Share This Post

Idees vir Poësie-maand!

Idees vir Poësie-maand!

April is Poësie-maand. Dis die perfekte geleentheid om ‘n liefde in leerders vir poësie en gedigte-skryf te kweek.

Kyk net na hierdie fantastiese video op TedEd oor wat poësie is en wat as poësie tel.

Ek het lank terug ook iets vir graad 4-onnies op my ou blog gelaai oor gedigte-skryf.

Wanneer ons gedigte skryf, glo ek nog altyd in rymbal. ‘n Lekker ysbreker-aktiwiteit om saam met die leerders te doen (om die creative juices te laat vloei) is om RYMBAL te speel. Jy gee `n woord vir die leerders, jy gooi die bal vir iemand, hy / sy vang en gee `n woord wat rym met jou woord so gou as moontlik. Hy / sy gooi dan die bal vir enigiemand anders in die klas en daardie persoon moet dan weer rym! Siedaar, lekker rymwoorde vir almal. Skryf sommer die woorde op die bord neer sodat almal kan sien en van die rymwoordeskat gebruik kan maak.

Daar is ook ‘n paar uitstekende apps wat ‘n mens op iPads en Android kan gebruik om vir leerders ‘n struktuur te gee om gedigte te skryf. Dit maak dit soveel makliker!

Dr. Estelle Kruger, voorheen verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Opvoedkunde Fakulteit, het haar eie manier van kreatiewe skryfonderrig ontwikkel en het honderde uitstekende idees oor poësie-onderrig op haar blog, Klaskenades. Kyk veral na die bladsy oor styl en struktuur om meer te leer oor digvorme wat meer toeganklik vir leerders is.

Spraakborrel het ook uitstekende hulpmiddels wat veral die kleintjies help om vaardighede te ontwikkel deur rymspeletjies en gedigte-skryf. Uitstekend!

Op soek na nuwe maniere om gedigte aan te bied? Kyk gerus na hierdie voorbeelde asook die hulpmiddels wat op Onnies Online gelaai is.

Lees Verder

Quizlet: Aanlyn-flitskaarte vir onnies en leerders

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Adverteer onderwysposte op Onnies Online!

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.