Share This Post

Flitskaarte vir Afrika!

Flitskaarte vir Afrika!

Flitskaarte vir Afrika! As daar nou een ding is wat vir ewig vat om te maak, is dit flitskaarte. Hier is ‘n paar oulike digitale hulpmiddels wat jou kan help om jou voorbereiding ‘n bietjie minder te maak. Hierdie tipe ding maak mens ook mos net een keer.

‘n Paar UITSTEKENDE hulpmiddels:

flitskaarte 1 - teacha.PNG

Afrikaanse Sigwoorde Graad 1 

Hierdie pakket verskaf omvattende sigwoord-oefeninge vir Graad 1, kwartaal 1-4. Daar is 21 werkkaarte asook ‘n stel van 6 flitskaarte vir 12 sigwoorde. Huiswerkkaarte is ingesluit. Ideaal vir aanvangslesers, sukkelende lesers asook daardie vroeë klaarmakers! Daar is vier stelle in hierdie reeks, elk propvol hulpmiddels.

e

Dae, Weke, Maande

15 A4-velle:

Flitskaarte en Blaaie om konsepte soos dae in ‘n jaar, dae in ‘n week, maande in ‘n jaar, ens. te verklaar. Dit sluit 7 bonus flitskaartvelle in.

flitskaarte 3 - teacha

Basiese spelreëls of riglyne om f- en v-woorde te skryf, ‘n woordsoek, flitskaarte, ‘n legkaart en werksvelle (met woordbanke). [13+ A4-Bladsye].

flitskaarte 4 - teacha

Flitskaarte met Familie-, Sport-, Vervoer- en Liggaamswoorde.

Dié kombinasie dek ongeveer 36 A4-bladsye – met 2 woorde per bladsy. [71 woorde]

  • Druk die woorde uit, lamineer en gebruik op jou woordmuur.
  • Gebruik die woorde as byskrifte vir groot muurprente.
  • Trek die kinders op ongedrukte koerantpapier af en gee vir hulle die liggaamswoorde om hul eie byskrifte te maak.
  • Maak groot tekeninge van verskillende familielede, knip dit uit en maak ‘n muur collage.  Maak ‘n gang vol verskillende gesinne en families.  Voeg die byskrifte by.
  • Verklein die woorde sodat elke kind sy/haar eie prente kan skep en met byskrifte kan toelig (trek na, knip uit en plak).

flitskaarte 5 - teacha

2 Bladsye met die kleurwoorde in kleur.

  • Knip een bladsy se woorde uit en pas op die groot vel.
  • Knip beide velle uit om “snap” of ‘n geheuespel te speel.
  • Gebruik op jou woordmuur.

flitskaarte 6 - teacha

aa, oo, uu, ee

Verskillende woordelyste volgens rymwoorde/woordfamilies in twee verskillende lettertipes. Gebruik as flitskaarte, spellyste of op die woordmuur. Die stelle is ook afsonderlik beskikbaar.

flitskaarte 7 - teacha

Verskillende woordelyste volgens rymwoorde/woordfamilies in twee verskillende lettertipes. Gebruik as flitskaarte, spellyste of op die woordmuur.

[oe, ou, ui, ei, ie, eu, aai, ooi, eeu, oei]

flitskaarte 8 - teacha

‘n Gespikkelde (kleinletter-) alfabet én mini-muurkaarte om…

jou kennisgewingsbord of woordmuur mee te versier… of skrif te oefen.

  • Druk dit op gekleurde papier en sny in stroke om ‘n raampie te vorm.
  • Verklein die velle in mini-boekies sodat die outjies dit kan na trek.
  • Plak die “klank van die week” met breë kleeflint op die tafel en laat die outjies dit natrek met witbordveselpenne.
  • Druk die letters op gekleurde papier, sny deur en gebruik dit as deel van jou woordmuur.
  • Ideaal vir ‘n klas met ‘n “Hollywood” of Mickey Mouse-tema.

(Sien ook:  Spikkelwoorde, Muurkaarte,Werkboek, Woordeskat)

flitskaarte 9 - teacha

35 bladsye met ongeveer 8 sigwoorde of hoë-frekwensie woorde op elkeen.  Laai af, beskerm met breë kleeflint of lamineer.  Gebruik dit as flitskaarte of teen die muur.

flitskaarte 912 - teacha

Laai hierdie oulike plakkate oor vervoermiddels af en druk dit op A4 bladsye uit. Daar is 14 bladsye in totaal!

flitskaarte 911 - teacha

2x, 3x, 4x, 5x, 10x, 11x, 12x

Gebruik die velle as muurkaarte, flitskaarte of legkaarte ter hersiening.  Druk elke stel op ‘n unieke kleur.

Hierdie hulpmiddels is alles hier beskikbaar.

Baie is ook in Engels beskikbaar.

Bonus:

Hier kan jy lekker gratis flitskaarte kry.

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.