Archives

Google for Education: ‘n Waardevolle hulpmiddel vir jou klaskamer

Dit maak nie saak op watter vlak, vak of ouderdom jy onderrig nie, Google kan jou lewe as onderwyser baie makliker maak. Dit dra nie net by tot effektiewe onderrig nie, maar hou al jou dokumente in een veilige plek en is altyd beskikbaar. Google kan vir jouself, jou leerders en selfs die ouers ‘n baie handige hulpbron wees om skool meer georganiseerd, prettig en opbouend te maak. Google for Education is ‘n afdeling van Google wat spesifiek vir onderwys ontwikkel is. Dit is (on)gelukkig ‘n realiteit dat ons leerders Tegnologies gevorderd is op ‘n vlak wat ons ore kan aansit. Dit is daarom belangrik om ons kinders te onderrig op ‘n vlak wat hulle verstaan, wat hulle interesseer en wat hulle gaan uitdaag. Google maak hierdie taak vir ons baie maklik. Die goeie nuus is dat Google op enige toes...

Ou vraestelle op die internet

Hier is 'n paar plekke waar jy ou vraestelle op die internet kan kry. Klik weg en spaar tyd!

SAOU teleurgesteld oor kritiek op opvoeders se vergoeding

Die SAOU het met teleurstelling kennis geneem van die kritiek wat uitgespreek is in ‘n koerantartikel van Rapport op 22 April 2018 onder die opskrif “Onnies kry al hoe meer geld”. Dit is onverstaanbaar waarom die opinie van die SAOU nie ingewin is ten opsigte van die aangeleentheid nie aangesien die Unie ‘n direkte belanghebbende party is, as dit handel oor die vergoeding van opvoeders. Volgens die artikel het opvoeders se salarisse sedert 2010 met 57% gestyg terwyl inflasie slegs met 38% gestyg het. Hierdie statistiek vertel egter nie die volle waarheid nie en is daar wesenlike aspekte wat nie aangespreek is nie. Een van die punte van kritiek is dat die blaam voor die deur van vakbonde gelê kan word. Dit kan nie net goedsmoeds aanvaar word nie, en vereis verdere beredenering. Na oordeel v...

Skitter Skole: Ligbron Akademie vir Tegnologie

PRONTUIT 9 APR 2018 Segment 3: Skitter Skole Die vreugde was groot aan die begin van die jaar toe die goeie matriekuitslae aangekondig is. Vanaand kuier ons by skole en onderwysers wat moeite doen om leergierige leerlinge te help om ‘n stap nader aan hul drome te kom. Twee jaar terug was Prontuit by die Ligbron Akademie vir Tegnologie om meer uit te vind oor hulle e-leer-projek. Dié projek het intussen drasties uitgebrei en bereik weekliks byna 9000 wiskunde en wetenskap-leerlinge.

Skitter Skole: Hoërskool Waterkloof

Die Prontuit-span gesels met passievolle onderwysers wat tyd inruim om leerlinge te help om beter matriekuitslae te behaal. Verlede jaar het die Gautengse departement van onderwys, die Hoërskool Waterkloof gevra om ekstra wiskunde, wetenskap en Afrikaans-klasse vir die matriekleerlinge van die Jafta Malhangu Secondary School in Mamelodi te gee.

Skitter Skole: Glendale Secondary School

PRONTUIT 9 APR 2018 Segment 1: Die matriekuitslae wat minister Angie Motshekga aan die begin van die jaar aangekondig het, het talle met hoop gevul. Benewens die leerlinge se harde werk, is dit ook te danke aan passievolle onderwysers wat dikwels voor skool, na skool, naweke en vakansies, tyd inruim om vir kinders wat dors is vir kennis, ektsra klasse te gee. Een so ‘n skool is die Glendale Secondary School in Mitchells Plain. Die Prontuit-span het by hulle gaan inloer. 

Mind Brain Education Africa seminaar: Hoekom jy dit móét bywoon

Mind-Brain-Education (MBE) – beter bekend as opvoedkundige neurowetenskappe, brein-gebaseerde leer of die wetenskap van leer, verwys na die onderrigmetodes, die ontwerp van lesse en skoolprogramme wat gebasseer is op die jongste wetenskaplike navorsing oor hoe die brein leer. Dit sluit ook faktore soos kognitiewe ontwikkeling – hoe leerders leer soos hulle ouer word, groei en sosiaal, emosioneel en kognitief ontwikkel. ITSI bied vir die eerste keer in Afrika ‘n twee-dag MBE seminaar aan as ‘n interaktiewe werkswinkel, gefasiliteer deur die internasionaal erkende skrywers Glenn Whitman and Dr. Ian Kelleher. Dit vind plaas vanaf 23 tot 24 Mei 2018 by Emperor’s Palace in Johannesburg. Besprekings is beperk tot 200 plekke en belangstellendes kan bespreek by:  www.it.si/mbeafrica2018. Die semin...

Is die onderwys vir jou belonend, maar nie finansieel nie?

Is die onderwys vir jou belonend, maar nie finansieel nie? A + Students bied jou franchise-geleenthede waar jy steeds kan onderrig én geld kan verdien. Die onderwys en om met kinders te werk is ongetwyfeld ‘n roeping en dis duidelik dat mens deesdae ‘n diep gedrewe passie daarvoor moet hê. Maar, ongelukkig is die beroep nie altyd bevredigend nie. Met vandag se ekonomiese druk, tesame met die uitdagings wat onderwysers in die praktyk beleef, is dit nie ‘n verrassing dat baie onderwysers die beroep verlaat wat hulle so lief het nie. Hulle is veral op soek na beter werksomstandighede en finansiële stabiliteit.   Dit hoef nie so te wees nie. A + Studente bied jou die geleentheid om vir jouself as onderwyser te werk, terwyl jy die voordele geniet van jou eie onafhanklike franchise-ondernem...

SACE-punte: Kreatiewe maniere om PO-punte in jou skool bymekaar te maak

Jy hoef nie duur kursusse by te woon om PO-punte te verdien nie. Maak 'n plan, saam, as 'n skool en leer van mekaar!

Beheerliggame ’n sleutelaspek in moedertaalonderrig, sê FEDSAS

Die voordele van ’n veeltalige samelewing is welbekend. Navorsing bewys dat die vermoë om meer as een taal te kan praat, sosiale en persoonlike sowel as akademiese en professionele waarde het. Met die viering van Wêreldmoedertaaldag op 21 Februarie, fokus die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) vanjaar op veeltalige onderrig. “Met veeltalige onderrig bedoel ons dat kinders die reg het om te kan kies in watter taal hulle onderrig ontvang. Politieke druk laat ons soms vergeet van die feit dat die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel veeltaligheid as grondslag het – daar is reeds skole in al elf amptelike landstale beskikbaar,” sê dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van FEDSAS. Deacon sê die uitdaging is nie soseer die beskikbaarheid van moedertaalonderrig nie, maar wel die besk...

5 Maniere om QR-kodes in die klas te gebruik

  QR-kodes is nou al ou tegnologie en party onderwysers meen dat die tyd vir QR-kodes al gekom en gegaan het. Maar, daar is baie skole en onnies wat graag met tegnologie in die klaskamer wil eksperimenteer en hierdie is ‘n vinnige en maklike beginpunt wat ook nie baie tyd in die klaskamer sal mors nie, want min kan verkeerd gaan. Hier is ‘n paar idees om QR-kodes in die klaskamer te implementeer. 1. Maak interaktiewe werkkaarte Huiswerk kan soveel makliker gemaak word indien daar op die werkkaart ‘n skakel of QR-kode is wat skakel na ‘n video of webtuiste wat die werk aan leerders kan verduidelik. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is Paper Video, wat vraestel-boeke vir leerders saamgestel het met ‘n video-oplossing vir elke vraag. Jy kan dit ook doen. Maak ‘n werkkaart van 5 vragies en maak ...

Toetse en vraestelle vir verskeie vakke

Hier is ‘n lys van ‘n paar vraestelle wat beskikbaar is op TEACHA! – ons het ook ‘n winkel op Teacha! maar het nie enige vraestelle in ons winkel nie. Die lys sal opgedateer word elke nou en dan. Hoop dit help om dit op te spoor! 20 NUUTSTE TOETSE / VRAESTELLE Wiskunde Graad 6 Kwartaaltoets 1 & memo. 1ste Kwartaal.Wiskunde Graad 6 Kwartaaltoets 1 & memo. 1ste Kwartaal. 50 punte PDF The post Wiskunde Graad 6 Kwartaaltoets 1 & memo. 1ste Kwartaal. appeared first on Teacha!. WG GR 12 2017 KWARTAAL 1 TOETSKONTROLE TOETS MET VOL MEMO EN TAKSONOMIE OPSOMMING The post WG GR 12 2017 KWARTAAL 1 TOETS appeared first on Teacha!. WG GR 12 2017 KWARTAAL 1 WERKSOPDRAGSLUIT VOL MEMO EN TAKSONOMIE OPSOMMING IN The post WG GR 12 2017 KWARTAAL 1 WERKSOPDRAG appeared first...

  • 1
  • 2
  • 8