Share This Post

Wenke vir jou volgende onderhoud

Wenke vir jou volgende onderhoud

Is jy onlangs ingeroep vir ‘n onderhoud? Nie seker wat om te verwag nie?

Nie almal van ons is goed daarmee om op ons tone te dink wanneer daar ‘n paneel is wat besig is om vir jou punte te gee nie; daarom het ons vir die Onnies Online-gemeenskap gevra om vir hul mede-onnies raad te gee.

Onnies het op die Onnies Online Facebookblad die volgende raad gegee asook ‘n paar vrae wat moontlik gevra kan word:

Doen bietjie navorsing oor die skool waar jy aansoek doen dat jy oor die noodsaaklikse inligting beskik. Lees bietjie na oor gedragskodes, skoolbeleide, verantwoordelikhede van leerders, opvoeders, beheerliggame, werkgewer en dink goed voordat jy veral persoonlike vrae antwoord. Gee net genoeg inligting om die vraag te beantwoord en wees begeesterd oor al jou ko-kurrikulere vermoëns.

  • Hoe hanteer jy n kind on n klas wat buite beheer is?
  • Wat is jou swak en sterk punte?
  • Wat is die slaagvereistes van jou vak.
  • Hoe kan jy n verskil maak by die skool?
  • Wat verstaan jy onder die term ASSESSERING en hoe gaan jy dit toepas op ‘n effektiewe manier?
  • Ken die skool se visie en missie!
  • Wat kan jy as individu die skool, sy leerders en ouers en omgewing bied?
  • Hoe hanteer jy konflik tussen kollegas?
  • Hoekom kies jy ons skool en nie een van die ander skole in die omgewing nie?
  • Ken die IQMS proses en die slaagvereistes.
  • Onthou jou swakpunte moet omgeskakel word in positiewe punte.
  • Noem 2 van jou sterkpunte en ook 2 swakpunte….
  • Die pos se omskrywing moet ook in gedagte gehou word!
  • Moet asseblief nie kougom kou nie!
  • Wat doen jy as twee kinders baklei?

Ons hoop dat jy dalk meer voorbereid sal voel met hierdie wenke. Het jy enige raad? Lewer kommentaar hieronder!

RSA Teaching Jobs het ook die volgende twee artikels wat kan help:

Indien jy nog op soek is na ‘n pos, besoek Teacha! Jobs en stel ‘n kennisgewing op sodat jy weekliks ‘n e-pos met poste ontvang.

Lees verder:

Jou skool benodig ‘n webtuiste: Kwikweb kan help

Video’s vir derdetaalleerders

200 + Wiskundevideo’s vir graad 4 – 7

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Alles wat fout is met ons skole in een video

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.