Share This Post

e-leer / gebeure

EduWeek 2017: Besoek die grootste onderwys-uitstalling in Afrika!

EduWeek 2017: Besoek die grootste onderwys-uitstalling in Afrika!

 

EduWeek is die grootste opvoedkundige uitstalling in Suid-Afrika en is definitief ‘n plesier om by te woon vir elke onnie, skoolhoof en sommer almal wat in die onderwys belangstel.

 

EduWeek, ‘n sterk ondersteuner van die Verenigde Nasies se 17 VOD’s en Suid-Afrika se NOP, is ‘n tweedaagse uitstalling en konferensie wat meer as 180 plaaslike en internasionale produk- en diensverskaffers ten toon sal stel. Daar is ook sewe toegewyde EduTheatres / konferensiespore en 5 500 besoekers.

Verskillende segmente van die onderwyssektor sal by EduWeek saamkom om die bevordering van onderwys, insluitend Beroeps- en Hoër Onderwys, Vroeëkinderontwikkeling, Basiese Onderwys, Inklusiewe Onderrig, Sport en Ontspanning, Tegnologie, Gesondheid en Finansies, te bespreek.

 

Die uitstalling het gegroei om meer as tien belangrike produkareas te bied, waaronder Fiksheid & Voeding, ‘n nuwe toevoeging vir die komende gebeurtenis is. Hier is die produkareas waarna jy kan uitsien:

  • Tegnologie
  • Wiskunde en Wetenskap Toerusting
  • Publisering
  • Opvoedkundige Speelgoed
  • Skoolvoorraad
  • Skryfbehoeftes
  • Inklusiewe Onderwys
  • Dienste vir opvoedkundige instellings (Finansiële dienste, opleidingsdienste, ens.)
  • Veiligheid en Sekuriteit

 

Die EduWeek Awards is definitief ‘n hoogtepunt in die EduWeek-kalender. Dit vind op die 12de Julie plaas. Hierdie toekennings herken uitnemendheid in die Afrika-onderwyssektor. Dit vier plaaslike innovasie asook die mense wat plaaslike helde is, wat die ekstra myl stap om die lewens van ons leerders te verbeter. Om in te skryf vir die toekennings, of om iemand te nomineer, besoek http://www.educationweek.co.za/awards/

 

Indien jy wil inteken op die EduWeek nuusbrief, the Educ8tor, gaan gerus na die EduWeek webtuiste.

 

EduWeek vind op die volgende dae plaas:

12 Julie 2017 – 09:30 – 18:00

13 Julie 2017 – 09:30 – 17:30

 

EduWeek 2017 vind plaas in Saal 2 & 3 te Gallagher Konferensiesentrum in Midrand.

 

Besoek www.educationweek.co.za om ‘n gratis brosjure af te laai.

 

TEACHA! en Onnies Online is mediavennote van EduWeek 2017. Ons sien jou daar!

 

 

 

 

Lees Verder

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Adverteer onderwysposte op Onnies Online!

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Jean Vermeulen is 'n passievolle Afrikaans-onnie wat deesdae onderwysers met tegnologie in die klaskamer help. In 2011 het hy Onnies Online begin toe hy nog aan Maties onderwys studeer het. Onnies Online is 'n Afrikaanse bymekaarkomplek vir onnies. Idees. Hulpbronne. Inspirasie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>