Share This Post

Hou onderwys op dreef tydens die onderbroke skooljaar

Hou onderwys op dreef tydens die onderbroke skooljaar

Nadat skool vir twee maande onderbreek is, is onderwysers, ouers en leerlinge besig met voorbereidings om die 2020 akademiese jaar te red. Alhoewel die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, en die Departement van Basiese Onderwys, hul gefaseerde benadering ‘n hupstoot gegee het, bly daar steeds nog baie vrae oor die gevolge van die onderbroke jaar en hoe ouers en onderwysers hierdie nadraai op ons kinders kan verminder.

Hou die momentum so veel as moontlik aan die gang

Onlangse data dui aan dat die kwaliteit van onderwys in die laaste 20 jaar reëlmatig verbeter het.  Ons moet almal ons beste probeer om te verhoed dat hierdie momentum verloor word. Baie skole moes oornag die manier waarop hulle onderrig verander. Die DBO het ook, in samewerking met ander rolspelers, hulpmiddels beskikbaar gemaak op verskeie mediums insluitende radio, TV en webtuistes wat leerlinge help om op koers te bly.

Paper Video is een so ‘n platform wat leerlinge help om hulle Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe en Rekeningkunde te verbeter, als van die huis af. Hulle doen dit deur middel van die skepping van eksamenhersieningshulpbronne met videolesse wat in die hulpbronne self ingevoeg is. Leerlinge het toegang tot duisende vorige eksamenvrae en stap-vir-stap videogidse wat leerlinge deur elke vraag lei.

Kinders vergeet

Een onlangse studie wat gedoen was in Malawi deur Dr. Shrochis Karki en David Jeffery, altwee Senior Onderwys Konsultante by Oxford Policy Management, het ‘n merkbare afname in leerlinge se leesvaardighede gevind nadat hulle teruggekeer het van skool vakansies. Ouers, voogde en onderwysers moet voorbereid wees op die feit dat leerlinge baie van wat hulle geleer het gaan vergeet, en moet dus kreatief raak met hersieningswerk. 

Betrokke by onderrig

Alhoewel Minister Motshekga dit duidelik gemaak het dat geen kind gedwing kan word om terug skool toe te gaan nie en dat ouers ‘n reg het om te kies, is dit noodsaaklik dat kinders steeds “betrokke voel by onderrig”. Die handhawing van enige tipe opvoedingsprogram bevoordeel kinders se geestesgesondheid en dit maak dit makliker vir hulle om terug te keer na  normaliteit. Paper Video se platform help ook ouers wat dalk nie die kennis, tyd of daarmee gemaklik voel om moeilike konsepte aan hul kinders te verduidelik nie.

Versnelde onderrig

Alhoewel kinders agter geraak het, is daar nog steeds hoop. Goed-ontwerpte “versnelde leerprogramme” het taamlike sukses bereik om te help met herintegrasie van kinders, selfs in hulpbron arme omgewings. Dit is belangrik dat hierdie programme fokus op die werk wat kinders gemis het tydens die inperking en dat die lesse aangepas word waar nodig.

Vang op en hou aan leer met Paper Video

Alhoewel die “Begin weer” knoppie vir die skooljaar beslis moeilik is, poog Paper Video om in samewerking met ouers en hoërskool leerlinge nie net die ideale hersieningshulpbron te wees nie, maar ook as ‘n uitstekende manier om vordering na te volg. Leerlinge het toegang tot van die beste onderwysers in Suid Afrika en tot ‘n indrukwekkende versameling van meer as 11000 videolesse. Lesse sluit in volledige kurrikulumdekking, geskik vir beide KABV en IEB.eerlinge kan hersiening doen en kan deur  individuele eksamen vrae of volledige onderwerpe werk, op hulle eie pas.

Leerlinge kan kies om aanlyn toegang te kry tot Paper Video, wat alle hulpbronne, sleutelwoord-soek en vorderingsnavolging insluit. Aflyn pakette bestaan elk uit ‘n boek met 10 vorige eksamenvraestelle en ‘n 32 GB mikroSD kaart vir datavrye video toegang.

Volgens Martin Gustafsson, Medeprofessor en senior RESEP navorser, is dit nou belangriker as ooit tevore om hierdie nuwe uitdagings op ‘n ingeligde manier aan te pak en om nuwe roetines so gou moontlik te bewerkstellig. Alhoewel die volgende paar maande van die akademiese jaar uitdagend gaan wees, moet ouers en leerlinge kreatief en pro-aktief raak. Of dit nou is om ouer broers of susters te vra vir ondersteuning, of om leerlinge te help om die beste hulpbronne te kry wat sal help dat hulle kan bybly.

Besoek www.papervideo.co.za of kontak ons by 061 357 2304 vir meer inligting oor hoe om te begin.

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.