video’s

Skitter Skole: Ligbron Akademie vir Tegnologie

PRONTUIT 9 APR 2018 Segment 3: Skitter Skole Die vreugde was groot aan die begin van die jaar toe die goeie matriekuitslae aangekondig is. Vanaand kuier ons by skole en onderwysers wat moeite doen om leergierige leerlinge te help om ‘n stap nader aan hul drome te kom. Twee jaar terug was Prontuit by die Ligbron Akademie vir Tegnologie om meer uit te vind oor hulle e-leer-projek. Dié projek het intussen drasties uitgebrei en bereik weekliks byna 9000 wiskunde en wetenskap-leerlinge.

Skitter Skole: Hoërskool Waterkloof

Die Prontuit-span gesels met passievolle onderwysers wat tyd inruim om leerlinge te help om beter matriekuitslae te behaal. Verlede jaar het die Gautengse departement van onderwys, die Hoërskool Waterkloof gevra om ekstra wiskunde, wetenskap en Afrikaans-klasse vir die matriekleerlinge van die Jafta Malhangu Secondary School in Mamelodi te gee.

Skitter Skole: Glendale Secondary School

PRONTUIT 9 APR 2018 Segment 1: Die matriekuitslae wat minister Angie Motshekga aan die begin van die jaar aangekondig het, het talle met hoop gevul. Benewens die leerlinge se harde werk, is dit ook te danke aan passievolle onderwysers wat dikwels voor skool, na skool, naweke en vakansies, tyd inruim om vir kinders wat dors is vir kennis, ektsra klasse te gee. Een so ‘n skool is die Glendale Secondary School in Mitchells Plain. Die Prontuit-span het by hulle gaan inloer. 

Kyk hoe gee hierdie onnie sy klas ‘n make-over!

Wow, dit wys jou net hoeveel gedoen kan word met papier en dat 'n mens net 'n bietjie uit die boks uit moet dink! Op 'n ander noot wens ek dat ek so klein klassie soos die Meneer gehad het... Geniet die video en onthou om asb. vir ons julle klaskamerfoto's te stuur na admin@onniesonline.co.za!

Wiskundelesse / video’s op YouTube vir graad 4 – 7

  Hierdie video’s is baie handig vir hersiening of vir leerders wat ekstra hulp benodig. Onthou om ‘n video te speel van ‘n onnie wat praat en verduidelik kan jou as onderwyser nie vervang nie. Hierdie video’s behoort slegs ‘n kort deel van jou les te gebruik of vir vasleggingsdoeleindes. Dalk kan jy ook jou klas “flip” en jou leerders kan eerste die video kyk by die huis voordat jy met jou les begin. Die video’s is alles in playlists gesit op YouTube, kyk gerus op ons YouTube-kanaal vir meer opvoedkundige video’s. As ons iets gemis het, laat weet ons, dan voeg ons dit by. Klik links bo van elke video-blokkie om die volledige lys van video’s te sien. Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 Lees verder: 10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor) Adverteer onderwyspos...

Afrikaanse Video’s vir Addisionele Taal

Dis altyd belangrik om een of ander ekstra manier te hê om konsepte oor te dra. Hierdie paar Afrikaanse video’tjies is uitstekend vir EAT van alle ouderdomme, veral vir hersiening. Dit hersien verskeie taalkonsepte. Afrikaanse video’s is tog so skaars op die internet – geniet hierdie! Voegwoorde Voegwoorde (Begin sin met voegwoorde) Basiese Meervoude reëls STOMPI (woordorde in Afrikaans) Direkte en Indirekte Rede Voegwoorde Hersiening