Ek het aan die begin van die kwartaal weer begin skoolhou nadat ek verledejaar na groener weivelde gesoek het. Toe ek hoor ek het ‘n week om weer terug te keer en dat ek net een vak sou aanbied het ek skoon begin stres oor wat ek met al die leë mure in my klas gaan maak!
Gelukkig het ek nog ‘n paar plakkate gehad wat ek gemaak het in die Desembervakansie voor ek begin skoolgee het. Ek het ook heelwat Depicta plakkate wat ons skool se Afrikaansdepartement aangekoop het en wat ek onlangs van hulle ontvang het. Ek is sommer baie trots op hoe my klaskamer nou lyk en die kinders is ook mal daaroor! Hierdie is definitief die beste plakkate vir die klaskamer.
- My Afrikaans-klas lyk uistekend met al my Depicta-plakkate.
- My Depicta plakkate pas mooi in saam met die res van my plakkate.
- Personifikasie, Metafore en Vergelykings. Iets waarmee die kinders altyd deurmekaar raak!
Depicta het by verre die beste verskeidenheid plakkate in Suid-Afrika. Die inligting wat op die plakkate is, is akkuraat en word effektief visueel voorgestel. Vir my klaskamer het die Afrikaanse Taal en Letterkunde plakkate die beste gewerk en omdat ek ‘n Addisionele Taalonnie is weet ek die leerders moet heeltyd herinner word aan hul taalreëls. Daarom het ek sommer ‘n hele naslaan-bord gemaak waar die leerders kan staan en lees. In ons Afrikaanse kantoor gebruik ons ook die Klanke en Spelling plakkate om die immigrant leerders met beginner Afrikaans te help.
Vir die grondslagfase onnies is daar vreeslik oulike grootboeke, flitskaarte en werkboekies wat in stelle van 10 verkoop word. Hulle verkoop ook speletjies wat kinders vir ure lank sal besig hou. Hennie Hasie is tog te oulik.
Laerskool- en Hoërskoolonnies sal ook mal wees oor die plakkate vir verskeie vakke soos Wiskunde, Wetenskap, Besigheidstudies, Geskiedenis en meer. Ek hou veral van hulle plakkate wat oor Suid-Afrika gaan en vertel oor dinge soos ons openbare vakansiedae, landsvlag en volkslied. Kyk onder na van my gunsteling plakkate en produkte.
Ek gebruik ook nou al lank hul plakkers. Dis spotgoedkoop (R12!) en die kinders (al is sommige van hulle al in graad 9) hou nog van die ou-skool manier om beloon te word!
Wees ook op die uitkyk vir spesiale aanbiedinge. Depicta het gewoonlik uitverkopings op hulle plakkate en produkte. Daar is gewoonlik winskopies op plakkate wat vanaf R12 verkoop word!
Die ander lekker ding van Depicta is dat ‘n mens aanlyn kan bestel. Jy verdien ook lojaliteitspunte wanneer jy by hulle koop, so maak sommer seker dat die hele skool deur jou koop dan kry jy lekker baie punte wat jy weer in die Depicta-winkel kan bestee!
Onnies is altyd op soek na dinge om hul klassies oulik te laat lyk. Hier is sommer nou vir julle ‘n vinnig en maklike oplossing.
Kliek hier om die Depicta Webtuiste te besoek!
Hier is ‘n paar van my gunstelinge:
- Hierdie oulike weerbord is interaktief en magneties. Kry iemand om elke dag die weer en dag te verander! Super-oulik.
- Afrikaanse Taal en Letterkunde Plakkate
- Speletjies
- Oulike plakkate oor Suid-Afrika
Besoek die Depicta aanlynwinkel hier en geniet dit!
Lees verder:
Beheerliggame ’n sleutelaspek in moedertaalonderrig, sê FEDSAS
IDEES: Jy sal nie glo hoe mooi hierdie onnies se klasse lyk nie
Toetse en vraestelle vir verskeie vakke
Duisende reeds aan onnies uitbetaal: Verkoop jou hulpmiddels aanlyn
4 APPS wat jou met klaskamerbestuur en dissipline kan help!
Wow! Kyk hoe dollie hierdie onnie sy klaskamer op!
Deel jou (GRATIS) hulpmiddels met ander onnies
Wenke vir jou volgende onderhoud
Jou skool benodig ‘n webtuiste: Kwikweb kan help
200 + Wiskundevideo’s vir graad 4 – 7
10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)
Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!
Alles wat fout is met ons skole in een video
Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!
6 Memes wat net onnies sal verstaan
Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M
Quizlet: Maak digitale flitskaarte!
5 Wenke vir beter klaskamerbestuur
Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!
Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?