Share This Post

Quizlet: Aanlyn-flitskaarte vir onnies en leerders

Quizlet: Aanlyn-flitskaarte vir onnies en leerders

 

Wanneer ook al ek ‘n sessie aanbied oor Tegnologie in die Klaskamer, is hierdie tool een van my nommer 1’s. As ‘n EAT-onnie, moet ons baie keer woordeskat en lyste van woorde in kinders se koppe kry, maar ai, ‘n lys woorde wat mens moet memoriseer kan tog so vervelig wees. En boonop is dit ook nie beste manier van leer nie. Herhaling is egter iets wat belangrik is wanneer ‘n mens ‘n taal aanleer, en dis gewoonlik waarvoor ek Quizlet gebruik.

Quizlet het twee opsies. Die normale memoriserings-opsie, en dan ook ‘n speletjie-opsie, Quizlet LIVE, waar leerders in groepies saamwerk om korrekte vrae en antwoorde bymekaar te kry. Quizlet kan in jou klas deur jou dataprojektor op die bord gewys word, of as jy ‘n IWB het, kan leerders ook op die skerm druk en memoriseringspeletjies speel. Vir die tweede opsie, Quizlet Live, moet elke leerder óf ‘n slimfoon óf ‘n tablet hê.

Hoe gebruik ek die normale opsie?

Woordeskatinskerping

Voordat ek saam met leerders iets deurlees, sal ek die moeilike woorde vat en vinnig deur dit gaan op Quizlet op die skerm. Mens kan dan ook sommer vinnig sien wie die woorde ken en wie dit nie ken nie. Na die tyd stuur ek die lys vir leerders (op Google Classroom of per e-pos) sodat hulle dit kan gaan leer vir ‘n speltoets.

Driloefeninge

Woorde wat verander? Voorsetsels? Letterkundige terme? Definisies in Besigheidstudies / Geskiedenis / enige ander vak? Hierdie is leerwerk, daar is nie so baie verstaanwerk daaraan betrokke nie – leerders moet dit ken en inoefen!

Ekstra oefening by die huis

Ek moedig leerders aan om Quizlet te gebruik om vir al hulle vakke te leer en SELF die Quizlets op te stel. Ek onthou nog dat van my leerders al in eksamentyd gevra het of hulle hul fone kan gebruik omdat hulle die Quizlet-app gebruik om hul werk te leer en ek kon sien hoe hulle daarby baatgevind het.

 

Wat van Quizlet Live?

Quizlet Live is ‘n uitstekende hulpmiddel vir vaslegging en om te sien of leerders die werk wat in die les behandel is, baasgeraak het. Leerders word outomaties in groepe verdeel en die groepe verskyn op die bord. Die telling word dan ook op die bord gehou en die groep met die meeste punte wen!

Kyk hierdie video’tjie. Dis regtig soveel pret!

 

So, hoe werk die Quizlet-ding?

Ek het vir die eerste keer ‘n video’tjie gemaak om dit stap-vir-stap te verduidelik. Kyk gerus en laat weet my wat jy dink!

 

Lees Verder

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Adverteer onderwysposte op Onnies Online!

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.