Share This Post

Digitale hulpmiddels vir kreatiewe skryf

Digitale hulpmiddels vir kreatiewe skryf

Ek het onlangs met Honneurs Kreatiewe Skryf-studente gesels oor die gebruik van tegnologie wanneer kreatiewe skryf onderrig word. Leerders sukkel baie met skryf, maar baie kan gedoen word om hul houdings teenoor skryf te verander. Natuurlik is tegnologie nie die enigste uitweg nie, maar glo my, dit kan baie help!

Hier is ‘n paar hulpmiddels waaroor ek gepraat het:

Pre-skryf

Wys ‘n video oor ‘n sekere tema, soos byvoorbeeld ‘n milue in ‘n ander land, soos ‘n besige straattoneel in Indië. Laat die leerders dit gebruik as inspirasie terwyl hulle beplan. Dit werk lekker vir ‘n beskrywende opstel. Vra verskillende vra, soos bv:

  • Wat sien jy?
  • Wat ruik jy?
  • Hoe voel jy?
  • Hoekom is jy daar?
  • Wat het voor / na die tyd gebeur?

Gebruik ‘n “story starter” of ‘n “writing prompt” om leerders te help om te begin. Hierdie oulike Story Starter deur Scholastic is wel in Engels, maar hulle kan dit gebruik om inspirasie te kry. Dis soos ‘n dobbelmasjien wat vir jou verskillende kombinasies van stories gee. Dit kies vir jou ‘n karakter, plek en storielyn. Al wat jy moet doen, is om te begin skryf. As jy nie daarvan hou nie, draai weer die wiel en kies ‘n ander storie!Writing prompts is gewoonlik temas wat ‘n mens vir leerders gee om oor te skryf, maar jy kan dit meer interessant maak deur dit meer visueel te maak. Kyk na hierdie voorbeeld van “My superskoene” wat ek vertaal het van ‘n ander oorsese onnie en kinderboekskrywer. My graadsewes was mal daaroor en het baie oulike opstelle geskryf na die tyd. Klik op die prentjie om dit af te laai.

My super skoene

Gedurende skryf

Jy wil natuurlik hê dat die proses van skryf outentiek is. Geen persoon skryf meer sonder om gebruik te maak van woordeboeke nie. Hoekom mag leerders dan nie ook nie? Gebruik ‘n app soos Viva Afrikaans om beter woorde te soek. Google Translate is nie altyd ‘n goeie opsie vir EAT-leerders nie, want dit bevat nog baie foute. Om tyd te spaar laat ek egter my leerders toe om dit te gebruik, maar hulle mag net een woord vertaal nie en nie ‘n hele sin nie.

Jy kan ook vir leerders woordeskatlyste gee wat hulle dalk met hul skryfwerk kan help. Wanneer jy dit voor die tyd deurgaan, sal leerders dit (hopelik!) korrek gebruik. Pasop net; dit neem soms kreatiwiteit weg om vir leerders hierdie lyste te gee en almal se opstelle mag dalk dieselfde klink. Hier is ‘n paar woordeskatlyste op Quizlet.

Aanbieding van skryf

Dis nou die lekkerste deel van skryf. Om dit aan te bied in ‘n kreatiewe manier.

Gebruik Adobe Spark op ‘n iPad om ‘n kort storie verbaal en visueel aan te bied. Lees meer hier.

Gebruik Adobe Slate (op ‘n rekenaar of iPad) om ‘n storie visueel aan te bied. Kyk hierdie video om meer daaroor te leer en kyk na hierdie voorbeeld van ‘n jong leerder in Engels.

Indien julle poësie skryf, kan julle van apps gebruik maak om dit aan te bied en te skryf. Ek het al voorheen hieroor geskryf. Lees meer hier.

Gebruik emojis om kort stories visueel (sonder woorde!)  aan te bied. Kyk hierdie oulike voorbeeld van Aspoestertjie.

Cinderella emoji story

Daar is nog vele meer wat jy kan gebruik, lewer gerus kommentaar hieronder indien jy al iets anders gebruik het.

Indien jy graag meer in jou skool oor al hierdie hulpmiddels wil leer, kontak my gerus en ek kan ‘n praatjie by jou skool kom lewer. Ek gaan binnekort ook oor Tegnologie in die Afrikaansklas gesels by die ATKV Skitter-in-Afrikaans werkswinkel in Johannesburg en Bloemfontein. Sien julle daar!

Onlangse Artikels

Idees vir hersiening

Ou vraestelle op die internet

Video’s oor kreatiewe skryfonderrig

Vakante onderwysposte

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.