Share This Post

e-leer / inspirasie / nuus

Timmie se toer deur tyd

Timmie se toer deur tyd

 

Net toe ek dink dat ek alles gesien het, het ek hierop afgekom!

Prezi, soos julle teen nou al weet as julle Onnies Online volg, is ‘n aanlyn aanbieding platform waarop jy aanbiedings kan skep wat opwindend is en leerders sommer lekker wakker hou. Dink aan ‘n PowerPoint sonder al die simpel animasies. Kombineer dit nou met ‘n groot bladsy waarop jy kan inzoem en siedaar – Prezi!

Hierdie Prezi is iets anders. Prezi-gebruiker, Wilmari Pretorius, het hierdie Prezi geskep om Tye aan haar leerders te verduidelik.

Aan die begin ontmoet jy vir Timmie. Hy gaan sommer die hele klas op ‘n avontuur neem.

Timmie se toer deur tyd

Wanneer Timmie al sy tydwoorde ken, kan hy uiteindelik op ‘n toer deur tyd gaan. Lekker!

Timmie en sy tydwoorde

Hier is die volledige Prezi. Dis altyd lekker om gratis hulpbronne op die internet te ontdek. Indien jy van iets anders weet, lewer hier onder kommentaar of stuur vir ons ‘n e-pos.

Indien die Prezi nie hier werk nie, kan jy op hierdie skakel klik: http://prezi.com/rxt9odydwzm8/?utm_campaign=share&utm_medium=copy&rc=ex0share

Geniet dit!

Share This Post

Jean Vermeulen is 'n passievolle Afrikaans-onnie wat deesdae onderwysers met tegnologie in die klaskamer help. In 2011 het hy Onnies Online begin toe hy nog aan Maties onderwys studeer het. Onnies Online is 'n Afrikaanse bymekaarkomplek vir onnies. Idees. Hulpbronne. Inspirasie!

1 Comment

  1. Dit is ongelooflik. Wonderlik.
    Ek kry net rillings elke keer as daar se sonder ‘n kappie is, en reel sonder deeltekens.
    Kan ‘n mens dit regmaak?
    Gelukwense vir Wilmari Pretorius!

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>