Share This Post

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

As daar nou een ding is wat ons NIE op universiteit leer nie, is dit praktiese maniere om moeilike (selfs normale) klaskamers te hanteer en te beheer. Toe ek begin skoolhou het, het ek ‘n aaklige klas van 46 graadtiens gehad, wat net glad nie geluister het nie. Baie was deurgesit en boonop het ¾ van hulle my vak, Afrikaans EAT, gehaat. So, wat toe? Wel, ek het nie oplossings gehad nie en het maar gesukkel en vinnig van skool verander. Ek wens net ek het meer geweet oor klaskamerbestuur toe ek begin het!

Hier is vyf wenke wat vir my werk. Ek is nou by ‘n seunskool, waar die dissipline nie te goed is nie en dit gaan maar moeilik. Die eerste raad wat jy kry, werk nie altyd nie, maar dan moet jy maar net aanhou soek en iets anders probeer. Moet ook nie dink dat jou moeilike klas oornag gaan verbeter nie, want goeie klaskamerbestuur gaan oor verhoudings en Rome was nie in een dag gebou nie.

Praat met mekaar soos grootmense

Ek het al voorheen oor Rita Pierson geskryf. Hierdie video het my BAIE gehelp om die manier waarmee ek met kinders te praat, te verander. En glo my, respek kweek respek. Rita praat van ‘n wen-wen-gesprek, waar beide jy én die kind beter wegstap sonder om te gil en te skree op mekaar. Hierdie taktiek werk selfs op daardie kind wat amper ouer as jy is en nog steeds in graad 10 is. Ek het ook besluit om haar leuse in my klas op te plak en die seuns het baie goed op hierdie idee gereageer. Laai dit hier af. 

Ken jou kinders se name!

Ek ken nog nie al my kinders se name en ek glo vas dis hoekom ek nog bietjie met hulle sukkel.

Klaskamer-organisasie

Om ‘n sitplekkaart te hê, help jou om name te leer en te eksperimenteer met wie nie met wie moet meng nie. Ek het gewoonlik een gereed aan die begin van die jaar en dan verander ek dit weer na ‘n paar weke en definitief elke kwartaal. In hierdie voorbeelde was my klassies lekker klein, maar nou is dit weer 35+.

Reëls en roetine en konsekwentheid

Die belangrikste ding in enige klas is om jou eie reëls te hê, wat by die skoolreëls inpas. 5 reëls is genoeg en dit moet sigbaar wees. Jou kinders moet ook weet of hulle vir jou buite moet wag, of hulle moet staan by hulle banke en jou met respek moet groet en of jy dit toelaat dat hulle kan kom en gaan soos wat hulle wil net solank hulle betyds is. Wees ook konsekwent. Leerders voel baie vinnig dat dissipline onregverdig is wanneer almal nie onder dieselfde kam geskeer word nie.

Foto: Pinterest

BEPLAN, BEPLAN, BEPLAN!

Daar word nie van baie van ons verwag om lesplanne uit te werk nie, maar dit beteken nie dat ons net in die klas kan instap sonder om eers te dink wat ons gaan doen nie. As jy nie voorbereid is nie, kan leerders dit ruik. Hulle gaan sommer dadelik jou periode vir jou hel maak. En daardie paar sekondes wat skole gebruik om klasse te wissel? Gebruik dit om blitsvinnig reg te wees vir jou volgende les, al organiseer jy net gou weer jou tafel. Wanneer jou les van die eerste sekonde af die leerders se aandag trek, gaan jy glad nie sukkel om hulle verder besig te hou nie. En jy weet mos ook hoe lank dit vat vir leerders om aandag te verloor, so hê iets reg vir die wis en die onwis en sommer die verveeldheid tussenin. As jy graag van tegnologie in die klas gebruik maak, weet ook dat iets verkeerd gaan loop. Jy moet altyd ‘n plan B – Z hê. Daar is niks so goed soos ‘n backup-werkkaart wat reeds vir ‘n klas afgerol is nie.

Kyk na hierdie video’tjie. Dis ‘n goeie opsomming oor hoe om ‘n effektiewe klaskameromgewing te skep.

Een ding wat ek geleer het, is dat jy hóé groot en sterk en scary kan wees met ‘n stem wat so hard kan skree dat honde en katte myle ver weg begin malgaan, maar as jy nie passievol is nie, en as jy nie omgee nie, gaan hulle NIE vir jou luister nie. Hierdie is ‘n opsomming oor Rita Pierson se TED-praatjie, Every Child Needs a Champion, en dit is iets waarop ek deesdae my onderrig-filosofie baseer:

Foto: Sylvia Duckworth

Wat is julle wenke vir onnies? Wat werk in jou klas? Deel met ons!

Onlangse Inskrywings

Adverteer onderwysposte op Onnies Online!

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

5 Comments

  1. Moet nooit sit nie Jy stuur n boodskap uit jy is.nie belangrik Jou werk is nie belangrik Loop rons as kinders werk dan vind leer en vaslegging plaas

    Reply
  2. Baie dankie!!

    Reply
  3. Baie dankie.Waardeer.

    Reply
  4. Baie dankie

    Reply
  5. Berei deeglik voor vir jou lesse, kinders kom vinnig agter as jy onvoorbereid is-as hulle instap, begin met werk. Moenie gou eers iets gaan afrol nie.
    Bly konsekwent met jou reels vir jou klas, anders gaan jou reels misluk.
    Ken jou kinders en hul omstandighede, gee om vir hulle en maak n groot hoeha van goeie gedrag en werk.
    Gee vir die belhamels takies in die klas. Hierdie kinders is gewoonlik stout omdat hulle nie verstaan nie/sukkel met lees en skryf/soek aandag en liefde.
    In jou klas is jy in beheer, die oomblik wat jy die kind kantoor toe stuur, is jou gesag minder.
    Probeer alle leerstyle in n les dek.
    Wanneer kinders aktief besig is, is hulle nie stout nie.
    Gebruik die moderne tegnologie!!!!

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.