Share This Post

nuus

Ontspan: Art of the Brick in Johannesburg

Ontspan: Art of the Brick in Johannesburg

 

Onnies, hier’s nou vir jou ‘n ding!

Kontemporêre kuns – wat is dit? En hoe verduidelik ek dit aan my klas? Soos ons almal weet is dit altyd makliker om met behulp van ‘n voorbeeld moeilike konsepte aan kinders te verduidelik. Die unieke Art of the Brick-uitstalling bied beide onnies en ouers die unieke geleentheid om hul leerlinge en kinders aan kontemporêre kuns bloot te stel.

Kontemporêre kuns is enige kuns wat in die huidige tydperk geproduseer word. In omgangstaal, het die woord ‘modern’ en ‘kontemporêr’ sinonieme geword en daarom word daar ook soms na kontemporêre kuns verwys as moderne kuns.

Die Art of the Brick-uitstalling wat tans in Johannesburg by The Zone @ Rosebank te sien is, is die kreatiewe gewaarwordinge van bekende Amerikaanse kunstenaar Nathan Sawaya. Die expo bestaan uit meer as 70 beelde en Sawaya maak spesiale uitstallings vir elke nuwe ligging waar hierdie expo aanland.

Ontspan hierdie vakansie. Wie hou dan nou nie van Lego nie?

Om net ‘n idee te kry van die omvang van hierdie breedvoerige uitstalling, verduidelik die personeel dat hulle meer as `n miljoen Lego-blokkies gebruik het om hierdie beelde op te rig. Daar is byvoorbeeld die geraamte van ‘n T-Rex, wat uit ongeveer 80 000 Lego-blokkies aanmekaar gesit is.

Dit is ook nie net kontemporêre kuns waaraan jy jou kinders sal blootstel nie; daar is ook ‘n paar stukke wat deur klassieke kunswerke geïnspireer is. Van hierdie beelde sluit in Da Vinci se Mona Lisa, die Venus de Milo en Vermeer se ‘Girl with the Pearl Earring’.

 

 

Maar onnies, moet nou nie dink dis net vir die kinders of ‘n uitstappie nie. Dis ‘n lekker lang Junie-vakansie en jy kan mos ook daar ‘n draai maak! Klink vir my na ‘n lekker familie-uitstappie.

Om kaartjies in die hande te kry is vreeslik maklik: jy kan sommer hier of op die Lego-blokkie hier op ons webtuiste klik. Art of the Brick is nog tot die 2de Augustus in Johannesburg, so daar is nog lekker baie tyd om dáár ‘n draai te maak.

Geniet dit!

Kyk na hierdie video om meer oor die uitstalling te leer:

Share This Post

Jean Vermeulen is 'n passievolle Afrikaans-onnie wat deesdae onderwysers met tegnologie in die klaskamer help. In 2011 het hy Onnies Online begin toe hy nog aan Maties onderwys studeer het. Onnies Online is 'n Afrikaanse bymekaarkomplek vir onnies. Idees. Hulpbronne. Inspirasie!