Hulp

Hoe, presies, werk Onnies Online?

Onnies Online is `n plek waar onderwysers hulpbronne (gratis en teen `n minimale koste) kan aflaai. Hierdie is digitale produkte wat in jou klas gebruik kan word.

Hoe kry ek die produkte?

  1. Gaan na die winkel.
  2. Klik op ‘Add to cart’ as jy dit wil aflaai.
  3. Indien jou produk verniet is, sal jou cart (regterkant, bo) steeds nul 0 wys. Klik daarop om deur die proses te gaan om af te laai.
  4. Vul in jou details, indien jy moet betaal sal jy deur Payfast betaal en teruggestuur word na die webtuiste om jou produkte te kry.
  5. Laai jou produkte af! Jy sal ook `n e-pos ontvang sodat jy weer jou produkte af kan laai.

 

Mag ek vra vir `n terugbetaling?

Omdat ons produkte digitale aflaaie is, kan ons ongelukkig nie terugbetalings gee nie. Dit is soos om musiek of e-boeke van `n digitale winkel af te laai.

 

Hoe werk die kopiereg?

Daar is geen kopiereg op die produkte wat verniet is nie. Jy mag egter nie die produkte op ander webtuistes versprei sonder om terug te verwys na Onnies Online met `n skakel nie. Indien jy vir `n produk betaal het, mag jy dit onder geen omstandighede versprei nie. Hierdie produkte val onder kopiereg van Onnies Online.

 

Wat moet ek doen as ek sukkel?

Vul asb `n kontakvorm in op die Kontak Ons bladsy. Indien jy met betalings sukkel, moet jy direk met Payfast in kontak kom, omdat ons nie self enige betaaldetails neem of verwerk nie.

 

Kan ek my produkte op Onnies Online verkoop?

Jy kan jou hulpmiddels GRATIS op Onnies Online deel (nie verkoop nie). Lees meer daaroor hier. Jy kan jou hulpmiddels op TEACHA! verkoop. Lees hierdie artikel vir meer inligting: Verkoop jou hulpmiddels aanlyn!

 

Kan ek of my besigheid op Onnies Online adverteer?

Ja, natuurlik! Stuur vir ons ‘n e-pos na jean@onnies.snapplify.com en ons help graag. Ons is deel van Onnie Media se netwerk.