raad

Wenke vir jou volgende onderhoud

Is jy onlangs ingeroep vir ‘n onderhoud? Nie seker wat om te verwag nie? Nie almal van ons is goed daarmee om op ons tone te dink wanneer daar ‘n paneel is wat besig is om vir jou punte te gee nie; daarom het ons vir die Onnies Online-gemeenskap gevra om vir hul mede-onnies raad te gee. Onnies het op die Onnies Online Facebookblad die volgende raad gegee asook ‘n paar vrae wat moontlik gevra kan word:   Doen bietjie navorsing oor die skool waar jy aansoek doen dat jy oor die noodsaaklikse inligting beskik. Lees bietjie na oor gedragskodes, skoolbeleide, verantwoordelikhede van leerders, opvoeders, beheerliggame, werkgewer en dink goed voordat jy veral persoonlike vrae antwoord. Gee net genoeg inligting om die vraag te beantwoord en wees begeesterd oor al jou ko-kurrikulere vermoëns. H...

  • 1
  • 2