Share This Post

5 redes waarom ‘n skool ‘n webtuiste moet hê

5 redes waarom ‘n skool ‘n webtuiste moet hê

In ‘n onlangse studie het 45% van internetgebruikers in Suid-Afrika aangedui dat hulle gedurende die laaste 30 dae die internet gebruik het om inligting oor ‘n diens of produk te soek. Met 28.66 miljoen internetgebruikers in Suid-Afrika, funksioneer jou skool werklik in die donker eeue as hulle nog nog nie ‘n webtuiste het nie. Veral omdat daar ‘n nuwe generasie van “digital natives” as ouers is, wat inligting onmiddellik wil verkry.

Hier is ‘n paar redes waarom ‘n skoolwebtuiste so belangrik is:

1. Inligting is altyd beskikbaar

Daar is soveel papierwerk betrokke in enige skool. Wanneer jou skool ‘n webtuiste het, is al hierdie inligting op een plek beskikbaar. Indien iemand vinnig wil sien hoe hulle die skool kan kontak, wie die skoolhoof is of wie op die beheerliggaam dien, kan hulle sommer dadelik hierdie inligting op die webtuiste kry.

Wanneer leerders ingeskryf moet word vir die skool, kan voornemende ouers ook al die nodige vorms en dokumente op die webtuiste kry.

Dit beteken ook dat alle reëls en beleide ook beskikbaar kan wees vir ouers. Niemand hoef te sê dat hulle “nie geweet het nie” omdat die inligting op die skool se webtuiste beskikbaar is.  

2. Eerste indruk van ‘n skool

‘n Skool se webtuiste is deesdae die eerste indruk wat mense van buite van die skool kry. Dis ‘n uitstekende bemarkingsgeleentheid vir die skool om te wys wat die skool alles bied en wat dit uniek maak. Inligting soos vakke wat aangebied word in Hoërskole, sportkodes wat afgerig word en kultuuraktiwiteite wat aangebied word, sê baie van ‘n skool.

Die geskiedenis en prestasies van die skool behoort ook op die webtuiste gewys te word.

Dis ook dadelik duidelik van die skool se webtuiste wat die kultuur van ‘n skool is. Indien iemand wou aansoek doen om by jou skool te werk, en hulle weet niks van jou skool nie, gee die webtuiste ‘n goeie indruk vir die aansoeker om te sien of hy / sy by die skool sal inpas. So ook vir voornemende leerders.

3. Verdien ‘n inkomste

Omdat die webtuiste deur ouers van skool besoek word, beteken dit dat borge ook op die webtuiste kan adverteer. Daar kan byvoorbeeld ‘n gedeelte op die voorblad van die webtuiste wees wat aandui wie die skool ondersteun met skakels na die besighede se webadresse. Om advertensiespasie op die webtuiste te verkoop, beteken ook dat die onderhoudskoste van webtuiste gedek kan word sonder om ander belangrike fondse daarvoor te gebruik.

4. Hou ouers op datum met nuus, nuusbriewe en belangrike datums

Hierdie punt gaan gepaard met nommer een en twee. Ouers wil graag op datum gehou word van wat by die skool aangaan. Daar kan ‘n nuusafdeling op die webtuiste wees, waar foto’s, terugvoering van leerders en prestasties oor berig kan word. Kry die skoolkoerant se redaksie om elke week ‘n artikel op te laai van wat daardie week by die skool gebeur het. Deel dit dan op Facebook en Twitter om die skoolgemeenskap dan meer bewus te maak van die skool se webtuiste.

Wanneer nuusbriewe of omsendbriewe uitgestuur word, kan dit ook op die webtuiste gelaai word. Een stap verder is natuurlik om dit slegs op die webtuiste te laai en die papier te spaar waarop die omsendbriewe gedruk word, dit word mos in elk geval net weggegooi en soveel keer tel mens hierdie briewe op in die skool nadat dit uitgedeel is.

5. Verminder die druk in die kantoor

Wanneer alles op datum gehou word op die webtuiste en al die inligting wat ouers soek is daarop beskikbaar, verminder dit die druk op personeel in die skoolkantoor. Ouers hoef nie elke dag te bel om uit te vind van “hierdie vormpie” en “daardie bladsy met die skool se bankbesonderhede” nie, want alles is op een plek beskikbaar. Dit kan ook verhoed dat soveel ouers net vinnig by die kantoor inloer om ‘n sekere dokument op te tel, omdat dit alles op die webtuiste beskikbaar is. Maak net seker dat ouers weet van die webtuiste en dat alles daar beskikbaar is, na ‘n rukkie sal hulle dit gewoond raak en eerder eerste gaan soek voordat hulle die skool kontak.

So, hoe gemaak om ‘n webtuiste te kry?

Baie skole het nie die nodige hulpbronne om vir ‘n duur webtuiste deur ‘n agentskap te betaal nie. Kwikweb het ‘n sakpas-oplossing vir skole. Hulle het honderde templates waarvan ‘n mens kan gebruik maak vir die basis van die skool se webtuiste. Afdelings word ook maklik bygevoeg tot die webtuiste deur net een knoppie te druk. Kwikweb het ‘n maklike stelsel waarmee die skool self veranderinge kan aanbring, maar hulle kan ook die webtuiste vir die skool onderhou vir slegs R100 ekstra per maand. Na ‘n konsultasie met die skool om uit te vind presies wat die skool benodig, maak Kwikweb dan die webtuiste. Hulle lei dan ook die administrateur van die webtuiste op om seker te maak dat die skool self veranderinge kan aanbring om die inligting altyd op datum te hou.

Al Kwikweb se webtuistes is ook selfoonvriendelik. Dit beteken dat die webtuiste net so goed op jou selfoon sal vertoon soos dit op die skerm vertoon. Omdat meeste mense deesdae hul selfone gebruik om webtuistes te besoek, is dit belangrik dat dit vinnig laai en reg vertoon op selfone sowel as rekenaars.

Die stelsel is ook Afrikaans-vriendelik. Indien jou skool kies om die webtuiste in Afrikaans op te stel, sal die spyskaart en onderafdelings in Afrikaans wees.

Kwikweb het ook ander modules wat op die webtuiste gelaai kan word. Indien jou skool bv. ouers wil toelaat om uniforms aanlyn te bestel of kaartjies vir geleenthede aanlyn wil verkoop, kan hulle dit in die webtuiste inbou. Die volgende modules kan ook op die webtuiste gelaai word, wat jou skool baie tyd kan bespaar:

  • ‘n Kalender wat maklik opgedateer kan word.
  • Stuur “bulk” e-posse en SMSe uit deur die webtuiste.
  • Aanlynvorms om inligting in te win, soos bv. ‘n opname oor wat by die snoepie bedien moet word, of ander belangrike inligting van ouers.

Hier is ‘n paar voorbeelde van webtuistes wat Kwikweb al vir skole ontwerp het:

Meer as 15,000 webtuistes is al deur Kwikweb ontwerp sedert 2005 en hul diens is uitstekend. Hulle pryse is baie billik. Die maandelikse koste van die pakket en “hosting” is slegs R165+BTW. Die gewone prys vir ‘n webwerf is gewoonlik R2500 (eenmalig) wat opleiding insluit. Onnies Online het die volgende afslag beding vir skole wat in Oktober en November hulle webtuistes deur Kwikweb laat ontwerp:

  • Eerste drie maande gratis
  • R750 afslag op die ontwerp en opleidingsfooi

Skakel 0128090055 of 0210720303 om meer uit te vind oor Kwikweb se dienste of besoek hul webtuiste: www.kwikwap.co.za

Kwikweb het ‘n groot ondersteuning- en ontwerpafdeling. Dit beteken dat onderwysers ook ‘n ekstra inkomste kan verdien deur Kwikweb se webtuistes te verkoop. Jy het geen ondervinding nodig in die ontwerp van webtuistes nie. Vind meer uit hier.

*Hierdie artikel is deur Kwikweb geborg.

Lees verder:

Video’s vir derdetaalleerders

200 + Wiskundevideo’s vir graad 4 – 7

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.