Share This Post

Plakkate, plakkers en meer!

Plakkate, plakkers en meer!

Dankie tog die eerste kwartaal is verby. Ek dink ons almal voel asof dit te veel, te vinnig was! Voordat die eksamen-stres van die tweede kwartaal inskop, kan ons eers op ander goed fokus, soos om seker te maak dat ons die beste hulpmiddels vir ons klasse het.

Hier is ‘n paar goedjies van die opvoedkundige uitgewers, Depicta, wat jou onnie-lewe in die tweede kwartaal kan verbeter:

Plakkers, plakkers, plakkers!

Min goed maak kinders so gelukkig soos plakkers!

Selfs my graadneges hou van plakkers. Ek kan nie glo wat ‘n groot verskil ‘n klein plakkertjie in ‘n kind se lewe maak nie! Dit motiveer leerders om beter te doen en mens kan nooit te veel erkenning en motivering aan leerders gee nie.

Hier is ‘n paar van my gunstelinge:

Afrika-tale
Noudat derde tale in ons skole ingebring word, kry ‘n mens nêrens hulpmiddels vir Afrika-tale nie! Depicta het meer as 30 plakkate in isiZulu waarvan ‘n mens kan kies. Uitstekende vir derdetaal-sprekers.

Kyk net hier!

isiZulu classroom posters

Flitskaarte
Moeg om ure lank te print, plak en lamineer? Hier is jou oplossing om ure se tyd te spaar. Depicta het verskeie flitskaart-pakkette van emosies tot teenoorgesteldes, en dis van uitstekende kwaliteit – dikkerige karton en gelamineer. Mens hou hierdie dinge mos vir die res van jou onnie-loopbaan!

Flitskaarte vir die afrikaanse klaskamer

Boekies
Depicta het ook ‘n reeks oefenboekies vir Wiskunde, Spel en Handskrif. Dit word verkoop in pakkies van 10. Hulle het ook oulike grootboeke wat in die Grondslagfase gelees kan word (Die Hennie Hasie-reeks).

Hennie Hasie grootboeke depicta

Plakkate / Muurkaarte
Depicta se uitstekende muurkaarte is in Afrikaans en Engels verkrygbaar. Hulle het plakkate vir omtrent elke ding waaraan jy kan dink en veral vir al die vakke van Intermediëre en Senior fase. Lewensvaardighede, Geskiedenis, EBW, Tegnologie, Musiek, Kuns, Geografie, Besigheidstudies (vir VOO), Natuurwetenskappe, Biologie, alles! Die plakkate is ook nie duur nie en Depicta het soms uitverkopings waar plakkate teen halfprys (sommer so R13!) verkoop word.

My Afrikaans-klas lyk uistekend met al my Depicta-plakkate.

My Afrikaans-klas lyk uistekend met al my Depicta-plakkate.

Depicta het ‘n aanlyn-winkel en het ‘n lojaliteitsprogram waar jy 1 punt vir elke R1 verdien. Wanneer jy 1200 punte het, kry jy R100 afslag, 5000 is R500 afslag en 8500 is R1000 afslag. Dis maklik en vinnig om aanlyn te koop en jy kan deur EFT of Kredietkaart betaal. Onthou net dat afleweringskoste ekstra kos.

Kry Depicta om ‘n uitstalling by jou skool te kom doen, dan kan die besluitmakers in jou skool self sien hoe goed die kwaliteit van die produkte is. As jy nie aanlyn kan koop nie, of dis ‘n probleem om geld terug te eis van jou skool af, werk direk met Depicta en kontak hulle op hulle kantoornommer of laai hul katalogus hier af.

Nou ja, mag julle ‘n uitstekende, kleurvolle tweede kwartaal hê!

Klik hier om na Depicta se aanlyn-winkel te gaan
Die brosjure is hier beskikbaar

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.