Share This Post

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

 

As daar een ding is wat ons almal as onnies weet, is dat ons werk regtig nie maklik is nie. Somtyds voel dit of alles wat ons doen, die ure wat ons inploeg en al die moeite wat ons doen glad nie ‘n verskil maak nie. Maar dis nie waar nie. Hierdie onnies in die video hier onder was gevra om oor al die struikelblokke in hul daaglikse lewe as onnies te praat. Een onnie sê selfs sy bring meer tyd saam met haar leerders deur (wat sy haar kinders noem – soos ons almal maar doen) as wat sy saam met haar eie gesin deurbring. ‘n Ander sê weer hoe die perfeksionis in hom dit persoonlik opneem wanneer sy leerders nie goed vaar nie. ‘n Oomblik later, gebeur iets fantasties. Kyk die video en maak seker jy het ‘n paar sneesdoekies byderhand. Ek het dit vir seker nodig gehad!

 

 

Onthou, jy maak ‘n verskil, al voel dit nie altyd so nie. Jy word waardeer, al is dit eers later in ‘n kind se lewe wat hulle besef watter impak jy op hulle lewens gehad het. Dink terug aan hoekom jy ‘n onderwyser geword het. 99% van die tyd is dit omdat ‘n onderwyser ‘n positiewe impak op jou lewe gehad het, al was dit net een.

Dankie, onnies!

 

Onlangse Inskrywings:

Werkboekies vir die Grondslagfase!

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Ontspan: Kleur in!

Digitale Media in die Afrikaansklas

Vakante Onderwysposte

Moenie moed opgee nie

Afrikaanse hulpmiddels

 

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.