte te gee nie; daarom het ons vir die Onnies Online-gemeenskap gevra om vir hul mede-onnies raad te gee. Onnies het op die Onnies Online Facebookblad die volgende raad gegee asook ‘n paar vrae wat moontlik gevra kan word:   Doen bietjie navorsing oor die skool waar jy aansoek doen dat jy oor die noodsaaklikse inligting beskik. Lees bietjie na oor gedragskodes, skoolbeleide, verantwoordelikhede van leerders, opvoeders, beheerliggame, werkgewer en dink goed voordat jy veral persoonlike vrae antwoord. Gee net genoeg inligting om die vraag te beantwoord en wees begeesterd oor al jou ko-kurrikulere vermoëns. H...