View cart “Ambassadeur” has been added to your cart.

Indirekte Rede Skryfraam

R0.00

My arme graadsewetjies. Hulle sukkel verskriklik om Indirekte Rede onder die knie te kry. Ek het hierdie oefening gemaak om hulle bietjie aktief in die klas besig te kry. Elkeen het met ‘n maat gesels en dit neergeskryf in die DIREKTE REDE kolomme volgens STOMPI – glo my, dit was nogal ‘n gesukkel, want alles wat ‘n mens sê pas mos nie in STOMPI in nie, maar op die ou end het ek besef dat ek voor die tyd moes sê dat dit eenvoudige sinne moet wees, soos “Ek sit op my bank” en “Ek speel elke middag krieket.” Wanneer hulle lekker klaar gesels is en amper half die klas afgebreek het (GROEPWERK!), skryf hulle dit oor in die Indirekte Rede. Die maatjie lees hul eie sin bv. “Ek speel elke dag krieket.” en ander maatjie sê dan “Pietie sê dat hy elke middag krieket speel.” Nadat so paar die werkwoorde op die verkeerde plek gesit het en vergeet het om die voornaamwoorde te verander, verander die ander gou hulle werk en leer uit mekaar se foute. Dit het toe goed gewerk! Pret! Ek sal dit ook in die toekoms met my graadagts doen.

Op soek na nog EAT-hulpmiddels? Loer in by my winkel op TEACHA vir ‘n superbundel vir EAT-onnies, asook ander lekker dinge.

Geniet dit!

Klagtes? Lewer kommentaar hier onder, sodat ons almal kan leer.

Deel jou gratis hulpmiddels met ander onnies op Onnies Online, lees meer hier!

Category:

Description

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.