hulpbronne

Natuurwetenskappe lesse deur mnr. Saayman!

  Dis nie aldag wat ‘n mens ‘n Afrikaanssprekende onnie op ‘n videosien praat nie. Die video’s is vir graad sesse gemaak om Natuurwetenskappe en Tegnologie te verduidelik. Dit kan baie help, veral om jou klaskamer om te keer (te flip).  Ek deel graag die volgende YouTube-kanaal en video’s met julle.     Klik hier om na sy YouTube-kanaal te gaan en die ander video’s te kyk.   Onlangse Artikels en Hulpmiddels Hersieningslesse vir Graad 4’s op YouTube Oulike les oor klinkers! Rapportkommentaar ‘n Paar wenke vir Afrikaans EAT Afrikaanse Hulpmiddels deur Onnies Online Soek vir gratis hulpmiddels      

Oulike les oor klinkers!

Hierdie les oor klinkers sal jou leerders definitief help om hul klinkers reg uit te spreek. Baie oulik!

Rapportkommentaar

  Dis weer daardie tyd van die kwartaal. Tyd om rapporte reg te kry. Ons is somtyds so gejaagd dat dit moelik is om ordentlik oor gepaste rapportkommentaar te dink. Hier is ‘n paar skakels waar jy honderde voorbeelde kan kry en kan aanpas of vertaal vir jou klas. Dit help regtig baie! Ongelukkig is daar niks in Afrikaans op die oomblik beskikbaar nie** en ek gee in Engels skool… as julle dalk kommentaar het om te deel, laat weet ons gerus!   ‘n Paar webtuistes en dokumente: Scholastic se dokument: 101 Report Card Comments Teachnology: Report Card Comments Super Teacher Worksheets: Report Card Comments for Teachers (ek gebruik hierdie een baie!) Education World: Report Comments Nog ‘n lys van verskeie hulpbronne: AussieEducator   **In Afrikaans: Laersk...

VivA-App ‘n moet-hê vir jou leerders!

Hierdie Afrikaanse App is die beste ding wat nog ooit met Afrikaans gebeur het. Uiteindelik is Afrikaans ook digitaal. Lees meer!

Afrikaanse hulpmiddels deur Onnies Online

Op soek na oulike Afrikaanse hulpbronne? Jy hoef nie verder te soek nie, Onnies Online het klomp dinge wat net te lekker in jou klas sal werk. Wanneer laas het jy op Teacha! ingeloer? Op ons Teacha-winkel het ons die volgende hulpbronne. Sommer lekker goedkoop! Vir die Afrikaansonnies het ons oefeninge wat jy sommer as ‘n toets ook kan gebruik. Hierdie hersieningsoefening het vrae en ‘n memorandum. Kopieër dus vir jou klas en hulle kan lekker oefen. Dis ‘n Taal in Konteks oefening vir graad 6 of 7. Dit sluit ‘n memorandum in en tel uit 50 punte. Hierdie oefening kan ook gedeeltelik vir ‘n eksamenvraestel gebruik word! Dit toets die volgende begrippe: Voorsetsels, Sinstipes, Meervoude, Verkleining, Tye, Voegwoorde, Indirekte Rede, Ontkenning en Woordorde. Die Indirekte Rede werkkaart ...

  • 1
  • 2