Share This Post

e-leer / nuus

Kom leer saam oor alles digitaal!

Kom leer saam oor alles digitaal!

Onnies, het julle al gehoor van die Digital Education Show Africa 2015 wat in Oktober plaasvind? Dit klink na ‘n baie opwindende uitstalling en konferensie wat elke onderwyser definitief moet bywoon.

Opvoedkunde is besig om te verander. Onnies gebruik al hoe minder gewone swartborde en handboeke en verruil dit vir tablette en ander aanlyn-hulpmiddels. Digitale opvoedkunde is besig om groot veranderinge aan te bring en maak dit moontlik vir onderwysers om beter met hul leerders te kommunikeer. Onderwysers kan makliker leerders in hulle klasse se aandag boei en kan die kurrikulum soveel makliker aan leerders oordra.

Maar, dit is nie altyd maklik nie. Elke dag hoor ‘n mens van nuwe digitale platforms wat mens kan help in die klas. Hoe implementeer ek dit? Waar kry ek dit? Hoe werk dit? Al hierdie vrae sal by die Digital Education Show 2015 vir jou beantwoord word.

Ontwikkel jou digitale vaardighede en vind die regte hulpbronne en platforms vir jou skool wat jou sal help om leerders te motiveer, leer te verbeter en verbeter leerderbetrokkenheid in jou lesse.

Digital Education Show Africa

Daar gaan honderde sprekers wees wat aanbiedings doen oor die nuutste tegnologieë. Jy kan luister na internasionale sprekers wat kom vertel oor die nuutste tendense in e-leer. Daar is ook regte onnies wat praat oor regte kwessies in die implementering van tegnologie in skole.

Ek sien uit om na die volgende onnies en hoofde te luister (net ‘n paar!):

  • Paul Meyers, Hoof van IKT by St Stithians gaan praat oor die beste Apps vir die beste uitkomstes.
  • Tim Rylands en Sarah Neild, beide bekroonde onderwysers en eienaars van timrylands.com, gaan gesels oor hoe om kreatiwiteit in leerders van alle ouderdomme en vaardighede te bevorder.
  • Mark Hayter, Hoof van Grayston Voorbereidingskool, gaan gesels oor die verandering van handboeke na tablette.
  • Ansie Peens, Hoof van Sunward Park Hoërskool, gaan praat oor hoe haar skool ‘n sukses van IKT integrasie gemaak het ten spyte van struikelblokke soos armoede en leerders wat kom uit voorheen-benadeelde areas.

Daar is letterlik honderde kenners wat kom gesels oor idees, kwessies en oor hoe om die meeste van nuwe tegnologie te maak. Onnies Online sal saam met Teacha! by die uitstalling wees. Kom loer by ons stalletjie in en kom sê hallo! As onderwyser kry jy gratis toegang tot die uitstalling en sekere praatjies.

Die Digital Education Show Africa vind die 6de en 7de Oktober by die Sandton Convention Centre plaas. Vir meer inligting en om ‘n brosjure af te laai, gaan gerus na hierdie webtuiste. Jy kan ook registreer deur hier te klik.

 

Digital-education-online-banners-728-x-90

 

As deel van die opbou tot die uitstalling, sal Onnies Online elke week ‘n artikel plaas oor die integrasie van tegnologie in jou Suid-Afrikaanse klaskamer. Jy kan ons eerste artikel hier lees: Digitale Media in die Afrikaansklas.

Lees ook:
Viva App ‘n moet-hê vir jou leerders
Afrikaanse hulpmiddels deur Onnies Online
Woordeskatlyste op Quizlet
Visuele aanbiedings van poësie

Share This Post

Jean Vermeulen is 'n passievolle Afrikaans-onnie wat deesdae onderwysers met tegnologie in die klaskamer help. In 2011 het hy Onnies Online begin toe hy nog aan Maties onderwys studeer het. Onnies Online is 'n Afrikaanse bymekaarkomplek vir onnies. Idees. Hulpbronne. Inspirasie!

2 Comments

  1. Will special education also be covered?

    Reply
  2. Wanneer kom die uitstalling Kaap toe?

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>