tuisskool

My ervaring met afstandsleer gedurende die koronavirus-herrie

Skole is nou gesluit vir die vakansie. Indien die statistieke wys dat gevalle in Suid-Afrika aanhou styg wanneer skole weer moet open, is daar ‘n moontlikheid dat skole steeds sal moet toebly. Of ons nou nog vakansie gaan verloor en eerder toebly en of skole gaan funksioneer deur afstandsleer, weet niemand nie. Dit help egter om te weet hoe jy, as onderwyser voorbereid kan wees en waar jy hulpbronne kan kry om jou kinders te help om van die huis af te leer.  As ‘n voorbeeld, maak die skool waar ek werk weer die 31ste Maart oop. Die kinders kom nie terug nie. Ons ook nie. Maar onderrig en leer gaan voort. Ons het skielik gesluit nadat ‘n ouer positief vir COVID-19 getoets is. Voordat ons gesluit het, was ons gewaarsku oor wat dalk mag gebeur, en dat ons moet voorbereid wees. Min het on...