Share This Post

Swanger kinders in laerskole?

Swanger kinders in laerskole?


Netwerk24 het berig dat na ‘n parlementêre vraag wat deur die DA gestel is, dit duidelik geword het dat meer as 20 000 skoolmeisies verlede jaar swanger geword het. Hierdie leerders is nie net in die hoërskool nie, maar selfs in die laerskool.

Volgens die Demokratiese Alliansie (DA) werk die WKOD saam met ander departemente soos Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling om ondersteuning aan leerders te bied, maar dit gebeur nie in al die ander provinsies nie. Tienerswangerskappe is ‘n ernstige probleem in Suid-Afrika en moet konstruktief en ernstig aangespreek word.

Die DA het ook gesê dat die DBE ‘n verantwoordelikheid teenoor die kinders van hierdie land het en dringend planne moet instel wat gemik is op die uitroeiing van swangerskap in skole.

Kyk hierdie video om die storie te hoor. In hierdie video praat Netwerk24 met ‘n tienerma en seksuoloog om uit te vind hoekom leerders al op laerskool seksueel aktief is.

Onnies – is daar enige swanger meisies in julle skole? Hoe word dit hanteer?

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.