advertensie

6 wenke om jou Afrikaans EAT-leerders suksesvol te motiveer

Klink dit dalk bekend: “Nie alwéér Afrikaans nie!” Spandeer jy die grootste deel van jou les om jou klas se aandag te kry? Dit is nie lekker as jou leerders met die intrapslag nie jou liefde vir Afrikaans deel nie. Hier is ses maniere om jou klas in ‘n japtrap te motiveer: Gebruik visuele elemente Dit is al bewys dat visuele elemente leer makliker kan maak. Jou klaskamer moet jou leerders inspireer. ‘n Werkboek vol kleurvolle en moderne prente sal jou klas gou laat regop sit.  Maak só  Jou leerders werk daagliks in hul teks-  en werkboeke. Maak seker jou leerders se leermateriaal maak die taak van ‘n addisionele taal aanleer makliker. Woemaboeke gebruik deurlopend volkleur prente. Plakkate teen die muur is ‘n goeie bron van visuele inspirasie. Kleurvolle, opvoedkundige A2-pl...

Hoe kan ons ‘n liefde vir lees kweek en ter selfde tyd geletterdheidsstandaarde verhoog?

As ‘n voormalige Engels-huistaalonderwyser in graad 4 – 6, weet ek ‘n ding of twee oor hoe Engels beskou word in klasse waar die meerderheid leerders nie Engels as hul huistaal praat nie – ‘n norm in Suid-Afrika. Dit kan dikwels ‘n stryd wees om leerders te oorreed om te lees vir plesier (dis nou as jy tyd daarvoor kry gedurende die dag!). Dis elke onderwyser se stryd om kinders te kry om te lees. Om ‘n liefde vir lees te kweek, moet die volgende eers in plek gesit word. Dit help natuurlik dan om lees en begrip te verbeter: Toegang Vermoë Geduld  TOEGANG TOT BOEKE Die meerderheid van Suid-Afrikaanse skole het nie die voorreg van ‘n skoolbiblioteek nie. Selfs ‘n biblioteek in die dorp is dalk te ver. Hoe kry ons leerders dan toegang tot leesstof?  Toe ek begin skoolhou het, het ...

Voordele van tegnologie in die klaskamer

In die 21ste eeu is dit moeilik om ons lewens sonder tegnologie voor te stel – oral waar jy gaan is almal op hul slimfone, tablette of skootrekenaars. Maar het hierdie toestelle ʼn plek in die klaskamer? Heelwat navorsing dui daarop dat die doeltreffende gebruik van tegnologie ’n belangrike hulpmiddel in onderrig kan wees. Die klem lê egter op die woord “doeltreffend”. As tegnologie deel vorm van die kurrikulum, en nie net as ‘n byvoeging beskou word nie, kan dit baie voordele vir jou as onderwyser en vir jou leerders inhou. Vergemaklik administrasie-take Bo en behalwe klasgee het onderwysers van vandag talle addisionele  verantwoordelikhede buite die klaskamer insluitend die beplanning en voorbereiding van lesse, nasien van take en toetse, en die inlees van punte. Tegnologie kan met ...