inspirasie

Hoekom Studiegidse ‘n Goeie Idee is

Voorbereiding vir ‘n eksamen kan ‘n groot bekommernis vir leerders wees. Hulle mag dalk oorweldig word deur die hoeveelheid inligting wat hulle moet inneem en verstaan ​​voor die toets. Dit is veral waar as dit ‘n jaareindeksamen oor ‘n paar onderwerpe is. Om leerders met studiegidse te voorsien, sal hulle help om die belangrikste inligting wat waarskynlik op ‘n toets verskyn, te identifiseer en te verseker dat almal dieselfde inligting het. Een tipe studiegids is een wat net ‘n afbakening is oor die belangrikste onderwerpe wat getoets gaan word. Jy kan ook vrae stel oor die materiaal wat leerders kan beantwoord. ‘n Ander soort studiegids is ‘n oorsig van die belangrikste inligting, en dit kan spasies daarin hê waar leerders self die inligting moet invul...

Nuwejaarsvoornemens vir onnies

Uiteindelik is die einde van 2018 in sig. Dit beteken dat die meeste onderwysers reeds begin het met hulle beplanning vir die volgende jaar en dat hulle reeds laat in die nag wakker lê en dink aan hoe hulle ‘n beter rolmodel en onderwyser vir hulle leerders kan wees in die komende jaar. Al maak die kinders ons amper mal en toets ons perke daagliks, kan ons nie help om hulle lief te hê en altyd die beste vir hulle te wil gee nie. Hier is nou ‘n paar idees hoe jy 2019 kan aanpak met ‘n nuwe, verbeterde gees en lewenslus.   1. Skep jou eie prentjie van elke kind – Alhoewel dit soms baie help om te hoor waarmee leerders gesukkel het in ander klasse, is dit nie goed vir leerders om ‘n etiket om die nek te kry nie. Leerders moet die geleentheid kry om elke jaar oor te begin. Gee dus v...

10 Maniere om lees in jou skool te bevorder

Een van die groot probleme wat ons tans in Suid-Afrika ervaar, is die feit dat ons leerders sukkel om te lees. Lees is nie net ‘n eienskap wat leerders benodig om ‘n sukses van hul toekomstige loopbaan te maak nie, dit is ook ‘n vaardigheid wat hulle nodig het om sosiaal, intellektueel en emosioneel te ontwikkel.   Volgens Times Live kan 80% van Graad 4-leerders nie op die geskikte vlak lees nie. Volgens dieselfde bron is Suid-Afrika laaste geplaas in die Progress in International Reading Literacy Studie (PIRLS) wat amper 320 000 kinders wêreldwyd ingesluit het. Gaan lees gerus meer oor die bevindings van Times Live hier: https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2017-12-06-read-it-and-weep-sa-kids-struggle-with-literacy/   Lees is belangrik omdat dit leerders se kreatiwiteit...

Mind Brain Education Africa seminaar: Hoekom jy dit móét bywoon

Mind-Brain-Education (MBE) – beter bekend as opvoedkundige neurowetenskappe, brein-gebaseerde leer of die wetenskap van leer, verwys na die onderrigmetodes, die ontwerp van lesse en skoolprogramme wat gebasseer is op die jongste wetenskaplike navorsing oor hoe die brein leer. Dit sluit ook faktore soos kognitiewe ontwikkeling – hoe leerders leer soos hulle ouer word, groei en sosiaal, emosioneel en kognitief ontwikkel. ITSI bied vir die eerste keer in Afrika ‘n twee-dag MBE seminaar aan as ‘n interaktiewe werkswinkel, gefasiliteer deur die internasionaal erkende skrywers Glenn Whitman and Dr. Ian Kelleher. Dit vind plaas vanaf 23 tot 24 Mei 2018 by Emperor’s Palace in Johannesburg. Besprekings is beperk tot 200 plekke en belangstellendes kan bespreek by:  www.it.si/mbeafrica2018. Die semin...

Jy sal nie glo hoe mooi hierdie onnies se klasse lyk nie

Hierdie onnies het almal ure spandeer om hulle klasse reg te kry vir die nuwe skooljaar. Baie onnies gebruik hul eie geld en sommer baie ekstra tyd om hul klasse so mooi in te rig. Ons is seker die leerders gaan baie lekker in hierdie klasse leer! Dis ‘n inspirasie vir ons almal! Welgedaan, onnies! Carla Grobbelaar se Cat in the Hat klas Super Kidz Academy in Equestria se oulike klassies Carol Venter se matroosklassie!   Nell-Mari Basson van Pretoria se Graad 1 klaskamer. Sy en haar seun Thomas Basson van Tom se swartbord se handewerk. William Gadney se graadsesklas! Baie dankie aan al die onnies wat hul foto’s met ons gedeel het! Indien julle ook foto’s het om te deel, stuur dit gerus aan na admin@onniesonline.co.za en ons laai dit dalk op! Lees verder: Afrikaanse h...

Kyk hoe gee hierdie onnie sy klas ‘n make-over!

Wow, dit wys jou net hoeveel gedoen kan word met papier en dat 'n mens net 'n bietjie uit die boks uit moet dink! Op 'n ander noot wens ek dat ek so klein klassie soos die Meneer gehad het... Geniet die video en onthou om asb. vir ons julle klaskamerfoto's te stuur na admin@onniesonline.co.za!

10 klaskamer-idees vir onnies met ouer kinders

Hierdie klaskamer idees is definitief nie net vir onnies met jong leerders nie!

Hoe om jouself tydens eksamentoesig besig te hou

  Een ding wat alle onderwysers haat is definitief om toesig te hou gedurende eksamens! Dis seker die verveligste ding ooit en dis só ‘n mors van tyd!   Vir die verdwaalde ouer wat hulself op die verkeerde blog bevind, dís gewoonlik wat die reëls gedurende eksamentyd is:   Jou selfoon moet af wees. Of jy mag glad nie daarna kyk nie. Jy mag nie eet nie. Jy mag nie ‘n boek lees, na jou iPad kyk of enigiets doen behalwe om “aktief toesig te hou” nie. Jy mag nie praat of gesels met iemand wat in die kamer is nie. Jy kan nie badkamer toe gaan nie – KNYP, suster! Jy moet soms die tyd op die bord skryf om te sê hoeveel tyd nog oor is, want blykbaar weet hoërskoolleerlinge nog steeds nie hoe om tyd uit te werk nie. En dan sommer baie ander simpel goed waaraan ek eerder nie nou...

6 memes wat net onnies sal verstaan!

  Een ding wat ons almal in gemeen het, is om nou en dan terug te staan en te lag oor die dinge wat daagliks in ons klasse en by die skool aangaan. Hierdie goed is vir ons verskriklik snaaks, maar wanneer ‘n mens dit dalk aan jou nie-onnie-vriende verduidelik, kyk hulle jou sommer so aan terwyl jy soos ‘n besete lag. Ons almal ken daai onnie wat buite die klas staan en hul vingers snap. Dis die eerste woorde wat my EAT-leerders geleer het: “Kom, kom, kom!” Mense verstaan nie die trauma wat ons moet deurmaak by winkelsentrums nie. Maak nie saak waar jy hierdie kind skuif nie, dis altyd skaakmat. Sekere mense bring tyd in die verkeer deur, ons… Fluister tel as praat. Punt. Stop. Klaar.  Daardie “lang vakansies” wat ons kry is om seker te maak on...

Maklike DIY vir die ingenieurtjies in jou klas – STEM

TED-spreker Fawn Qiu ontwerp prettige, laekosteprojekte wat alledaagse goed soos papier en materiaal gebruik om die ingenieurswese aan kinders bekend te stel. In hierdie vinnige, slim praatjie van die skepper van die “Flappy Bird in a Box Hack,” vertel Qui hoe nie-tradisionele werkswinkels soos hare die persepsie van tegnologie kan verander en studente kan inspireer om ook uit die boks te dink en dinge te ontwerp en te bou. Tegnologie in ‘n skool is gewoonlik een van die vakke wat gesien word as “nie so belangrik nie” of “net nog ‘n vak”, maar in vandag se samelewing is STEAM (Science, Technology, Engineering, Arts & Mathematics) verskriklik belangrik in skole omdat ons wêreld so vinnig verander. Om kinders ‘n lus te gee om te skep en om kreatiewe denke te kweek is dus uite...

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

  As daar nou een ding is wat ons NIE op universiteit leer nie, is dit praktiese maniere om moeilike (selfs normale) klaskamers te hanteer en te beheer. Toe ek begin skoolhou het, het ek ‘n aaklige klas van 46 graadtiens gehad, wat net glad nie geluister het nie. Baie was deurgesit en boonop het ¾ van hulle my vak, Afrikaans EAT, gehaat. So, wat toe? Wel, ek het nie oplossings gehad nie en het maar gesukkel en vinnig van skool verander. Ek wens net ek het meer geweet oor klaskamerbestuur toe ek begin het! Hier is vyf wenke wat vir my werk. Ek is nou by ‘n seunskool, waar die dissipline nie te goed is nie en dit gaan maar moeilik. Die eerste raad wat jy kry, werk nie altyd nie, maar dan moet jy maar net aanhou soek en iets anders probeer. Moet ook nie dink dat jou moeilike klas oornag ...

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

  As daar een ding is wat ons almal as onnies weet, is dat ons werk regtig nie maklik is nie. Somtyds voel dit of alles wat ons doen, die ure wat ons inploeg en al die moeite wat ons doen glad nie ‘n verskil maak nie. Maar dis nie waar nie. Hierdie onnies in die video hier onder was gevra om oor al die struikelblokke in hul daaglikse lewe as onnies te praat. Een onnie sê selfs sy bring meer tyd saam met haar leerders deur (wat sy haar kinders noem – soos ons almal maar doen) as wat sy saam met haar eie gesin deurbring. ‘n Ander sê weer hoe die perfeksionis in hom dit persoonlik opneem wanneer sy leerders nie goed vaar nie. ‘n Oomblik later, gebeur iets fantasties. Kyk die video en maak seker jy het ‘n paar sneesdoekies byderhand. Ek het dit vir seker nodi...