Konferensies, kongresse en werkswinkels wat ons bywoon

Konferensies, kongresse en werkswinkels wat ons bywoon

Onnies Online is mediavennote van die volgende opwindende opvoedkunde-uitstallings, -kongresse en -werkswinkels. Ons deel graag meer inligting oor hierdie gebeure en raai onnies aan om dit by te woon – ons gaan ook daar wees!

Schoolscape 2020

Schoolscape word deur SchoolAdvisor georganiseer. Die ekspo bring die beste en innoverendste skoolverskaffers saam onder een dak. Dit gee jou ‘n kans om hierdie verskaffers te ontmoet en te sien hoe die produkte ‘n verskil in jou skool kan maak. Indien jy deel van jou skool se bestuurspan is, of deel van IT-span, mag jy dit bywoon – dis gratis.

Besoek die webblad hier om te registreer.

Macmillan se Teacher Campus kursusse

Macmillan het ‘n reeks kursusse spesiaal vir skole ontwikkel. Kursusse om van te kies sluit in Inklusiewe Onderwys, Gedifferensieërde Leer en Assessering, en meer. Vind meer uit hier.

Vir inligting oor SARO-geregistreerde kursusse en ander gebeure, besoek die SACE Points Guide op Teacha!