Share This Post

Maklike DIY vir die ingenieurtjies in jou klas – STEM

Maklike DIY vir die ingenieurtjies in jou klas – STEM

TED-spreker Fawn Qiu ontwerp prettige, laekosteprojekte wat alledaagse goed soos papier en materiaal gebruik om die ingenieurswese aan kinders bekend te stel. In hierdie vinnige, slim praatjie van die skepper van die “Flappy Bird in a Box Hack,” vertel Qui hoe nie-tradisionele werkswinkels soos hare die persepsie van tegnologie kan verander en studente kan inspireer om ook uit die boks te dink en dinge te ontwerp en te bou.

Tegnologie in ‘n skool is gewoonlik een van die vakke wat gesien word as “nie so belangrik nie” of “net nog ‘n vak”, maar in vandag se samelewing is STEAM (Science, Technology, Engineering, Arts & Mathematics) verskriklik belangrik in skole omdat ons wêreld so vinnig verander. Om kinders ‘n lus te gee om te skep en om kreatiewe denke te kweek is dus uiters belangrik!

Kyk hierdie video en sien hoe opgewonde mense raak om dinge te bou. Dit hoef nie duur robotte te wees wat derduisende rande kos om te koop en te onderhou nie.

Wil jy hê kinders moet DIY in jou les doen? Kyk gerus na hierdie lysie van oulike projekidees van regoor die internet wat goedkoop en maklik is.

Veral in die laerskool:

50 uitstekende STEM-projekte vir kinders

STEM-aktiwiteite met huishoudelike items

20 Wetenskap-eksperimente in jou agterplaas

Ouer kinders (Senior Fase):

Maak jou eie lip gloss

Lekker idees met stroombane (en baie ander!)

Enige ouderdom: leer hoe om te programmeer! Besoek Hour of Code se webtuiste hier en sien hoe maklik dit is om te begin.

Jy kan ook natuurlik van Suzelle DIY se idees gebruik. Hierdie een wys jou hoe om slym te maak. Pret!

Lees Verder

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Adverteer onderwysposte op Onnies Online!

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.