klaskameridees

2020 Klas Dekor: Plakkate, Kalenders en Ander Dekor

2020 KALENDER – FLAMINK TEMA A4 PDF AFLAAIBARE KALENDER (FLAMINK TEMA) Besoek Winkel. VERJAARSDAG KALENDER – KLASKAMER DEKOR UIL TEMA Besoek Winkel. WackyNix Donut Verjaarsdag Ketting Besoek Winkel. Voorblaaie 30+ A4-Voorblaaie: Verskeie Temas Besoek winkel. Voorblaaie vir boeke: Tema Uile 17 Voorblaaie in PDF met pragtige rame en prente. Besoek winkel. Llama Alfabet Plakkate A4 PDF aflaaibare plakkate vir die klaskamer met die alfabet. Besoek Winkel UIL DEKOR – GETALLE (0-10) A4 PDF AFLAAIBARE PLAKKATE VIR GETALLE 0 TOT 10 + OPSKRIF. BESOEK MY SKOOL GOETERS SE WINKEL VIR MEER DEKOR IN HIERDIE TEMA. Besoek Winkel. Trappe van vergelyking (2x plakkate) Besoek Winkel. Dae van die week Besoek Winkel. Maande van die jaar Besoek Winkel. Dissipline Speletjie Gratis Speletjie om dissipline in klas...

2020 Klas Dekor: Temas

WackyNix Leeu Klas Dekor Die WackyNix Klas Dekor Pak is die perfekte beginners pak vir enige klaskamer met genoeg dekor om die klas tema uniek te maak. Die dekor pak is EDITABLE en sluit die volgende in:1. Deur Plakkaat2.Vak Plakkate3.Flaggies4.Nommers 1- 205.Klas Kaptein Balkie6.Boodskapper Balkie7.Gang Pas8.Alfabet9.Dae van die week10.Maande van die jaar11.Groep nommers12.Kleure13.Vorms14.Welkom Bannier KLASTEMA: Legkaart (EDITABLE) **Bewerkbare / Editable Produkte **1. Deurkaart: 1 x A32. Verjaarsdagkaart: 13 x A43. Verjaarsdagkaart Opskrifte: 1 x A34. Weerkaart: 3 x A35. 36 Vlaggies: 12 x A4 / A3 (kan enige grootte gedruk word)**6. 16 Tas Naam Kaartjies: 1 x A37. Tema Prente: 6 x A3**8. 12 Verwelkomingskaartjies: 1 x A39. Dae van die Week / Maande van die jaar: 5 x A4 Apparaat mag sleg...

My skuif na die laerskool en hoe ek nou Afrikaans EAT aanbied

Ek was so opgewonde toe ek hierdie jaar uiteindelik ‘n laerskoolpos gekry het. Ek hou nou al vir ses jaar lank skool en was nog altyd in hoërskole met ‘n fokus op graad 7 tot 9. Wanneer ‘n mens gewoond is daaraan om vir ouers kinders skool te gee, is dit nogal ‘n aanpassing om laerskool toe te skuif. Ek gee Afrikaans EAT vir graad 4 – 6 en het óók my eie graadvyfklassie vir wie ek sosiale- en natuurwetenskappe aanbied. Ek is baie gelukkig by die laerskool, maar moes baie vinnig my onderwysmetodes aanpas om beter klas te gee vir die kleintjies. Omdat ek ‘n Afrikaans EAT-onnie is, is daar ‘n paar uitdagings wat my in die gesig staar: By my skool het ons slegs 3 ure Afrikaans per week. Lesse is ‘n volle uur lank (help!) Die kinders leer baie min Afrikaans in die grondslagfase omdat die ...

Aangevulde realiteit (AR)

  Aangevulde realiteit (augmented reality of AR) is een van die nuwe golwe van tegnologie wat oor die laaste paar jaar aan die wêreldbevolking gelewer word. Maar wat is dit eintlik? En hoe kan dit gebruik word om onderrig en leer te bevorder? Aangevulde realiteit is ’n tegnologie wat beelde of inligting op video’s, foto’s of oogvlakbeelde (head-up displays of HUD’s) toevoeg. ’n Voorbeeld hiervan is die gewilde selfoonspeletjie Pokémon GO. Aangevulde realiteit het die gespreksonderwerp tuis en in die klaskamer geword toe tienderjariges en nie-so-tienderjariges versot geraak het op die Pokémon GO-speletjie. Soos met baie ander tegnologieë het dit in gewildheid toegeneem as gevolg van die vermaaklikheidsaspek daarvan, maar hoe kan hierdie soort tegnologie op die gebied van on...

Wenke om die sprong van hoërskool na laerskool te oorleef.

Na 6 jaar as ‘n hoërskoolonderwyseres het ek die groot skuif gemaak en ‘n graad 4 juffrou geword. Alhoewel my hart nog altyd na die kleiner kindertjies gehunker het, was dit ‘n groot skok en groot aanpassing. Hier is my top 10 wenke aan enige iemand wat graag hierdie skuif oorweeg: As jy enigsins jou persoonlike spasie geniet, raak ontslae van daardie gevoel.         Daag jouself uit en tel hoeveel drukkies jy in een dag kry. As dit te moelik is om deur een dag te kom, vat dit maar uur-vir-uur. Wees ook versigtig vir diè wat die vermoë het om te kleef soos ‘n neet. Baie kinders moet letterlik van jou afgetrek word en ‘n tweede volwassene sal dalk nodig wees om jou met hierdie takie te help.  Wees ook bewus van die feit dat jy nou ‘n permanente stertjie gegroei het....

ClassDojo: Effektiewe kommunikasie met ouers

Kommunikasie is ongelooflik belangrik tussen onderwysers en ouers, maar dit is ook ‘n baie moeilike proses om reg te kry. ‘n Mens moet probeer om ‘n balans tussen té veel en té min kommunikasie te kry, en, alhoewel dit baie belangrik is om ‘n proffessionele verhouding met ouers te handhaaf, is dit heerlik om oulike oomblikke met ouers te kan deel.  Dit is natuurlik moontlik om slegs per e-pos met ouers te kommunikeer en dit is heeltemal doenbaar in ‘n hoërskool, maar in die laerskool is die ouers ‘n bietjie meer betrokke en het meer leiding van onderwysers nodig. Dit vat ook tyd en moeite om al die ouers se e-posadresse te laai en om groepe te skep om boodskappe vir ‘n hele klas te stuur. Ek glo wel dat formele kommunikasie steeds deur die skool gestuur moet word aan ouers en indien dit ‘n...

Voordele van tegnologie in die klaskamer

In die 21ste eeu is dit moeilik om ons lewens sonder tegnologie voor te stel – oral waar jy gaan is almal op hul slimfone, tablette of skootrekenaars. Maar het hierdie toestelle ʼn plek in die klaskamer? Heelwat navorsing dui daarop dat die doeltreffende gebruik van tegnologie ’n belangrike hulpmiddel in onderrig kan wees. Die klem lê egter op die woord “doeltreffend”. As tegnologie deel vorm van die kurrikulum, en nie net as ‘n byvoeging beskou word nie, kan dit baie voordele vir jou as onderwyser en vir jou leerders inhou. Vergemaklik administrasie-take Bo en behalwe klasgee het onderwysers van vandag talle addisionele  verantwoordelikhede buite die klaskamer insluitend die beplanning en voorbereiding van lesse, nasien van take en toetse, en die inlees van punte. Tegnologie kan met ...

10 Maniere om lees in jou skool te bevorder

Een van die groot probleme wat ons tans in Suid-Afrika ervaar, is die feit dat ons leerders sukkel om te lees. Lees is nie net ‘n eienskap wat leerders benodig om ‘n sukses van hul toekomstige loopbaan te maak nie, dit is ook ‘n vaardigheid wat hulle nodig het om sosiaal, intellektueel en emosioneel te ontwikkel.   Volgens Times Live kan 80% van Graad 4-leerders nie op die geskikte vlak lees nie. Volgens dieselfde bron is Suid-Afrika laaste geplaas in die Progress in International Reading Literacy Studie (PIRLS) wat amper 320 000 kinders wêreldwyd ingesluit het. Gaan lees gerus meer oor die bevindings van Times Live hier: https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2017-12-06-read-it-and-weep-sa-kids-struggle-with-literacy/   Lees is belangrik omdat dit leerders se kreatiwiteit...

Dinge om die eerste dag van ‘n nuwe kwartaal te doen

Die eerste dag van skool (in ‘n nuwe kwartaal) is darem nie so deurmekaar soos die eerste dag van skool van ‘n nuwe jaar nie, maar dis nie altyd moontlik om dadelik weg te spring met werk nie. Uit ervaring weet ek ook dat daar somtyds baie onverwagte dinge gebeur en dat jou periodes soms kortgeknip word. Hier is dalk ‘n paar goed wat jy kan doen (wat nie ‘n mors van tyd is nie.)   Gooi weg daardie “wat het jy in die vakansie gedoen” werkkaart/lesplan Jy kan beter. Nie almal kan weggaan in vakansies nie. En heel waarskynlik het kinders net voor die TV gesit en videospeletjies speel. Baie opwindend. Dink liewer aan “wat het ons in die laaste kwartaal gedoen” om die gevriesde geheues te ontdooi. Laat hulle ‘n breinkaart teken en neerskryf wat hulle onthou van ‘n spesifieke tema. Dis dalk...

Jy sal nie glo hoe mooi hierdie onnies se klasse lyk nie

Hierdie onnies het almal ure spandeer om hulle klasse reg te kry vir die nuwe skooljaar. Baie onnies gebruik hul eie geld en sommer baie ekstra tyd om hul klasse so mooi in te rig. Ons is seker die leerders gaan baie lekker in hierdie klasse leer! Dis ‘n inspirasie vir ons almal! Welgedaan, onnies! Carla Grobbelaar se Cat in the Hat klas Super Kidz Academy in Equestria se oulike klassies Carol Venter se matroosklassie!   Nell-Mari Basson van Pretoria se Graad 1 klaskamer. Sy en haar seun Thomas Basson van Tom se swartbord se handewerk. William Gadney se graadsesklas! Baie dankie aan al die onnies wat hul foto’s met ons gedeel het! Indien julle ook foto’s het om te deel, stuur dit gerus aan na admin@onniesonline.co.za en ons laai dit dalk op! Lees verder: Afrikaanse h...

Kyk hoe gee hierdie onnie sy klas ‘n make-over!

Wow, dit wys jou net hoeveel gedoen kan word met papier en dat 'n mens net 'n bietjie uit die boks uit moet dink! Op 'n ander noot wens ek dat ek so klein klassie soos die Meneer gehad het... Geniet die video en onthou om asb. vir ons julle klaskamerfoto's te stuur na admin@onniesonline.co.za!

10 klaskamer-idees vir onnies met ouer kinders

Hierdie klaskamer idees is definitief nie net vir onnies met jong leerders nie!

  • 1
  • 2