Share This Post

Eksamenflaters

Eksamenflaters

Gedurende eksamentyd kan ‘n mens ‘n mens darem maar superverveeld raak. Daar is mos duisende dinge interessanter as merk. Ons het op die Onnies Online Facebook-blad, sowel as Toeter en Twitter aan Onnies gevra watter snaakse antwoorde hulle op vraestelle gesien het. Baie dankie aan almal wat hul antwoorde gedeel het! Waarskuwing: Kru-taal word hier en daar (onskuldig) gebruik. Indien jy nie daarmee saam stem of lekker wil lag nie, verlaat liewer nou hierdie bladsy.

 

Skryf n stukkie oor jou troeteldier – Gr3. Ek het ‘n kat. Ek hou van my kat want as my kat kak, maak hy sy kak toe.

flater1

Vraag:
Verduidelik ‘uit die oude doos’ ….
Antwoord:

Laatlammetjie!

Wat is die ewenaar? Wanneer mnr naar is en ek naar is dan is ons ewenaar.  – Gr9.

Die Afr juf vra in hul eksamenvraestel wat beteken die idioom: Uit die veld geslaan. Sy antwoord: ‘n 6.

flater r wiese

R Wiese

Oorsake van die Koue Oorlog. Antwoorde: Die son het nooit geskyn nie, die mense het warmte gesoek, die mense het so te sê verkluim.

Gr. 9 Afrikaans (EAT) Begripstoets vraag: Wie, volgens jou, kyk gewoonlik na sepies op televisie? Antwoord: Die remote.

flater d gouws schutte

D Gouws Schutte

Gr. 10 Afr. HT. Maak ‘n verklarende sin met “poets”. “Aspoestertjie se poets is deur muise getrek!”.

Gr4 Afr (EAT) Kinders moes net ‘n sin maak met die woord paaie, maar hy wou “traffic jams” gebruik in sy sin… Afrikaanse woord: verkeerskonfyte.

flater2

Van die onderwysers-groep op Facebook

Manlike vorm van ‘n weduwee is ‘n skaduwee.

Gr 8 EAT: Die vroulik van graaf? Vurk.

Gr 6 NW. Hoe weet jy as iemand diaree het. Antwoord: Hy het gietergat….

flater e prinsloo

E Prinsloo

Ek vra die volgende vergelyking: 
So skelm soos ‘n ………
Die kind antwoord: TSOTSIE!!

“Die duitsers het die khoisan geëet dis hoekom daar konflik tussen die Hollanders en die Khoisan was” (Gesk Gr 10) // Apartheid is ‘n dorp in die Vrystaat (Gesk Gr 12) // Tafelberg is in Nepal waar die onlangse aardbewing was (Toerisme Gr 12) // Kommunisme is ‘n siekte wat depressie in Amerika veroorsaak het (Gesk Gr 11) // Dit reën nie op Tafelberg nie, want die water loop af na die lughawe toe en dan verspil die mense en dan kan dit nie sneeu nie (Sosiale Wetenskap Gr 8)

flater toeter

Gekry vanaf Toeter

Indien julle nog snaakse eksamenflaters het om te deel, lewer hier onder kommentaar of stuur ons ‘n boodskap op Facebook. Hoop julle het lekker gelag.

Deel hierdie skrywe:

Share This Post

19 Comments

  1. Gr. 4: LV
    Wat is n boelie?
    Dit is iemand wat jo onnorag henner as jy hom niks gemaak het ni!

    Reply
  2. Noem 2 regte wat kinders het. Kinders het die reg om stout te wees. Kinders het die reg om vies te wees.

    Reply
  3. Eksamen vraag (gr 6): hoekom was jan van riebeeck in die kaap? om rugby te kom speel

    Reply
    • Lmklaaar vi Jan van riebeek wat kom rugby speel ht in die kaap!

      Reply
  4. Gr 7 English HL What is a baby salmon called. Answer: a tin (parr)

    Reply
  5. Dit was kaklekker om dit te lees.

    Reply
  6. LO gr 7
    What can you do to help Cally to do better in her subjects to remember her work for exams? Eat a banana every hour to give energy.

    Wat sal jy doen omdat Dudu v Cally boelie met lelike smse ?? Ek sal vir Dudu se: sies, sies,sies! Jy moet stop!

    Reply
  7. Lekker gelag.

    Reply
  8. Voltooi:van pontius na …………….. Antw: panties.

    Reply
  9. Ek het lanklaas so gelag, maar die gr 3 se kat was vir my die beste

    Reply
  10. Ek het lanklaas so gelag. Die gr 3 se kat was skitterend

    Reply
  11. In gr. 5 wiskunde, waar n vierkant benoem moet word: “the shape is a fokona (four corner)”…

    Reply
  12. waarvoor staan KFC? …Klein takkie fraai kuiken

    Reply
  13. Love dit!

    Reply
  14. gr.8 History – “where was the declaration of independence signed?”

    answer : “at the bottom of the page”

    Reply
  15. Maak ‘n sin met kamoefleer.
    My ma het vir my ‘n handsak van egte kamoef-leer gekoop

    Reply
  16. Dankie kollegas

    NW gr 7 Wat beteken die term kookpunt? Dit is wanneer iemand se punt begin kook

    Reply
  17. Eksamenvraag gr 4 huistaal. Wat beteken die idioom in die wolke wees. Kind antwoord: dis net engele wat in die wolke is.

    Reply
  18. Graad 4- Wie sal jy nader as daar nie kos in julle huis is nie?
    Ek sal mar vir die Jurre vra, want die Jurre weet hie gat niks ani!

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.