Share This Post

Nuwejaarsvoornemens vir onnies

Nuwejaarsvoornemens vir onnies

Uiteindelik is die einde van 2018 in sig. Dit beteken dat die meeste onderwysers reeds begin het met hulle beplanning vir die volgende jaar en dat hulle reeds laat in die nag wakker lê en dink aan hoe hulle ‘n beter rolmodel en onderwyser vir hulle leerders kan wees in die komende jaar. Al maak die kinders ons amper mal en toets ons perke daagliks, kan ons nie help om hulle lief te hê en altyd die beste vir hulle te wil gee nie. Hier is nou ‘n paar idees hoe jy 2019 kan aanpak met ‘n nuwe, verbeterde gees en lewenslus.

1. Skep jou eie prentjie van elke kind – Alhoewel dit soms baie help om te hoor waarmee leerders gesukkel het in ander klasse, is dit nie goed vir leerders om ‘n etiket om die nek te kry nie. Leerders moet die geleentheid kry om elke jaar oor te begin. Gee dus vir elke leerder kans om hom/haarself aan jou te bewys en gee hulle die voordeel van die twyfel wanneer jy wel negatiewe (of selfs positiewe) kommentaar hoor. Selfs al was die leerder die vorige jaar in jou klas, gee vir hulle ‘n nuwe kans.

Foto: Gipher

2. Probeer ‘n nuwe app – Daag jouself uit om in die vakansie bietjie te gaan soek vir apps wat jy in jou klaskamer kan gebruik. Dit hoef nie eens ‘n app te wees wat enige iets met jou vak te doen het nie – kry iets wat jou gaan help met beplanning of klaskamerbeheer. Ek kan jou amper waarborg dat jy dit so gaan geniet om ‘n gepaste app te soek en te sien hoe dit jou lewe nie net makliker maak nie, maar ook meer genotvol dat jy voor die einde van 2019 nie net een of twee apps gaan hê nie.

Foto: Gipher

3. Maak tyd vir jouself – Hierdie is seker een van die moeilikste voornemens. Ons wil altyd die beste vir die gesiggies voor ons gee, maar dit beteken dat ons na onsself moet kyk. Begin met ‘n nuwe dansklas of koop vir jou ‘n boek wat jy in die bad kan lê en lees. Gaan krap daai ou boks met jou geliefde stokperdjiegoed uit die motorhuis of sluit aan by die gimnasium. Die belangrikste hiervan is dat jy dit net vir jouself doen!

via GIPHY

4. Skep nuwe materiaal vir jou klaskamer – Probeer om nie net dieselfde rympie oor te sê nie, dis wonderlik as jou materiaal werk, maar maak seker dat jy nie net dieselfde oefeninge oor-en-oor gebruik net omdat dit geriefliker is as om nuwe, kreatiewe werk uit te dink nie. Kyk ook ‘n bietjie na jou klaskamermure – haal die ou plakkate af, raak ontslae van Sannie wat in 2001 in jou klas was se spogwerk en gee jou nuwe leerders die kans om ook hulle werk op jou mure te sien. As jy kans sien, kry ‘n nuwe tema en doen alles oor. Hierdeur kan jy die teorie toets of ‘n verandering werklik so goed soos ‘n vakansie is.

Foto: Gipher

5. Fokus op die kinders – Een van die dinge wat ons dikwels die meeste pla in ons beroep as onderwyser is die politiek in skole of die ure se admin. Dink terug aan hoekom jy hierdie beroep gekies het – dit was nie vir die ure se punte uitwerk of die skindernuus in die personeelkamer of om die meeste geld uit al die onderwysers te verdien nie. Dit was om te onderrig en om kinders te verryk. Fokus daarop wanneer dinge moeilik raak. Daar gaan altyd vergaderings wees en altyd beplanning en afrol en merkwerk wees, maar onthou net vir wie jy dit doen.

Foto: teachermemes

6. Word deel van die groter netwerk – ‘n Mens word baie maklik vasgevang net in jou skool of selfs jou klaskamer. Probeer hierdie jaar om werk met ander onderwysers in jou departement te deel, kom in kontak met jou cluster en kry ‘n vriend/in met wie jy kan gesels. Alhoewel baie mense nie hulle werk met jou wil deel nie, is die meerderheid van mense gewillig om jou hande te was as jy hulle hande was. Word ook deel van die gemeenskappe op Facebook. Daar is verskeie groepe spesifiek vir jou vakke en ook ‘n hele paar algemene Onderwysers-groepe.

7. Gee individuele aandag aan elke leerder – Hierdie is seker amper onmoontlik omdat die meeste onderwysers hopeloos te veel kinders het om na om te sien, maar stel vir jouself ‘n doel en werk hard om teen die einde van die jaar elke leerder bietjie beter te ken. Keer-op-keer is dit bewys dat die “stout” kind eintlik net liefde nodig het en die stil kind wil soms net iemand hê wat kan luister. Dink terug na jou eie skoolloopbaan: die meeste van ons het een of twee onderwysers wat daar was vir ons en moeite gedoen het om ons te leer ken – wees daardie onderwyser!

via GIPHY

Probeer ‘n beter onderwyser wees in 2019, dit sal ook jou leerders motiveer om dieselfde te doen. Ons is rolmodelle vir leerders wat nog gevorm moet word. Geniet die volgende jaar en wees die onderwyser wat jy wou wees toe jy die beroep gekies het.

Lees verder:

Idees vir woordeskatuitbreiding

Tablette in skole: Voordele en nadele

10 maniere om lees in jou skool te bevorder

Digitale etiket en waarom dit belangrik is om ons leerders hiervan te leer

10 idees vir jou klaskamer

Deel jou (GRATIS) hulpmiddels met ander onnies

Wenke vir jou volgende onderhoud

Jou skool benodig ‘n webtuiste: Kwikweb kan help

Video’s vir derdetaalleerders

200 + Wiskundevideo’s vir graad 4 – 7

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.