Share This Post

Afrikaanse hulpmiddels deur Onnies Online

Afrikaanse hulpmiddels deur Onnies Online

Op soek na oulike Afrikaanse hulpbronne? Jy hoef nie verder te soek nie, Onnies Online het klomp dinge wat net te lekker in jou klas sal werk.

Wanneer laas het jy op Teacha! ingeloer? Op ons Teacha-winkel het ons die volgende hulpbronne. Sommer lekker goedkoop!

Vir die Afrikaansonnies het ons oefeninge wat jy sommer as ‘n toets ook kan gebruik. Hierdie hersieningsoefening het vrae en ‘n memorandum. Kopieër dus vir jou klas en hulle kan lekker oefen. Dis ‘n Taal in Konteks oefening vir graad 6 of 7. Dit sluit ‘n memorandum in en tel uit 50 punte. Hierdie oefening kan ook gedeeltelik vir ‘n eksamenvraestel gebruik word! Dit toets die volgende begrippe: Voorsetsels, Sinstipes, Meervoude, Verkleining, Tye, Voegwoorde, Indirekte Rede, Ontkenning en Woordorde.

Die Indirekte Rede werkkaart sal perfek wees vir jou graad 7 leerders, of díė wat ekstra inoefening verg.

Die lydende vorm werkkaart werk lekker vir graad sewes. Dit bevat Teenwoordige, Verlede en Toekomende Tyd, maar is op ‘n baie maklike vlak waar leerders nog nie nodig het om sin te maak van WYSE / TYD / PLEK nie. Hierdie is ‘n lekker remediërende oefening of werkkaart wat by die huis voltooi kan word.

Die STOMPI plakkaat help my leerders só baie. Die plakkaat sal Engelse leerders help om die woordorde reël, STOMPI, toe te pas.

Daar is ook iets vir Sosiale Wetenskappe. ‘n PowerPoint les oor Mielies en Koring en nog een oor Vrugteboerdery. Dis baie visueel en my leerders het dit baie geniet toe ek derde kwartaal Graad 4’s gehad het.

Daar is ook natuurlik Antonieme, Sinonieme, Homofone en Homonieme plakkate. Druk dit uit op A3 en vertoon dit in jou klas.

Vir die Grondslagfase-onnies is daar ietsie oor Vervoer in beide Afrikaans en Engels. Dis oulik om uit te druk op A4 en te gebruik as plakkate of flitskaarte oor verskillende vervoermiddels.

Indien jy nie belangstel in my produkte nie is daar honderde ander om van te kies – ook gratis! AfrOnnie het byvoorbeeld vraestelle opgelaai en Juffer het klomp dinge vir die jongklomp. As jy op soek na plakkate is, het Mondvol Afrikaans weer die oulikste plakkate opgelaai. Daar is amper meer Afrikaanse produkte as Engelse produkte – uiteindelik kwaliteit hulpmiddels wat jy in jou klaskamer kan gebruik!

Screen Shot 2015-08-04 at 8.38.45 PM

Teacha! is ‘n aanlyn mark vir onderwysers om hul hulpbronne te verkoop. Dis maklik. Jy registreer en laai jou produkte in ‘n japtrap op. Onderwysers kan dan jou hulpbronne koop teen ‘n minimale prys. Om moeite te doen vir lesse was nog nooit van te vore so belonend nie.

En vir díé wat nie kans sien om iets aanlyn te koop nie, onthou, Onnies Online is eerstens ‘n plek vir onnies om bymekaar te kom en gratis hulpmiddels te deel. So as jy iets het om te deel, stuur vir ons ‘n e-pos en ons laai dit graag op. Duisende onnies sal net te dankbaar wees!

Besoek Teacha!

Besoek die Onnies Online Winkel.

Indien daar iets is wat jy BAIE graag wil hê en dis nêrens beskikbaar nie, lewer hier onder kommentaar en laat weet ons wat jy graag in ons winkel sal wil sien.

Geniet dit!

Lees verder:

Skep ‘n leeskultuur in jou skool met hierdie 10 wenke

Digitale Etiket en Internetveiligheid: Idees om kinders daarmee te help

10 idees vir jou klaskamer

Maak ekstra geld: Verkoop jou hulpmiddels aanlyn!

Wenke vir jou volgende onderhoud

Stereotipes in die onderwys: Wat sê die onnies?

Video’s vir derdetaalleerders

200 + Wiskundevideo’s vir graad 4 – 7

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Alles wat fout is met ons skole in een video

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

5 Comments

  1. Wonderlike site

    Reply
    • Dankie!

      Reply
  2. Fantastiese werk Jean!

    Reply
    • Dankie, Michael!

      Reply
  3. Hallo Jean. Ek sal graag meer wil weet hoe om te bestel/ koop. Ek is nie so goedop tegnologie nie…

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.