Share This Post

Digitale etiket en waarom dit belangrik is om ons leerders hiervan te leer

Digitale etiket en waarom dit belangrik is om ons leerders hiervan te leer

Tegnologie vorm deel van ons daaglikse gewoontes en die meeste leerders hanteer hulle slimfone, tablette en skootrekenaars soos ‘n derde arm – hulle kan eenvoudig nie sonder dit wees nie. Alhoewel ons die gebruik van tegnologie in die klaskamer probeer bevorder, is dit nodig om ook daarop te let dat internet-maniere nie vir kinders natuurlik kom nie en hulle ook dikwels die gevare van die digitale wêreld maklik kan miskyk.

Hoe gereeld vra ons die leerders om gou iets op die internet te soek of hulle navorsing vir ‘n taak daarop te doen? Toeganklinkheid in die digitale wêreld is nie altyd ‘n goeie ding nie. Dit is wel baie gerieflik om vir ‘n kind te vra om vinnig iets te Google en die uitstappies na die biblioteek vir navorsing is ook iets van die verlede, maar ongelukkig is daar kuberkriminele en verskeie gevare op dieselfde platforms waar ons ons leerders vrylaat om inligting te bekom.

Die algemeenste gevaar op die internet waarvan ons bewus is, maar ook sukkel om te keer, is kuberboelies. Mense agter ‘n skerm is dikwels ongevoelig en bitsig omdat hulle nie in iemand se oë hoef te kyk wanneer hulle die woorde sê nie. Ons moet vir kinders leer dat die woorde wat ‘n mens sê ‘n uitwerking op mense se lewens en gevoelens het. Net omdat jy nie regtig die persoon ken nie, of omdat dit deur middel van ‘n “robot-skerm” die inligting oordra, beteken dit nie dat ons nie verantwoordelikheid hoef te neem vir wat ons sê nie. Wanneer ons Kahoot! in die klas speel, mag leerders hul eie “naam” kies. Dikwels kies hulle goed wat onvanpas is of wat hulleself of ander mense afbreek. Hierdie is ‘n guldige geleentheid om hulle te leer wat aanvaarbaar is en wat ontoelaatbaar is op sulke platforms.

Verder moet leerders bewus gemaak word dat hulle aanspreeklik gehou word vir alles wat hulle op sosiale media doen. Hulle kan nie net enige video’s of foto’s oplaai nie. Selfs as hulle prentjies en foto’s “like”, kan hulle verantwoordelik gehou word. Dit word al hoe meer algemeen dat leerders in die lokval trap deur te dink dat dit wat hulle op Facebook of Instagram (of enige ander sosiale netwerk platform) plaas, privaat is. As dit op die internet is, is dit publiek en kan dit nooit verwyder word nie. Dit is altyd genotvol om op ‘n Google-doc te werk as ‘n klas en om elkeen se insette te sien. Wanneer leerders dan goed daarop plaas of skryf wat nie jou goedkeuring wegdra nie, kan jy na die document history gaan en vir hulle wys dat jou naam altyd gekoppel word aan wat jy doen op die internet.

Ek as ‘n volwassene het al so baie keer ‘n e-pos van die IT-departement ontvang wat my waarsku om nie op ‘n spesifieke skakel te klik in ‘n e-pos nie, maar wie leer hierdie dinge vir die kinders? Daardie e-posse lyk altyd baie proffesioneel en die skakel lyk ook geloofwaardig. Dit is belangrik om altyd baie mooi te kyk na die spelling van die webadresse en om ook te weet dat jou bank byvoorbeeld nooit vir jou ‘n e-pos sal stuur om jou inligting te bevestig nie. Aan die linkerkant van die webadres is ‘n klein slotjie wat aandui dat ‘n webwerf veilig is en daardie slotjie is groen wanneer ‘n mens enige iets op jou bankrekening of soortgelyke webwerwe doen. Leerders moet altyd seker maak dat daardie slotjie groen is wanneer hulle persoonlike inligting deel. Ons moet ons leerders leer om sonder toestemming private inligting soos ‘n huisadres, bankbesonderhede of enige soortgelyke inligting op die internet te plaas nie. Ongelukkig is daar kriminele wat hierdie inligting in ‘n japtrap gaan opraap en gaan gebruik tot hulle voordeel.

Net soos wat ons klasreëls het wat eintlik net demonstreer hoe ‘n mens in die samelewing moet optree, moet ons ook internetreëls in ons klasse begin toepas. Hier is ‘n paar voorbeelde:

  1. Hanteer mekaar altyd met respek – moenie iets op die internet sê wat jy nie in persoon vir daardie persoon sou sê nie.
  2. Moenie met vreemdelinge praat en persoonlike inligting deel nie
  3. Gebruik net gepaste taal en emoji’s
  4. Dink voor jy iets stuur – lees dit weer, kyk weer na die prentjie. As jy onseker is, vra jouself of jy daardie boodskap of prentjie vir jou ouma sou stuur.
  5. Bly op die veilige webwerwe – moenie op vreemde advertensies en skakels klik nie

Dit is ‘n baie goeie belegging in jou skool en leerders se toekoms om iemand te kry wat met hulle en selfs ook die ouers kan gesels oor hierdie tema en ook die wetgewing wat daarmee gepaard gaan. Daar is verskeie sprekers wat dit doen en ek kan persoonlik vir Emma Sadleir voorstel (https://www.thedigitallawco.com/).

Jy as onderwyser kan ‘n baie groot verskil maak in die bewusmaking van die gevare op die internet. Gaan kyk gerus na Be Internet Legends (https://beinternetlegends.withgoogle.com/en-gb). Google het reeds ‘n reeks aktiwiteite en lesplanne uitgewerk om onderwysers te help om internetveiligheid te onderrig. Daar is ook speletjies wat die leerders kan speel wat ‘n aanlyn avontuur is en hulle op ‘n prettige manier sal uitdaag om al die gevare op die internet self te kan identifiseer.

Ouers het natuurlik ‘n groot rol om te speel om hulle kinders wys te maak van hoe ‘n mens jou op die internet moet gedra, maar hierdie tema is een wat nie genoeg beklemtoon kan word nie en daarom moet onderwysers ook klem daarop lê. Ons wil ons leerders toerus met die vaardigheid om goed opgevoede lede van die samelewing te word en die gebruik van ons digitale toestelle dra ‘n baie groot gedeelte van ons toekoms.

Lees verder:

Die onnie-gids

Wow! Kyk hoe dollie hierdie onnie sy klaskamer op!

10 idees vir jou klaskamer

Deel jou (GRATIS) hulpmiddels met ander onnies

Wenke vir jou volgende onderhoud

Jou skool benodig ‘n webtuiste: Kwikweb kan help

Video’s vir derdetaalleerders

200 + Wiskundevideo’s vir graad 4 – 7

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Alles wat fout is met ons skole in een video

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.